Wil jy graag wiskunde beter verstaan? Het jy al gehoop dat ’n wiskundeonderwyser vir jou konsepte wat jy nie verstaan nie, op jou selfoon- of rekenaarskerm kan verduidelik? LitNet laai gereeld video’s op wat skoolkinders van verskillende grade kan help. Lee-Ann West is ’n wiskundeonderwyser wat nou tydens die inperkingstyd jou wiskundelewe vir jou makliker kan maak. Jy kan gereeld ’n kort video kyk wat oor verskillende wiskundige konsepte handel. Hier is ’n video oor langdeling spesifiek vir die graad 6’e.
Lees ook:
Wiskunde met LitNet: Graad 6, derde kwartaal – skryfwyse van getalle
Hersieningsvraestel en memorandum vir Wiskunde (graad 6, November)
Kommentaar
Hi, ek soek asb graad 6-vraestelle, kwartaal 1, asb.
Hallo! Hier is 'n skakel na die indeks wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dis ingedeel volgens graad en vakgebied. Rol daardeur om te sien wat help. Klik telkens op die skakels om die vraestelle gratis in PDF-formaat af te laai. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder