Beste Duitswester,
Die opspraakwekkende pro-Israelgesinde toespraakskrywer David Frum het al in 2003 vir Iran in die As van die Bose ingeskryf.
Byna 10 jaar later is Iran baie sterker.
Irak is nou onder Sji-itebeheer en ’n boesemvriend van Iran. Iran verkoop daagliks meer ru-olie aan die hele wêreld deur middel van Irak.
Rusland is weer onder leiding van pro-Iran Poetin.
President Obama wil Iran nie bombardeer nie.
Sjinese bande tussen Iran en Sjina is baie groter.
Die Westerse ekonomie is nog meer sensitief vir baie hoë branstofpryse.
Persoonlik dink ek 2005 was die laaste geleentheid vir militêre optrede teen Iran. Toe president Bush dit nie destyds geloods het nie, het ’n aar in Premier Ariel Sharon se kop gebars. Ek dink hy het geweet: of nou of nooit.
Wanneer verwag jy die VSA se "komende" konflik met Iran?
Groete
Ran Doodt


Kommentaar
Hopelik kan hierdie vermy word. Die VSA het 'n mislukking gemaak van Irak en Afghanistan en baie afgestaan aan bloed en geld en nou weens druk van Netanyahu wat Obama in 'n blik wil druk is 'n streek wat 500 Miljoen mense huisves weer 'n gevaarsone.
Hello,
http://www.ft.com/intl/cms/s/0/3e7021ce-9601-11e1-9d9d-00144feab49a.html#axzz1v734LPN
Hallo Ran,
Ja die Iran-kwessie kom 'n lang pad. Iran sê al vir baie lank dat hulle Israel wil uitwis, so dood logies hou Israel die Irannese kernprogram baie senuagtig dop. Dit is goed wat al hoe dieper onder beton bedek word so dit word al moeiliker om dit te bereik met bomme. Sou Israel aanval sal dit die program vir 'n paar, dalk soveel as 6 of 7 jaar terugdruk. Dit sal bitter moeilik wees vir Israel om die installasies met bomwerpers te bereik oor lang afstande oor vyandelike lande, die kostes kan verskriklik hoog wees en die retaliasie sal verskriklike druk op Israel plaas. Ongelukkig kan die kostes van niks doen nie veel hoër wees. Israel is 'n bitter klein landjie, hoeveel kernbomme kan sy absorbeer voordat die grondgebied totaal onbewoonbaar is?
Obama het 'n verkiesing op hande, so hy wil nou niks hoor van Iran aanval nie. Om Iran se kerninstallasies te vernietig kan uitgerekte bombardering verg, Israel kan dit nie doen nie, Israel kan met een sarsie deurglip met dalk groot verliese. Amerika kan vanaf vliegdekskepe 'n bombardement handhaaf vir solank nodig. Dis dalk hoekom Iran pas nog drie duikbote gekoop het. Israel het een gekoop, so pas in ontvangs geneem van Duitsland. Israel het ook 120 nuwe vegvliegtuie gekoop, dit lyk vir my na voorbereiding vir Iran.
Ran ek sit ook maar op die sypaadjie en betrag die dinge, Ek is bitter bang vir daai oorlog en ek wil bitter graag hê dat daar 'n ander oplossing is, maar dit lyk al minder of dit moontlik is. Ek probeer op hoogte bly deur "online" die Jerusalem Post en Israel Today te lees.
Groete
Duitswester
Baie interessant Wouter.
Iran se bestuur baie rasioneel, en Israel - die Heilige Land, se bestuur messiaans en dus irrasioneel.
Israel het Afrikaner-kernbomme in Duitse duikbote, ook in die Middellandse see.
As ek 'n Europeër in Europa was, sou ek gevra het vir 'n kernwapenvrye Midde-Ooste.
