Sê jou sê op die Sê! LitNet se vuurwarm brieweblad oor alles en nog wat.Stuur jou brief aanwebvoet@litnet.co.za.Don’t bite your tongue! Turn up the heat and send us your letters and opinions.Send letters towebvoet@litnet.co.za.
Varkspek2012-05-09Myns insiens word gay oriëntasie en gedrag veroorsaak deur dinge wat in jou kinderjare gebeur, wanneer jou seksuele voorkeure in jou vasgelê word op ’n kritieke stadium van jou ontwikkeling. Dit kan selfs rondom geboorte al begin.
Johannes Comestor2012-05-08In die ou Suid-Afrika was Laurens van der Post (1906-1996) bekend vanweë sy kritiek, veral in die buiteland, op apartheid en Afrikaners.
Reusedwerg2012-05-07Ek weet nie baie van die FHM-model, juffrou De Sousa, se relletjie of faux pas af nie. Ek maak maar my eie afleidings wat ek in die pers daaroor gelees het.
Jan Rap2012-05-07Ek kyk nou die dag na Rian se geselsprogram waar hy Pik Botha en Pieter-Dirk Uys, in Evita-gewaad, as gaste het. Beide Pik en Pieter betreur die treurige toestand waarin die huidige bedeling die land gedompel het maar, in dieselfde asem, klop hulle mekaar op die skouer vir hulle aandeel in die daarstel van die huidige bestel. Hoe werk dit, dis mos een helse teenstrydigheid, is dit nie?
Duitswester2012-05-04Ons het altyd gespot en gesê dat Moses die Israeliete vir 40 jaar deur die woestyn laat dwaal het net om uiteindelik op ’n stuk woestyn te stop waar niks olie is nie.
Flip Wessels2012-05-04My naam is Flip Wessels. Ek is ’n Meestersgraadstudent in Voorligtingsielkunde aan die Universiteit van Pretoria. Ek is besig met navorsing getiteld: "’n Konstruksie van wit afgetrede Afrikaner oudsoldate (SAW) se sosiale identiteite in Suid-Afrika."
Boer in Beton2012-05-04Die eerste wat jy hoor, is die "whoe, whoe, whoe" van die chopper se lemme van die rotor wat net bokant die boomtoppe vlieg om die moontlikheid van ’n RPG-missiel te neutraliseer.