Skole
KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. As jy ’n bydrae wil lewer, kontak ons via litnet@litnet.co.za.
Graad 9: Afrikaans Huistaal – Aanlyn resensieles
2020-05-26Wil jy leer hoe om ’n goeie fliekresensie te skryf? Hier is ’n aanbieding met riglyne wat Marné Pedro en Michele van der Merwe vir LitNet saamgestel het, sowel as ’n klankopname vir elke skyfie.
COVID-19 en skole: Bly kalm en fokus op die beste belang van ons kinders
2020-05-19"Mens kan verstaan dat die baie onbeantwoorde vrae oor die pandemie besluitneming oor die onderwys hoogs kompleks maak. Maar dit is nie in die beste belang van leerders om skole eenvoudig gesluit te hou en die akademiese jaar af te skryf nie."
Leesbegripoefening vir Graad 7-leerlinge
2020-05-12Laai hierdie gratis begripstoets vir Graad 7-leerders met die komplimente van Henk Viljoen (NB-Uitgewers) af.
Gratis Pad na jou hart-werkkaarte vir die klaskamer
2020-05-12Gratis les-idees en aflaaibare werkkaarte gebaseer op die Afrikaanse film Pad na jou hart, met die komplimente van Best Books (NB-Uitgewers).
Vierdimensionele getalle en determinante
2020-05-11"Dit is ’n baie nuttige werktuig in die skep van grafika in animasiesagteware ... Hierbenewens speel dit ’n belangrike rol in vlugdinamika, die beweging van elementêre deeltjies in kernfisika, robotika, rekenaaraftasting, kontroleteorie, seinprosessering en ’n magdom ander velde."
Vervlegte leer as onderrig-en-leer-benadering vir die 21ste-eeuse leerder – ’n onderhoud
2020-05-11"Selfoontegnologie moet egter nie buite berekening gelaat word nie, en juis tydens die inperking weet ons van baie onderwysers wat deurentyd foto’s van leermateriaal, notas en take aan hulle leerders via WhatsApp stuur."
COVID-19: Ongelykhede in die onderwysstelsel
2020-05-07"Wat ons egter móét weet, is dat Suid-Afrika die mees ongelyke samelewing in die wêreld is, met twee wêrelde – die een wat die rykes verteenwoordig, en die ander die armstes van die armes. Hierdie twee wêrelde is onvergelykbaar. Wat in een skool as vanselfsprekend aanvaar word, is by ’n ander skool ’n uitdaging."
Graad 10: Wiskunde – voorbereiding vir die Junie-eksamen
2020-05-06Is jy in graad 10? Wil jy nou al, in die inperkingstyd, begin voorberei vir die Junie-eksamen? Laai ’n gratis vraestel en memorandum deur Lee-Ann West hier af.
Wiskunde: paartietricks vir leerders van alle ouderdomme
2020-04-30Hier is ’n paar wiskunde-oefeninge vir leerders – en enigiemand wat van syfers hou! – wat in hierdie tyd met getalle wil speel.
Graad 7: Wiskunde – voorbereiding vir die Junie-eksamen
2020-04-29Is jy in graad sewe? Wil jy nou al, in die inperkingstyd, begin voorberei vir die Junie-eksamen? Laai ’n gratis vraestel en memorandum hier af.
Grendeltyd en e-onderrig: kreatief met kreatiewe skryfwerk
2020-04-28"Kurrikulum speel steeds die deurslaggewende rol, en tegnologie is slegs die middel waardeur die les afgelewer word. Die onderwyser se rol is steeds dié van beplanner en ontwerper, maar as fasiliteerder neem die onderwyser beheer van die 'muis' en nie andersom nie."
Graad 12: Afrikaans Eerste Addisionele Taal – aanbieding oor DJ Opperman se gedig "Sproeireën"
2020-04-23Is jy in graad 12 en neem jy Afrikaans Eerste Addisionele Taal? Hierdie aanbieding is gemik op leerders wat die IEB-eksamen skryf. Die aantekeninge is deur Dewald Koen opgestel en sal leerders bystaan wat tuis studeer.
Verdere eienskappe van groot kardinaalgetalle en die magsversameling
2020-04-22"Wat is die invloed van dimensies op die begrip oneindigheid?"
Graad 9: Ken jy die reëls van faktorisering?
2020-04-17Is jy in graad 9? Ken jy die reëls van faktorisering? Laai ’n gratis aanbieding, werkkaart en memorandum wat deur Lee-Ann West vir LitNet opgestel is, hier af.
Inleiding tot die een sy van hiperreële getalle en Cantor se kontinuumhipotese
2020-04-17"Wanneer is groot werklik groot? Bestaan daar iets soos oneindigheid?"
Toyota US Woordfees 2020: indrukke deur ’n skoolkind
2020-04-16"My naam is Jeanne-Marie Koekemoer en ek het hierdie indrukke ’n paar weke gelede, wat soos ’n ander leeftyd gelede voel, geskryf."
Gedagtes van ’n skoolkind
2020-04-16Jeanne-Marie Koekemoer, ’n sestienjarige leerder van Hoërskool Stellenbosch, deel haar gedagtes oor die kunste en haar lewe in die tyd van COVID-19.
Graad 8: Ken jy die reëls van algebra?
2020-04-16Is jy in graad agt? Ken jy die reëls van algebra? Laai ’n gratis aanbieding, werkkaart en memorandum wat deur Lee-Ann West vir LitNet opgestel is, hier af.
Graad 11 en 12: Afrikaans Huistaal (poësie) – literêre teorie in ’n neutedop
2020-04-15Is jy in graad elf of twaalf en neem jy Afrikaans Huistaal? Dewald Koen se aantekeninge is opgestel om jou as leerder in staat te stel om tuis selfstudie en hiersiening te doen.
Graad 12: Afrikaans Eerste Addisionele Taal (taalkunde) – vraestel en memorandum
2020-04-07Is jy in matriek en neem jy Afrikaans Eerste Addisionele Taal? Oefen jou taalvaardighede met hierdie vraestel wat deur Dewald Koen opgestel is.