Groete
Ran
Dag Beert,
Ek kan nie sien hoekom jy Iran rasioneel noem nie, uit die toesprake van hul fanaties anti-Semitiese en anti-Westerse leierskap kan ek alles behalwe rasionaliteit sien. Soos in SA gesing word “Kill the Farmer, Kill the Boer”, word deur radikale Islam gesing “Today we fight the Saturday People (Israel) Tomorrow we fight the Sunday People (Christene)”.
En Israel Messiaans? Nee Beert, Messiaanse Judaïsme is baie klein. In Israel self is daar maar sowat 15 000 van hulle en die regering is baie beslis nie Messiaans nie. Die Israelis self word meer en meer gelowig, maar die regering is steeds sekulêr. Lande soos Iran maak reeds baie besluite gebaseer op die Koran, maar dit sal nog 'n tydjie neem voordat Israel meer besluite neem gebaseer op die Bybel. Die Godlose massas sal dan glad nie meer verstaan wat aangaan nie, juis omdat hulle niks van die Bybel of die Koran weet nie.
En Afrikaner-kernbomme? Ek glo nie dit het ooit bestaan nie.
Vriendelike en rasionele groete
Duitswester
Beste Duitswester,
Jy het dalk Wouter se reaksies nog nie gelees nie:
1. Lt Gen Benny Gantz, the current army chief of staff, was more restrained but equally forthright, saying the Iranian leadership was composed of “very rational people”
George Friedman van Stratfor sê ook so.
2. Yuval Diskin, until last year head of the Shin Bet internal security service, accused Mr Netanyahu and Ehud Barak, his defense minister, of “misleading the public on the Iran issue”, adding they made “decisions based on messianic feelings”.
Die vorige Afrikanerstaat het 6 atoombomme gehad, regtig. Die staat Israel het nie sy atoombomtegnologie en by die VSA gekry nie, maar by die vorige Afrikanerstaat.
Dis irrasioneel om te dink Iran kan Israel met kernbomme bombardeer. Daar woon Palestyne in Jerusalem en Tel-Aviv, plus dit sou selfmoord wees. Iran pleeg nie selfmoord nie - die staat is duisende jare oud en ervare. Die staat Israel is baie jonk en onervare, en kan dalk selfmoord pleeg, soos die Afrikanerstaat.
Dankie vir die noem van jou nuusbronne oor Israel.
Hier my voorspelling: die VSA sal Iran nie in 2012, 2013, 2014, 2015, 2016 en 2017 bombardeer nie.
Die Irannese het hierdie skaakspel klaar gewen, deur rasioneel te dink en op te tree. Iran word nou 'n streeksmoonheid saam met Irak, en die staat Israel kom soos die ou-Suid-Afrika onder toenemende bestaansdruk.
Groete
Ran
Hello,
'n Fassinerende onderwerp en ongelooflik moeilik om oor sinvol voorspellings te maak.
Terwyl Duitswester die Jerusalem Post volg in die verband, verkies ek die International Herald Tribune en Financial Times. Beide publikasies het rapporteer oor die onderwerp die naweek.
Die Financial Times rapporteer:
"Tehran agrees to meet IAEA chief":
Yukiya Amano, director-general of the International Atomic Energy Agency, will make his first official visit to Iran this weekend, where he will meet Tehran’s top nuclear negotiator, Saeed Jalili.The visit is the first by any IAEA director-general to Iran in nearly three years and suggests that the Iranian regime may be prepared to make concessions relating to the nature of its nuclear programme.
Net soos daar 17 Mei 2012 die volgende rapporteer is onder die volgende opskrif:
West wants signal on deal at Iran talks:
“The urgency about this is as great as ever,” said one figure preparing to travel to the talks. “We are unlikely to get an agreement signed and sealed in Baghdad but we don’t have huge amounts of time to play with this.”
There was a reminder of what was at stake when Washington’s ambassador to Israel, Dan Shapiro, on Thursday told the Israel Bar Association that the US had plans in place to attack Iran if necessary to prevent it from developing nuclear weapons. Iranian officials have held technical discussions ahead of next week’s meeting with Helga Schmidt, a leading EU diplomat, and those preparatory talks have gone well, said an EU official.
