Kommentaar

US Woordfees 2016: Program

Ansa 2016-01-19 Wordfeesprogram asseblief. http://www.sun.ac.za/afrikaans/woordfees/programme

Boekresensie: Split deur Debbie Loots

Hester Cronje 2016-01-19 Baie dankie vir 'n baie volledige resensie. Hester Cronje nms TCPienaar-leeskring.

Storierak: NB-Uitgewers se nuwe kinderboektoep

Annette 2016-01-19 Absolute wonderlike inisiatief!! Ek was so bly om te hoor ek kan boeke in Afrikaans vir my kind kry om op die tablet te kan lees. Al probleem is ek het nie 'n Ipad nie, ek het 'n Samsung Tablet. Kan julle my dalk laat weet of daar 'n verwagte datum is vir

Louis Fourie, Afrikanerpatriarg 1669-1750

Jaco Fourie 2016-01-19 Ben Oorsprong van die naam “Fleury – “Fleurij” op Louis Fourie se titelakte: Firstly it may derive from the medieval given name "Fleuri", from the Old French "flur", Middle English "flo(u)r", flower. This was also a conventional term of endearme

Genesing met vitamiene & alternatiewe kure

Santie Momberg 2016-01-19 Geagte Liza Ek het die Genesing met vitamiene deur Christopher Rhoads – ISBN-no: 978-1-60529-940-z vir jou beskikbaar. Die boek is splinternuut, glad nie gebruik nie, net 1 x deurgeblaai. Jy kan my kontak by 082 924 9873 of my epos sj.momberg@gmail.com

Louis Fourie, Afrikanerpatriarg 1669-1750

Jaco Fourie 2016-01-19 Vanne soos Fourie, Marais,ens word nie foneties gespel nie, dus is Fourie nie Foerie nie. Foneties hoort Marais, Mare met kappie op die "e" gespel te word. Fleurij - Flourie (Florit) - Fourie. Net soos die "s" in Marais nie uitgespreek word nie, is seker

Keer die smart

F C Boot 2016-01-19 Beste Angus Sien my antwoord onder ' Droogte in die kop'. Gegorrel sê jy - nee Angus, jy is deurmekaar. Dit lyk my jy stem saam dat ons heelal 'n begin gehad het en dus ook 'n einde het. Of onderskryf jy 'n ander teorie as die Oerknal? Die wetenskap ko

Louis Fourie, Afrikanerpatriarg 1669-1750

Ben 2016-01-19 Die herbergier in die nabye Pontaix was duidelik negatief oor 'n Louis Fourie van daardie omgewing. Ekself onthou 'n déjà vu-ervaring op die stasie van Valence, so die misterie oor sy herkoms verdiep.

Louis Fourie, Afrikanerpatriarg 1669-1750

Ben 2016-01-19 Ek was self eenkeer in Pontaix en die burgemeester het my 'n aantal inskrywings van Faure in die kerkregister van die Temple gewys (geen Fourie nie). 'n Dame met rooi hare in die toeristewinkel het gepraat van 'n vlug via Switserland en vir verdere verwys

Louis Fourie, Afrikanerpatriarg 1669-1750

Ben 2016-01-19 Is daar 'n moontlikheid dat hy nie sy van op 'n bepaalde manier wou skryf uit vrees vir vervolging nie?

Louis Fourie, Afrikanerpatriarg 1669-1750

Ben 2016-01-19 Afrikaans: Foerie; Frans: Fourie. Ek dink Fourie lyk beter.

