Pasgelaai

Stilte

Jeanne Henning Els Poësie 2025-07-10

"waar tarentale
teen sonsondergang
in die populierbome kwetter"

Eerste en laaste asem

Johan van der Merwe Poësie 2025-07-10

"die dood is verniet
dit kos jou niks"

Israel toets ons geloof

Riku Lätti Menings 2025-07-09

"Hoe dit ook al sy, my vriend vertel dat sekere Afrikaners hulle met die volk van Israel vereenselwig in die sin dat hulle ook hulself as 'uitverkore' wil bestempel."

Francois Verster praat met Naomi Meyer oor sy jongste boek, Ill at ease.

Naomi Meyer, François Verster Skrywersonderhoude 2025-07-09

"Ek koester wel die sukses wat ons met die onderrig van plaaslike skoliere in die Caprivi behaal het – daarop is ek trots, en dankbaar dat ek die voorreg gehad het."

Nuut by Queillerie: Patmos deur Willem Anker

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-09

Ná ’n meteoriet op ’n plattelandse dorp neerstort, kom soek ’n komponis inspirasie vir die klankbaan van ’n wetenskapsfiksiefliek. Hy loseer by ’n astronoom wat navorsing oor gravitasiekolke doen. Haar agtjarige seun praat nie. Die astronoom wil van haar verlede ontsnap. Die komponis het ’n toekoms wat hy nie wil trotseer nie. In die onmoontlike "nou" ontstaan ’n aarselende verhouding tussen dié twee beskadigdes; wentel hulle om mekaar met kragte wat tot vernietiging óf vernuwing kan lei.

Verbode gedagtes in stereo by die Vrystaat Kunstefees 2025: ’n onderhoud met Jani Marais

Maryke Roberts, Jani Marais Teater 2025-07-09

"Verbode gedagtes in stereo is ’n verhaal van een vrou se ongesensureerde, ongeredigeerde ervarings, maar is ’n stem vir almal; ’n klankbord waar mense kan besef hulle is nie stukkend nie, hulle is nie siek nie, hulle is mens, en menswees is nie romanties nie." Maryke Roberts gesels met Jani Marais oor dié toneelstuk.

Bacchus tot Bekker by die Vrystaat Kunstefees 2025: ’n onderhoud met Amore Bekker

Maryke Roberts, Amore Bekker Teater 2025-07-09

Een van die ligter vertonings by vanjaar se Vrystaat Kunstefees wat van 15 tot 19 Julie in Bloemfontein gehou word, is Bacchus tot Bekker, met die nimlike radiopersoonlikheid van RSG-faam, Amore Bekker. Sy gesels hier met Maryke Roberts: "Dit was ’n vuurdoop. Teater gaan oor dissipline en konsentrasie."

Die moord op Deveney Nel deur Julian Jansen: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2025-07-09

"Hierdie boek is nodig. Met die lees daarvan het ek egter besef dat dit eerder ’n nuttige handleiding vir ouers en die gemeenskap is oor die gevaartekens wat geweldsmisdaad voorafgaan as ’n boek oor die persoonlike besonderhede van Deveney."

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2025

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2025-07-09

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Gewildste plasings op LitNet: 2 tot 8 Julie 2025

LitNet Als oor LitNet 2025-07-09

Hier is die tien gewildste plasings op LitNet vir die week van 2 tot 8 Julie 2025.

The shortest history of China deur Linda Jaivin: ’n resensie

Marius Vermaak Resensies 2025-07-08

"Ek het met ’n fyn kam deur die indeks gegaan op soek na gapings. Dis werklik merkwaardig hoe soveel in so min bladsye gedek word."

Pasverskyn: Bloedblou deur Jan Vermeulen

LitNet Boeke en skrywers 2025-07-08

Kya Rothman het nog altyd haar diamanthalssnoer as haar kosbaarste besitting beskou. Haar ouers het dit met haar geboorte vir haar gegee, en die legende sê dat dit vervloek is. Kya het nooit veel waarde aan die stories geheg nie, selfs nie toe haar ma die dag ná haar geboorte oorlede is nie – die dag nadat haar pa die diamant gekoop het. Maar wanneer haar pa vals beskuldig word van die moord op sy beste vriend en hul lewens in duie stort, begin Kya wonder of daar dalk meer aan die legende is as wat sy gedink het.

Boekevat met Deborah: Die dood van Rachel April en Die boekengel

Deborah Steinmair Boekrubrieke 2025-07-08

Deborah Steinmair skryf ’n nuwe boekrubriek vir LitNet. In hierdie week se aflewering skryf sy oor Die dood van Rachel April deur PP Fourie as "’n heerlike literêre riller oor die kunswêreld en die leefwêreld van voorheen benadeelde jongmense in ’n nuwe bedeling, oor identiteit en tuishoort"; en oor liefdesverhale waarvoor mens nie jou neus hoef op te trek nie, soos Boekengel deur Malene Breytenbach, al weet mens reeds "die sluimerende liefde [gaan] bot soos ’n roos."

Trump-tariewe en die sitrusbedryf

Freek Robinson, Gerrit van der Merwe Onderhoude 2025-07-08

VSA-president Donald Trump het vandeesweek ’n 30%-tarief op alle Suid-Afrikaanse uitvoere na die VSA aangekondig wat vanaf 1 Augustus in werking tree. Freek Robinson gesels met Gerrit van der Merwe, bestuurshoof van Summer Citrus in Citrusdal, oor die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf.

Eveleen Castelyn (1928–2004)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-07-08

"Vir my is dit harde werk om te dig. ’n Gedig volg sy eie stadige proses. Vandat ’n gevoel of indruk in digvorm by my opkom, neem dit dae of selfs weke van oor en oor tik tot ’n gedig na my sin is." Lees meer oor Eveleen Castelyn se lewe en werk in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.

Etienne van Heerden lees voor uit Gebeente

Etienne van Heerden Etienne van Heerden Veldsoirée 2025-07-08

Tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée van 2024 het Etienne uit sy roman Gebeente voorgelees.

Tim Huisamen deel herinneringe oor André P Brink

Tim Huisamen Etienne van Heerden Veldsoirée 2025-07-08

Tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée van 2024 het Tim Huisamen herinneringe oor sy goeie vriend André P Brink met die gehoor gedeel.

Strengthening the shield: Why South Africa must stand with commissioner Mkhwanazi against corruption and cartels

Mphuthumi Ntabeni Opinion 2025-07-08

"The implications are stark. If those entrusted with the highest ranks of law enforcement cannot operate without fear or favour because they fear political retaliation, then our entire criminal justice system is endangered."

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Reisjoernaal

Johann Rossouw Seminare en essays 2025-07-07

"Toe ’n Europese reis my die eerste maal beskore word – na Parys, Frankryk van 5 tot 31 Desember 1994 – was dit ’n soort tuiskoms. Jy moes soontoe reis om, soos soveel andere voor jou, agter te kom jy is meer van hiér, van Afrika, as van dáár; en jy moes soontoe reis om ook te besef dat jy tog in ’n mate daar tuis voel."

Semi-soeter (Netflix) is semi-bitter

Réney Warrington Film 2025-07-07

"Semi-soeter is eerstens ’n generiese romkom. Die geykte Hollywood-resep is daar. Die mense en die Kaap is mooi. ... Die spelers het almal hope talent, niemand mompel nie, en hier en daar styg hul vertolkings bo die draaiboek uit. As Hélène Truter uithaal en wys, dan luister jy. Dit is egter omtrent waar die goeie nuus eindig." 

Top