“The Iranians are being serious and they are seriously negotiating,” said the official. “The atmosphere is one I’ve not seen for many years.”
Apart van bogenoemde rapportering wat 'n gevoel van die huidige status gee, is daar die kommentaar van Juan Cole en 'n artikel van hom wat sekere mites rondom Iran aanspreek. Juan Cole is Richard P. Mitchell Collegiate Professor of History at the University of Michigan.
Hierdie is sekerlik menings wat verwerp kan word maar bied Juan Cole die volgende ontleding:
Belief: Iran is aggressive and has threatened to attack Israel, its neighbors or the US
Reality: Iran has not launched an aggressive war in modern history (unlike the US or Israel), and its leaders have a doctrine of “no first strike.” This is true of Supreme Leader Ali Khamenei, as well as of Revolutionary Guards commanders.
Belief: Iran is a militarized society bristling with dangerous weapons and a growing threat to world peace.
Reality: Iran’s military budget is a little over $6 billion annually. Sweden, Singapore and Greece all have larger military budgets.
Belief: Iran has threatened to attack Israel militarily and to “wipe it off the map.”
Reality: No Iranian leader in the executive has threatened an aggressive act of war on Israel, since this would contradict the doctrine of ‘no first strike’ to which the country has adhered. The Iranian president has explicitly said that Iran is not a threat to any country, including Israel.
Belief: But didn’t President Mahmoud Ahmadinejad threaten to ‘wipe Israel off the map?’
Reality: President Mahmoud Ahmadinejad did quote Ayatollah Khomeini to the effect that “this Occupation regime over Jerusalem must vanish from the page of time” (in rezhim-e eshghalgar-i Qods bayad as safheh-e ruzgar mahv shavad).
This was not a pledge to roll tanks and invade or to launch missiles, however. It is the expression of a hope that the regime will collapse, just as the Soviet Union did. It is not a threat to kill anyone at all.
Belief: But aren’t Iranians Holocaust deniers?
Actuality: Some are, some aren’t. Former president Mohammad Khatami has castigated Ahmadinejad for questioning the full extent of the Holocaust, which he called “the crime of Nazism.” Many educated Iranians in the regime are perfectly aware of the horrors of the Holocaust. In any case, despite what propagandists imply, neither Holocaust denial (as wicked as that is) nor calling Israel names is the same thing as pledging to attack it militarily.
Belief: Isn’t the Iranian regime irrational and crazed, so that a doctrine of mutually assured destruction just would not work with them?
Actuality: Iranian politicians are rational actors. If they were madmen, why haven’t they invaded any of their neighbors? Saddam Hussein of Iraq invaded both Iran and Kuwait. Israel invaded its neighbors more than once. In contrast, Iran has not started any wars. Demonizing people by calling them unbalanced is an old propaganda trick. The US elite was once unalterably opposed to China having nuclear science because they believed the Chinese are intrinsically irrational. This kind of talk is a form of racism.
Indien bogenoemde as korrek aanvaar word, dan is daar in die gemoed van hierdie deelnemer die mening dat Israel soek vir 'n oorlog en is Iran nie die dreigement wat hul uitgemaak word om te wees nie.
Irak was 'n oorlog van keuse in die finale analise en kan daar aangevoer word dat hierdie oorlog ook 'n oorlog van keuse sal wees.
Hello,
Die "nerd" in my is nou in volle swang.
Iran is 'n land wat my fassineer alhoewel ek nog nie 'n boek wat die geskiedenis en die huidige sosiale en politieke stand van die land bespreek nie onder hande gehad het nie, behalwe vir artikels in die algemene verloop van publisering.
Persepolis bly 'n verwysing vir my wat Iran vir my vermenslik het en word aanbeveel as 'n weemoedige blik op Iran se geskiedenis.
