Sommer netso wys jy ’n vinger en vra "hoe kan jy so voel?"
Sommer netso wys jy ’n vinger en sê "weet jy dis verkeerd om so te voel!"
Sommer netso wys jy ’n vinger en vra "is jy nie bang oor wat mense gaan sê nie?"
Sommer net so wys jy ’n vinger en sê "jy gaan nie die hemel sien nie."
Mer al jou sommer netso’s is daar net een ding wat ek wil , "as jy my nie kan aanvaar nie, skakel ek jou uit - SOMMER NETSO!"
Demi


Kommentaar
Demi,
Jy is baie arrogant - Niemand kan sê wie hemel toe gaan en wie nie, want dit is die prerogatief van die Woord, die HERE in Sy genade, alleenlik.
Maar jy moet waak daarteen dat jy nie seker maak dat daar, as gevolg van jou arrogante 'Sommer net so wys jy ’n vinger en sê ' ek gee nie om wat die HERE sê nie - SOMMER NETSO!' - houding, by die Oordeel deur die Woord vir jou gesê word 'Met al jou sommer netso’s is daar net een ding wat Ek wil - as jy My Woord nie kan aanvaar nie, gaan jy nie die hemel sien nie- skakel Ek jou uit - SOMMER NETSO!""
Pasop! Jy speel met jou toekoms...
Kobus de Klerk