Epikurus (die Genotsugtige) 341 – 270 VC is op Samos gebore. Hy het as ‘n volgeling van Democritus op die ”Atomiese teorie” uit gebrei. Daarvolgens (simplisties gestel) het die heelal nog altyd bestaan, dit sal altyd daar wees en is onbeperk in grootte. Dit is’n leegte (void) waarin atome rond beweeg. Die atome is nog altyd daar aangesien niks uit niks kan ontstaan nie. Die atome is infinitesimaal maar het massa en dimensie. As hulle in besondere trajekte met mekaar bots ontstaan voorwerpe deur agglomerasie. Alles sigbaar (teenwoordig) in die kosmos, van welke omvang ook al, is tydelike agglomerate wat vernietig sal word met die vrystelling van die atome daarvan om die proses vir ewig te herhaal.
Verder stel Epikurus dit dat die gode wat daar mag wees hulle besig hou met ‘gode-dinge’. Hulle steur hulle nie aan die mense nie en sal niemand straf of beloon nie. Die dood word dikwels gevrees deur die angstigheid oor ‘n ongemaklie hiernamaals.
Die dood hoef dus nie gevrees te word nie. Met die oomblik van dood is daar geen pyn of plesier nie — geen beloning of straf nie — die persoon hou bloot op om te bestaan.
Dus, meen Epikurus, moet jou nie bekommer oor die dood nie maar bepaal al jou aandag by die verdere verloop van jou lewe.
Die twee basiese elemente van lewe is genot (pleasure) en pyn.
Slegs genot is intrinsiek waardevol en slegs pyn is intrinsiek sleg — maar in teenstelling met Aristippus meen Epikurus “n “ virtuous moderately ascetic life as the best recipe for pleasure”.
Hy verdeel genot in bewegende genot (moving pleasure) en in statiese genot (static pleasure).
Bewegende genot is om ‘n begeerte te bevredig — soos om te eet om jou honger te stil.
Statiese genot is die versadiging nadat die bewegende genot bevredig is — soos om behaaglik terug te sit na ‘n maaltyd.
Epikurus het statiese genot as die beste genot geag.
Hy het filosofie-in-geneeskunde bevorder. Sy volgeling Asclepiades was die eerste (bekende) geneesheer wat ‘Griekse medisyne’ in Rome praktiseer het — dit was die vriendelike, simpatieke, behaaglike en boonop pynlose behandeling van pasiënte. Hy was verassend ‘modern’ in sy benadering tot psigoterapie.
Epikurus het die kontraktari?le teorie van geregtigheid (contractarian theory of justice) ontwikkel. ‘n Ooreenkoms om nie te benadeel nie en om nie benadeel te word nie — wat waardevol in gemeenskaplike verenigings en gemeenskappe is hang af van die gedrag van elke lid van die gemeenskap.
Epikurus se nalatenskap sluit in:
Die etiek van resiprositeit. Minimaliseer skade en maksimaliseer gelukkigheid. Dit was’opgneem’ deur die demokratiese denkers van die Franse revolusie.
Die American Declaration of Independence is primêr geskryf deur die Epikuriaan Thomas Jefferson.
Karl Marx se doktorale tesis was oor The difference between the Democritean and Epicurean philosophy of Nature.
Epikurus het nierstene gehad en skryf kort voor sy dood dat hy “a painful inability to urinate (het) and also dysentery so violent that nothing can be added to the violence of my sufferings…(but) the cheerfulness of my mind from recollection…of my philosophical contemplation counterbalances all of these afflictions”.
Epikurus was nooit getroud nie en het nie, sover bekend, enige kinders gehad nie.
Hy is dood op die ouderdom van 72, “as ‘n gelukkige man”.
Chrysippus die Sto?syn 279 – 206 VC is in Soli (Cyliciia) aan die ooskus van die Mediterreense see gebore. Hy het as ‘n jongeling sy erflating deur ‘n ‘wetlike’ slenter verloor en is met net die klere aan sy lyf na Athene om ‘n leerling van Cleanthes te word. In sy jeug was hy ‘n uitstaande langafstand atleet.
Hy het geglo dat om die ‘goeie lewe’ te lei en gelukkig te wees slegs die morele waardes van gematigheid,(moderation) moed (courage) en geregtigheid (justice) vereis.
Gesondheid is ‘n neutrale gawe (preferred indifferent). Om gesond te wees verskaf nie ‘n ‘deugdelikheids voordeel’ (‘meer’ virtue) nie en om siek te wees doen geensins afbreuk aan ‘deug’ nie.
Om in die adel-klas gebore te word is nie goed of sleg nie Fisiese krag, skoonheid, rykdom en ‘n goeie reputasie kan óf ten goede óf ten kwade aangewend word en is van sekondêre belang.