Die inleidende beskrywing is soos volg:
In 1970s Iran, Marjane 'Marji' Statrapi watches events through her young eyes and her idealistic family of a long dream being fulfilled of the hated Shah's defeat in the Iranian Revolution of 1979. However as Marji grows up, she witnesses first hand how the new Iran, now ruled by Islamic fundamentalists, has become a repressive tyranny on its own.
Die volgende is artikel wat oor my pad gekom het die afgelope jaar en word nou hier aangebied as 'n blik op Iran. Dit bied 42 foto’s aan en sluit 'n kersvader in Theran aan:
Die inleidende paragraaf is soos volg:
A View Inside Iran
Iran has appeared in numerous headlines around the world in recent months, usually attached to stories about military exercises and other saber-rattlings, economic sanctions, a suspected nuclear program, and varied political struggles. Iran is a country of more than 75 million people with a diverse history stretching back many thousands of years. While over 90 percent of Iranians belong to the Shia branch of Islam -- the official state religion -- Iran is also home to nearly 300,000 Christians, and the largest community of Jews in the Middle East outside Israel. At a time when military and political images seem to dominate the news about Iran, I thought it would be interesting to take a recent look inside the country, to see its people through the lenses of agency photographers. Keep in mind that foreign media are still subject to Iranian restrictions on reporting.
Die foto’s kan hier gevind word.
Baie dankie
Wouter
Die opinies hier is uiteenlopend en gebaseer op verskillende vlakke van kennis. So ook die geskrewe opinies regoor die aarde, die media het almal hul eie agendas en geskiedenis het male sonde tal bewys dat beriggewing oor Israel geweldig teen Israel is. 'n Sprekende voorbeeld is die "Elders of Zion" fiasko. Dit is deur "almal" erken dat dit anti-Semitiese propaganda is, maar steeds word dit gedruk en koorsagtig versprei.
Steeds sê ek dat baie besluite deur die Jode en die Arabiere word na raadpleging van die Bybel en die Koran gemaak, dit maak dit onmoontlik vir die Godloses om die situasie te begryp.
Ook is Iran (Persië) goed met tyd koop en stuur kalmerende boodskappe die wêreld in. Israel moet ten alle kostes sy agenda geheim hou en stuur dus teenstrydige boodskappe die wêreld in. En nee Ran, Israel is nie jonk en onervare nie, Israel is meer as 3 duisend jaar oud en het amper nie een dag daarvan vrede gehad nie. Die Jood is gewoond daaraan dat die kinders van Ishmael hom wil uitwis. Sedert G_d Israel teruggebring het na sy land toe, is die reëls nou anders. Vir 3 duisend jaar was die Jood 'n passiewe slagoffer. Vir 2 duisend jaar het die Christene hom as 'n passiewe slagoffer vervolg en vermoor. Dit gaan nie weer gebeur nie, hierdie keer sal Israel nie 'n passiewe slagoffer wees nie. Die Arabiere, Iran ingesluit, is volstoom op pad met die Arabian Spring om die United Arabian States te stig met Jerusalem as hul hoofstad. Praat ek twak? Ek glo nie, gaan kyk maar op.
Maar hoekom word Israel gehaat van die begin af? Wie is daaragter? Wie sal baat as Israel uitgewis word?
Elkeen het seker sy eie opinie daaroor.
Weet nie van julle nie. maar my gebede is met Israel
Duitswester
Beste Duitswester,
As ek geweet het jy kyk ten diepste na Israel en Iran op 'n religieuse manier, sou ek jou eerder met effektiewe religieuse argumente probeer oortuig het!
Die gesagvolle geskiedskrywer Flavius Josephus skryf vir die Romeinse Keiser, dat die stamme van Israel wat deur Assirië weggevoer is in 722 vC, hulleself anderkant die Eufraat bevind in menigte. Anderkant die Eufraat is in Iran!
