Graad 6: Afrikaans Huistaal – Junie-hersieningsvraestelle en memorandums

  • 15

Is jy in graad 6? Wil jy hersiening doen vir die Junie-eksamen? Hier is gratis hulp! Laai Afrikaanse toetse (vraestel 1, 2 en 3) en memoranda wat deur Eugene van der Westhuizen opgestel is, hier af.

Foto: Canva.com

Vraestelle en memoranda in een dokument

Lees ook 

Graad 6: Afrikaans Huistaal, September, oefenvraestel 1

Graad 6: Afrikaans Huistaal, September, oefenvraestel 2

Graad 6: Afrikaans Huistaal, September, oefenvraestel 3

  • 15

Kommentaar

  • Goeiedag
    Ek het gaan soek maar kry geen Wiskunde, Engels of Natuurwetenskap grad-6-vraestelle vir September-eksamen nie. Engels is tweede taal. Ek het wel ’n paar Afrikaanse vraestelle en memo’s gekry.
    Vriendelike groete

    • Hallo! Klik op die skakel waar daar staan "vraestel" om dit as PDF oop te maak. Die vraestelle op LitNet is almal gratis beskikbaar deur telkens op die skakel (URL) te klik en dan die PDF's af te laai. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurderd

    • Hi! Thank you for your enquiry. Most of our exam papers are available in Afrikaans, but here is an index of the exam papers and memo's you can find on LitNet: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. The content is subdivided in grades and subjects. Click on the links to download the papers and memo's in PDF format for free. Kind regards, Naomi Meyer, senior content manager.

  • Ek dink hierdie hersiening sal my seun help. Nie net met die Junie-eksamen nie, maar ook in die res van die jaar.

  • Jackie Rademeyer

    Geagte LitNet
    My kind sukkel om sy vakke te leer en ek probeer baie hard in die middag om hom te probeer help. Ongelukkig het ek nie die fondse om materiaal soos byvoorbeeld vraestelle aan te koop nie. Is daar 'n manier wat julle my asb kan help? Hy is nou Graad 6.

    • Beste Jackie, dankie vir jou navraag. LitNet se skoleafdeling bied hope gratis hersieningsmateriaal en vraestelle wat jou kind met voorbereiding kan help. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle wat spesifiek op graad 6-leerders toegespits is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/#graad6. Die beste van alles is dat die vraestelle gratis beskikbaar is. Klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Groete, en sterkte, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder

  • Baie dankie vir die materiaal wat julle beskikbaar stel. Ek kyk na my graad 6-kleinseun wat glad nie tot studie geinspireer is nie, en vind dit 'n uitdaging om hom by te staan en 'n liefde vir leer aan te kweek. LitNet help my baie om dit te kan doen. Daar is bittermin ondersteuning vir ouers en grootouers om te kan help om ons kinders te kan help. Die feit dat dit gratis is, is 'n groot bonus, want ek kan nie die ander webtuistes wat hulp teen betaling aanbied, bekostig nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top