Louis Fourie, Afrikanerpatriarg 1669-1750

Jaco Fourie 2016-01-19 Ben. Pas jou twee response gelees. Sal more meer breedvoerig uitwei. Nou te moeg na 'n lang uitputtende oorsese vlug. Feitlik. Louis Fourie self het nie geweet hoe sy van gespel hoort te gewees het nie. Die huidige spelling van die van is eg Af

Sewe lesse wat #PennySparrow my leer

Jan Rap 2016-01-18 @Jan Grobler. Jy slaan die spyker op die kop. Die forseerstorie is 'n onding; dit is al of dit klem lê op 'n ONversoenbaarheid want daar is alewig vanuit alle oorde en vir jare al oproepe tot versoening. Ook impliseer oproepe tot versoening 'n heersende

Die Goue Banana deur Linza de Jager

Pieter 2016-01-18 Haai, Die boek is gratis op Amazon vir die volgende vyf dae.

The heart has spaces – the love letters of André Brink and Ingrid Jonker

Anastasia Bester 2016-01-18 Ek het nou met die lees van "Vlam in die Sneeu", wat 'n versameling is van al die briewe en korrespondensie tussen die Ingrid Jonker en Andre P. Brink, deur fases gegaan. Eers van voyeurisme, gevoel of ek op mense se mees intieme oomblikke spioeneer. Daar

An American in South Africa ...

Jan Rap 2016-01-18 Nes jy daar sê. As jy gaan lê is dit maklik om op getrap te word. Ons Afrikaners is tog o so geduldig gedienstig en gedweë, sooo bang om golfies te maak. En dit is so onnodig want ons het NIKS om voor verskoning te vra en boete te doen nie.

Matriekuitslae: die onderwyser se skuld

Jan Rap 2016-01-18 Mettie, die agteruitgang in die onderwys is maar net nog 'n manifestasie van onbevoegde regering. Hierdie sogenaamde demokrasie werk toe nie.

2016 vir die president

Jan Rap 2016-01-18 Reusedwerg, daar is nog baie van hierdie soort jonges in Suid-Afrika. Hulle is hier getooi en geskool; dit is nie 'n voorvereiste dat jy hoogs bedrewe in Engels moet wees, of dat jy 'n tyd in Engeland moes gebly het, om te sien die keiser is kaal nie. H

Wiskundewenke vir ouers aan die begin van die jaar

Ingrid 2016-01-18 Dankie. Hoop die ouers slaan ag op hierdie nuttige wenke!

In memoriam: Bertie du Plessis

Gretha 2016-01-18 So word ons aan ons eie sterflikheid herinner. Aangrypende gedig, Fanie. As ywerige eerstejaartjie het ek met Bertie kontak gehad toe hy redakteur van Die Matie was, en is toe al beïndruk deur sy entoesiasme en mededeelsaamheid.

In memoriam: Bertie du Plessis

Gretha 2016-01-18 So word ons telkens herinner aan ons eie sterflikheid. Pragtige gedig, Fanie. Ek het as 'n ywerige eerstejaartjie 'n kortstondige kontak met Bertie gehad, toe hy redakteur van Die Matie was, en is toe al meegevoer deur sy entoesiasme en mededeelsaamheid.

Oor Afrikaans

Angus 2016-01-18 Beste Jan, Wat met Afrikaans gebeur, gebeur met alle tale ... hulle verander gedurig. Afrikaans verander net meer en vinniger as bv Engels, omdat dit 'n betreklik nuwe taal is. Engels het ook eens met rasse skrede verander, maar nou gaan dit al stadiger,

Keer die smart

Kobus de Klerk 2016-01-18 Angus, dit is maklik om jou in te lig. Maar daar is niemand so doof en blind as die een wat nie wil hoor of sien nie, en so is dit met jou. Jy foeter al met Bart Nel aan, maar geriefshalwe vergeet jy dat daar baie werklik bestaande mense is oor wie geskry

Droogte in die kop

F C Boot 2016-01-18 Beste Angus Jy beantwoord nie my vraag van wat is 'sonde' nie. In https://www.jewishvirtuallibrary.org/jsource/judaica/ejud_0002_0018_0_18628.html word die begrip deeglik bespreek. Nadat jy dit gelees het sal jy agterkom dat jy die kat aan die stert bee

Keer die smart

Kobus de Klerk 2016-01-18 Lewende liggame? Jy sal nog iewers in die toekoms agterkom dat jou eie siening van 'lewe' jou gruwelik mislei het. Wat jou eie status dan sal wees, weet net die HERE ... Gelukkig is HY genadig, as jy betyds daarvan gebruik sou wou maak, want onthou, een

Chris Barnard gegroet

Izak de Vries 2016-01-18 Lekker, dankie vir die deel, Corlia.