Iran is 'n land vol en omring deur berge. Iran is waar die Israeliete hulleself vandag bevind. Iran is dus eintlik vandag die ware ou Israel. Hulle praat nou Persies en Azeries, en nie Arabies nie. Die Arabiere het hulle egter in ongeveer 700 nC gedwonge tot Islam bekeer. Iran is die aarde se oudste staat.
Die staat Israel is regtig jonk, en het in 1948 tot stand gekom, na die vroeëre Balfour-verklaring in Europa. Dis reg, die hedendaagse Israelis kom regtig uit Oos-Europa, nadat koning Bulan ongeveer in die jaar 1000nC, die Khazare tot die Judaïsme bekeer het. (Arthur Koestler, The Thirteenth Tribe.)
Ek is bly jou gebede is met Israel-Iran. God gaan groot dinge doen.
Groete in die Gesalfde
Ran
Hallo Wouter,
Dankie vir jou mooi reaksies. Iran is 'n pragtige land.
George Friedman van Stratfor skryf ook gereeld oor Iran, en die CIA gebruik ook sy geopolitieke analises.
George Friedman is die beste bron oor Iran, aangesien alle hoofstroomkoerante in die Weste deel is van die propaganda-oorlog vir die staat Israel, teen Iran.
Die afgelope paar maande het 'n paar Westerse koerante se artikeltrant oor Iran egter verander, na aanleiding van George Friedman se rasionele Stratfor-artikels oor Iran.
Groete
Ran
Hello Ran et al,
Baie dankie vir jou reaksies ook en beaam ek ook dat Iran 'n pragtige land is vol mense wat met menslike oordeel geag moet word.
Ek is nie op datum met Friedman se artikels nie, maar Juan Cole kom vir my oor as ewewigtig as 'n huidige verwysing van my kant af, maar sal poog om op te vang met Friedman.
Duitswester tree in die bresse vir Israel en soos baie het ek ook begrip vir Israel en die se wense vir 'n tuiste na die Shoah.
Dit moet egter in gedagte gehou word dat Israel erg aggressief in sy omstreke is en 'n reeks aanvalle op lande in die omgewing geloods het die afgelope paar jaar in teenstelling met Iran se geen aanvalle in die omgewing nie.
Norman Finkelstein het onlangs in BBC se Hardtalk 'n uiteensetting gegee van die aggressie wat Israel in die streek openbaar.
Weens BBC se beperkings is die program nie algemeen beskikbaar nie, maar het 'n kyker dit op Youtube gelaai en kan dit hier gevind word.
Luister daarna ook, Duitswester en bevestig dan hoeveel simpatie daar sonder enige bevraagtekening net aan Israel betoon moet word.
Anti-Semitisme is 'n ander debat en 'n fassinerende debat in eie reg en is ek ook verstom oor die irrasionele haat wat teen Jode betoon kan word.
Baie dankie
Wouter
Altyd die refrein dat "goddeloses" niks weet nie.
Die refrein dat daar nie geweet nie kan word nie, behalwe as jy "godsdienstig" is, (of), "spirituele intelligensie" besit nie.
Die tipe van diskwalifisering is lagwekkend absurd.
Israel versus Iran is pens en pootjies in die werklikheid van alledaagse geopolitiek en is dit oop vir ontleding vir almal wat poog om ingelig oor die onderwerp te wees.
Duitswester is in goeie geselskap met die metode deur hom gebruik wat simpatie vir Israel probeer ontlok en die gevaar aandik vir politieke redes.
Netanyahu het ook so gedoen in die onlangse herdenking van die Holocaust:
Netanyahu voer aan:
“(they) prefer that we not speak of a nuclear Iran as an existential threat” and (they) “do not like it when I speak such uncomfortable truths.”
Hierdie waarhede is natuurlik oop vir debat.
Hierdie is die refrein wat Netanyahu gereeld herhaal en is die refrein soos volg:
"It is 1938." "Iran is Germany, and it is about to arm itself with nuclear weapons."
