Graad 10 Eerste Addisionele Taal – Taaloefening en memo met Best Books

  • 7

Die gebruikersvriendelike Best Books Taal­- en leesoefenboek vir Graad 10 Eerste Addisionele Taal deur Marelize Swanepoel maak dit maklik en lekker vir leerders om taalbegrippe in te oefen en te hersien, en vir die eksamen voor te berei.

Hierdie oefenboek bevat agt hoofstukke taalopsommings met toepaslike voorbeelde en taaloefeninge, sowel as konsepvraestelle om die grondslag vir sukses te lê. Elke hoofstuk bevat ’n begripstoets, wat op uittreksels uit die jongste jeugboeke gebaseer is, en ’n hersieningstoets. Met hierdie boek kan addisionele taal­-leerders op álle vlakke die eksamen met sukses aanpak.

Hierdie oefenboek

  • volg die KABV­-kurrikulum en die Afrikaanse woordelys en spelreëls van 2017.
  • bevat tweetalige taalopsommings, sowel as taaloefeninge om teoretiese kennis toe te pas.
  • bevat ’n tweetalige woordelys om die leerder se woordeskat te verbreed.
  • is gebruikersvriendelik en toeganklik.
  • het oorgenoeg plek vir antwoorde.
  • bevat konsep­eksamenvraestelle.
  • is vir gebruik in die klaskamer of tuis.

Eboeke is beskikbaar by Amazon, Takealot, Kobo, itsi Store en Snapplify.

Gedrukte boeke kan bestel word by: Takealot, Loot, Raru, EB Online en die itsi Store.

As toonaangewende boekhandelaars nie voorraad het nie, vra gerus die winkelbestuurder om dit te bestel.

Om ’n voorsmaak te kry van wat die boek jou bied, klik hier vir die volgende uittreksels:

 

  • 7

Kommentaar

  • Msimelelo Duva

    I am a student who enjoys reading a variety of material. LitNet will help me do just that.

  • Ek wil graag Afrikaans saam met julle leer want dit is my beste vak en ek het ook vraestel 2 sleg gedoen; ek wil beter doen in vraestel 1.

    • Hallo. Dankie vir jou navraag. Jy is op die regte plek om jou werk te hersien. Jy kan die vraestel en memorandum in hierdie artikel gebruik om voor te berei. Hier is ook 'n skakel na die indeks van vraestelle wat alles op LitNet gelaai is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Daar is 'n lys van vraestelle en memo's en dis ingedeel volgens graad en vakgebied. Klik telkens op die skakels om die inhoud oop te maak. Binne-in die artikels is daar skakels na die vraestelle en memo's. As jy daarop klik, kan jy alles gratis in PDF aflaai. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Gebruik dit gerus volgende kwartaal as jy vir die eksamen wil voorberei. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top