Vir Randall Wicomb: 'n Huldeblyk

Koba wicomb 2016-01-18 Baie dankie vir al die wonderlike kommentaar op Randall se lewe en sang. Ons sê so ongelooflik dankie vir hom in ons lewens. Baie dankie vir almal wat ons so ondersteun het en nog steeds dra. Vriende is so kosbaar.

Louis Fourie, Afrikanerpatriarg 1669-1750

Ben 2016-01-17 Pardon, die van hierbo moet wees Fauritte (sien myfamilie.co.za/?cat=8)

Droogte in die kop

Angus 2016-01-17 Beste FC Boot, Sonde is 'n siekte waaraan Christene ly, en wat hulle glo hulle geërf het van die mitologiese figure Adam en Eva, toe die twee geluister het vir die slang en van die boom van kennis se vruggies geëet het. Erfsonde noem hulle dit. Die eni

Top 11 2011: Toneelstukke

Jeanne Hoffman 2016-01-16 Ek wil baie graag hierdie jaar 'n kort toneelstuk opvoer met relatiewe min talent. Ek het gedink aan 'n klug. Kan iemand help?

Gratis Pad na jou hart-werkkaarte vir die klaskamer

Melanie van Aswegen 2016-01-16 Baie dankie. Ek glo dit sal baie help. Wardeer opreg.

Sluk

Angus 2016-01-16 'n Leuen is as jy mense opvoeter met die bonatuurlike.

Keer die smart

Angus 2016-01-16 Beste Kobus, As ek dan so in onkunde leef, waarom lig jy my nie in nie? Verduidelik vir my hoe 'n letterkundige karakter, soos bv God van die Bybel, ook buite die Bybel leef. Dan gaan soek ek na Bart Nel. Ek sal graag met hom wil gesels. Het nie al gew

Keer die smart

Angus 2016-01-16 Beste FC Boot, Hier bo beweer jy dat die Bybel geskryf is deur mense wie se wetenskaplike kennis gebrekkig is, en dat die Bybel vol foutiewe waarnemings en vertolkings is. Hoe dink jy, beïnvloed die siening van jou die vertolking van die karakters in di

Met kitaar, kopdoek en baret

Paula Hartzenberg 2016-01-16 Dis pure lekkerte om hierdie unieke gedig te lees. Die hand aan die einde is ontroerend en stem my persoonlik tot nadenke oor Wicomb en elke mens se lewe.

Interview met Geraldine Reymenants: "Boeiend om in een land te verblijven dat in volle transitie is"

Jan 2016-01-15 Inligting baie interesaant gevind. Die Vlaamse woordgebruik "vaak" se betekenis kan ek nie presies weet wat dit beteken nie. Help asseblief. Dankie.

Sewe lesse wat #PennySparrow my leer

Tildie 2016-01-15 Rassisme van watter aard ook al is net so 'previous millennium'. Ons is almal mense en as ons nie nou baie vinnig ons nonsens los en saamstaan om ons land en ons planeet van ondergang te red nie, is ons almal in ons dinges!

Chris Barnard gegroet

Corlia Fourie 2016-01-15 Ek het gelees Braam vertel dat Chris so vinnig stories kon uitdink, maar ek het dit nie so ondervind nie. Chris het baie lank gedink, herdink en weer gewerk aan goed wat op die oog af taamlik "maklik" gelyk het. Ek het net Markstraat en Braamfontein se ge

Droogte in die kop

F C Boot 2016-01-15 Die algemene beskouing is ongegrond, net soos joune ...
Top