Elie Wiesel, volgens Duitswester se lig, 'n "godlose" en ook iemand wat nie kan weet of verstaan nie lewer soos volg kommentaar op Netanyahu se uitlatings:
“Iran is a danger, but to claim that it is creating a second Auschwitz? I compare nothing to the Holocaust."
Netanyahu gaan haal ook nie die storie by Abraham nie, maar verwys na onlangse geskiedenis, 1939 tot 1945 en die vernietiging van die Jode in Europa in daardie tydperk.
Dus 'n alternatiewe vertelling van die kosmiese stryd deur 'n Duitswester geskets wat sommer die kinders van Ishmael ook bysleep asof dit 'n akkurate vertellings sou wees om die oorsprong van Arabiere te verwoord.
Hello,
In die Financial Times, gedateer 22 Mei 2012 die volgende opdatering.
IAEA says Iran nuclear deal reached:
Yukiya Amano bevestig “(a) decision was made to conclude and sign the agreement . I can say it will be signed quite soon”. Die volgende word ook bevestig: "We held expanded and intensive negotiations in a good atmosphere”. “Definitely, the progress of talks will have a positive impact on negotiations between Iran and the P5+1 [the six powers – the US, Britain, France, Russia China and Germany – that negotiate with Iran]”.
As antwoord op die volgende vraag:
Are Iran and the IAEA close to reaching a framework agreement that would quickly resolve questions over Iran’s nuclear programme?
Yukiya Amano antwoord soos volg:
“I will not go into details but the agency has some viewpoints and Iran has its own specific viewpoints.”
Iran se eie media reageer soos volg:
Reformist newspapers cautiously welcomed the visit by Mr Amano as a step forward to help deter foreign threats, the hardline outlets were sceptical. Fars news agency, which is said to be affiliated to the elite Revolutionary Guards, said on Monday that Mr Amano’s visit was “tactical” to find out what the country’s approach would be in Baghdad talks and therefore “empty” Iran’s hands.
The news agency said that this showed world powers had distanced from their win-win policy in Istanbul talks and had no commitment to any meaningful engagement.
Hossein Shariatmadari, whose newspaper, Kayhan, is considered the mouthpiece of Iran’s most radical forces, said that Mr Amano was seeking to put the ball in Iran’s court through the visit and would probably use it to reinforce the previous allegations that Tehran opposed more inspections.
He warned Mr Amano not to serve Israeli interests.
Mr Amano met Fereydoon Abbasi-Davani, the head of Iran’s Atomic Energy Organisation, in which, according to domestic media, both sides stressed the need for nuclear co-operation in agricultural, medical and industrial fields.
Nou ja die Bybel en Koran kan seker nou uitgepluk word deur Duitswester en die korrekte geopolitieke ontleding nou gebied word, asof daar nie genoegsame komplikasies is nie.
Indien religie wel hier 'n rol speel, sal 'n kalm ontleding van 'n onpartydige bron waardeer word sodat daar sin gemaak kan word van die invloed indien dit sou bestaan.
Baie dankie
Wouter
Duitswester.
Soos gesprekke oor Israel maar altyd gaan, is daar meer opinies as skrywers, en dan is die Jode nog nie eens by nie. Voor ek verder gaan wil ek net eers 'n paar punte hier herbesoek en probeer verduidelik.
Met Godloses bedoel ek diegene wat nie Bybelkennis het nie, hulle sal nie die geskiedenis van Israel en die Jode en die Jode se onvervreembare eienaarskap van die land Israel verstaan nie. Vanaf die dae van Y'hoshua. Die grense van die land is deur almagtige G_d self vasgelê en die land is deur Hom aan die Jode gegee as 'n tuiste vir ewig.
Hulle sal ook nie die tyd-oue vyandskap tussen die seuns van Abraham, Ishmael, vader van die Arabiere en Yakov, vader van die Jode verstaan nie.
