res van Mens, volg ma’ op U Voetspoor,
nes inkommers, onkommunikatief, dom,
gekom, spraakloos, yskoelkomkommer,
onbekommerd, dikvellig, oor onsekerheid,
oor saamvervoer, herformuleer, van beleid,
van Self-destruksie, Self-haat, soos vir God
voor God, Enigste Skepper, Kroondraer,
Koning oor alle Konings, Opperheerser,
Mens opgeskeep sit, m’t neo-apartheid,
ontkenningsonkundekunde as ideologie,
Mens Self be-“ras”, be-“klas”, bevloek,
verpejorativeer, verneder, verontmenslik,
degradeer, een meer as anner, Mens, Naaste,
nie-gelowiges, liggelowiges, gelowiges, vromes
“Duiwelspiek”-dissipels, -paparazzi, -aanbidders,
plus anner, g’n uitsondering, almal had Gewete,
innie Begin, toe God voorouers, ouers laat pas’t,
by mekaar laat aanpas, inpas’t, vereniging, een,
ook aan Één, Maker, van Mens erkenning verleen,
moet Mens ma’ toegee, Mens weet van Lewe Twee,
oor hoe Mens punte kan score, vir mekaar omgee,
vir medemenslikheid, gelykheid, Mens, waardigheid,
elk module, sillabus, kurrikulum, leerplan op’t geskoei,
op Basis, Fundament, Verifieerbaar, God se Waarheid
in enige oorlog sterf iemand, ’n anner “Mens”,
op struktuurgeweldstelselslagveld, moordterrein,
aan flarde geblaas, stukke geskiet, vir ewig vermink,
soos ‘n vleisoffer aan veld se aasvreters agtergelaat,
nalatenskap van oorwinnaar, struktuurgeweldenaar,
‘t inkommers hul op uitwisbeleid, van VOC, verlaat,
Eerste Mens soos plaagdier op eie grond afgeslag
kyk net wat word van Eerstes se nageslag,
kyk hoe skatryk is voorheen bevoordeelde,
“pionier”, uit uitbuiting, hoeveel skatte, tale,
kulture, geskiedenisse, tot mite reduseer,
as Mens nie daaroor praat, redeneer,
sal’t hoogs waarskynlik weer gebeur
ons moet praat, voorheen bevoordeelde,
agteraf afkomling van astrant immigrant,
wat veroorsaak Gini-koëffisiënt-wanbalans,
hoe lank is Afrikaans inne apartheidstrans,
post-Codesa, post-Polokwane, post-Malema,
raak stille meerderheid net stiller, o wee,
minderheid se legitimiteit begin meegee,
veral as speelveldgelykheid ter sprake is
Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens,
het leste, die laaste een, ‘n betrokkene,
skuldig aan struktuurgeweldsindroom-
verspreiding, “Duiwelspiek”-dissipelskaplik,
aanhanger van als wat ultra-haraam es,
selfs ongeborenes deur’t besmet, aangetas,
voor geboorte al, vir ewig en altyd, eish,
verlore, nie bevoorreg genoeg, t’beleef,
3D-digitaal nabootsing, van Paradys,
saam’t leef-’n-beef, Lewe Twee t’leef,
wetenskaplik-Paradyslik, nes Mens
Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens,
maak mos op Skepper vir Verlossing staat,
probeer iets leer oor Sy Medisyn, Sy Wysheid,
Sy Doepa, Sy Almag, Sy Vergifnis, Sy Raat
Jacobus Faasen

