ATKV-Digipraat 2020: ’n Zoom-onderhoud

  • 0

’n Virus maak mense siek, ’n staat van inperking hou hul tuis. Klink dit soos die inleiding van ’n wetenskapfiksieriller ... of dalk die openingsinne van ’n redenaarstoespraak? Johannes Meyer het deur sy skool van die nuwe formaat van die ATKV se gewilde redenaarskompetisie gehoor en wou meer hieromtrent uitvind. René Zietsman van die ATKV zoom met die dertienjarige Johannes oor vanjaar se ATKV-DigiPraatkompetisie. Waar jy jou ook al bevind - in Londen, Mitchellsplein, Sydney of Putsonderwater: jy kan deelneem! Gou spring, want jy moet jou video teen 1 Julie 2020 stuur. Is dit dalk nou te laat vir jou om 'n toespraak te skryf en die video te stuur? René vertel ook meer van die res van die ATKV se digitale projekte vanjaar, so luister hierna om te hoor waaraan jy alles kan deelneem.

Hier is nog wenke vir die kompetisie:

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top