Die staat Israel word beskou as tot stand gebring in 1948, dit is nie die oorsprong van Israel nie, dit is slegs die begin van die Jode se finale terugkeer na hul eie, vir ewig onvervreembare land wat reeds meer as 3 duisend jaar oud is.
Die Godloses wat geen Bybelkennis het nie sal nie die gebeure in die lig van wat die profete gesê het kan sien nie. Hulle sal ook nie verstaan hoekom die nasies teen Israel gekant is nie en sal nie verstaan hoekom sekere volkere die leuens glo nie, hulle sal nie verstaan dat G-d in perfekte beheer is nie, want hulle kan nie enigiets buite hul sekulêre verwysingraamwerk begryp nie. Ek het niks teen hulle nie, hulle het die reg om te kies en hulle het gekies om nie aan G_d te glo nie. Ek weet egter dat hulle nie op dieselfde bladsy is as die wat die geskrifte ken nie.
Die populêre pers is hoegenaamd nie betroubaar nie, ek lees al vir baie lank beide kante van die saak en dit is baie frustrerend om te sien hoe blatant bevooroordeeld die media is. Die leuens van die PLA word gepubliseer asof dit die waarheid is en alle feite word verdraai. Ek aanvaar dit, want ek weet dat alles volgens G-d se plan verloop. Ek weet dat Israel geen mens se beskerming nodig het nie, G-d het gesê dat op daardie dag Hy self Sy mense sal verdedig.
Steeds, dit is by wie ek staan, Israel,
Vir die wat die ander sy van die saak wil sien, kyk ook na virtualjerusalem.com
En die Afrikanernasie wat ek sedert kinderdae ken, ek is bekommerd oor hul eie redding, G-d het aan Israel gesê dat Hy die sal seën wie Israel seën en die vervloek wie Israel vervloek. Waar staan julle?
Duitswester
Ek staan saam met jou by Israel, Duitswester!
Waar staan ek? By Israel!
Wouter, jy dink dalk nou ek het laf geraak deur net soos Duitswester religieus as gelowige na die nie-komende konflik teen Iran te kyk, maar geopolitieke feite kan nie 'n gelowige siening verander nie. Daarom gebruik ek nou religieuse en historiese feite om Duitswester te oortuig dat hy korrek is: God staan wel by sy volk Israel.
Historiese Feit: Israel is in 722vC op volkskaal weggevoer deur Assisirie na die hedendaagse gebied van Iran anderkant die Eufraat.
Binne die berge van Iran dus, woon die antieke Israeliete vandag. Taal is nie 'n aanduiding van ras nie, maar van sosiale kontak.
Religieuse Feit: Iran is nie in 2003 (tydens sy kernbomprogram), 2004, 2005, 2006, 2007, 2008, 2009, 2010, 2011 en 2012 gebombardeer of ingeval nie, omdat Duitswester se G_d op 'n wonderbaarlike wyse vir sy volk Israel gesorg het.
Met Irak se regering onder Iran se invloed, word Iran-Israel nou weer groot en sterk met ekonomiese groei. Hou maar fyn dop: tydens die onderhandelinge tussen Iran-Israel en die G5+1 in Bagdad van alle plekke, is G_d aan Iran-Israel se kant, dit is die wenkant.
Geopolitieke Feit: Soewereine Iran-Israel laat die Westerse wêreldorde wankel.
Historiese Feit: Die post-WOII Westerse wêreldorde het die Afrikanerstaat gekelder.
Groete in die Gesalfde
Ran
Dag Ran,
laat ek erken, jou standpunt is onverwags. Veral gesien in die lig van Suid Afrika se kraakvars hernude vyandigheid teen Israel en boetieskap met Iran.
Dit is erg skaars om 'n opinie oor Israel raak te loop wat nie op hul uitwissing aandring nie . Dalk kan jy hierdie van nut vind. http://www.israeltoday.co.il en http://www.israelhayom.com
Ek groet en wens jou toe, Shalom.
Duitswester