Chrysippus was die derde hoof van die Sto?synse Skool na Cleanthes (wat honderd jaar oud geword het) en Zeno. Hy het bo beide uitgestaan en staan as die Second Founder of Stoicism bekend.
Hy was hoogs intelligent, ‘n ywerige student en ‘n produktiewe skrywer. Hy was die outeur van meer as 700 werke (maar slegs fragmente daarvan het behoue gebly).
Getrou aan sy waardes het hy beide kante van ‘n argument gestel, maar deur dit te doen het hy dié kritiek van andere op die hals gehaal dat hy hulle werk gebruik om sy geskrifte mee te vul.
Hy het uitgestaan in logika en het ‘n oorspronklike sisteem van Propositional Logic ontwikkel om die ‘werking’ van die heelal en die rol van die mens daarin te verstaan. Hy het sy studente geleer dat Etiek van fisika afhanklik is. Fisika maak op die beurt daarvan die aard van die heelal verstaanbaar. Hieruit spruit die kennis waaruit gevolgtrekkings gemaak kan word om ‘n goeie praktiese leefwyse mee te struktueer.
Chrysippus “affirmed that the universe is God and the universal outpouring of His soul. He recognized God as the power of fate”.
Hy het argumenteer dat:
Dit onmoontlik is vir die goeie (good) om te bestaan sonder die slegte (evil).
Geregtigheid kan nie bestaan sonder onreg nie.
Dapperheid nie sonder lafhartigheid nie.
Soberheid (temperance) nie sonder onmatigheid (intemperance) nie… en
Wysheid nie sonder onnoselheid nie.
Hy het ook beklemtoon dat, in teenstelling met die aanname van sy tyd, dat ‘1’ ‘n syfer is.
Diogenes Laërtius veskaf twee weergawes van sy dood: hy is dood nadat hy by ‘n fees ‘duiselig’ geword het van onverdunde wyn óf hy het hom doodgelag toe hy sien hoe ‘n donkie gegiste vye eet.
Phyrro die skeptikus 360 – 270 VC is op Elis aan die Ion?ese see gebore. Hy was ‘n duistere (murky) tydgenoot van Epikurus. Hy het Alexander die Grote ooswaarts vergesel waar hy be?nvloed is deur die Gymno sophites van Indië en die Magi van Persië.
Hy het niks geskryf nie. Met sy terugkeer het hy hom in Athene gevestig. Hy het in eensaamheid geleef maar hy is nogtans verdienstig genoeg geag om burgerskap aan hom toe te ken — en ‘n standbeeld is ter ere van hom opgerig.
Phyrro het die konsep van Opskorting van beoordeling (Suspension of judgement) daar gestel. Daarvolgens kan drie vrae nie beanwoord word nie:
Wat is ‘dinge’ en hoe is dit saamgestel (constituted).
Wat is ons verband met dinge (how do we relate to things).
Wat behoort ons houding teenoor die ‘dinge’ te wees.
Volgens hom kan enige uitspraak oor ‘n ‘ding’ weerspreek word met ‘n teen-uitspraak van gelyke gesag Skaakmat volg en dié resultaat is beskryf as ‘n paralysis of epistemology.
‘n Voorbeeld : As iemand na ‘n toring kyk vorm hy ‘n visuele beeld van die toring maar hy weet nie of die toring is soos dit vir hom voorkom nie. Niks kan dus bevestig (validate) word nie.
Dit lei tot ataraxia die Griekse woord vir afwesigheid van emosionele versteuring ( impassiveness) , in dié geval vryheid van bekommernis. Met ander woorde iemand kan totaal van die sorge van die lewe ontsnap en ‘n onverstoorbare lewe lei — so why worry!
Kritiek het nie agterweë gebly nie.
“Phyrro het niks vermy nie of dit ‘n hond, afgrond of ‘n wa was Hy het sy oordeel of dit goed of sleg was om deur ‘n wa getref te word opgeskort — heel waarskynlik het sy minder skeptiese vriende hom aan die lewe gehou deur hom weg te hou van besige paaie, kwaai honde en diep afgronde”.
Hoe dit ookal sy, hy het 90 jaar oud geword.
Hippokrates die “vader van westerse medisyne” 460 – 377 VC is in Astypalaia op die eiland van Kos gebore. Hy was ‘n volgeling van Democritus.
Die Corpus Hippoccratium is ‘n versameling van diverse mediese geskrifte , in baie gevalle van opponerende gesigspunte. Dit is toeganklik vir beide leke en intellektueles. Dit het die beoefening van die mediese beroep vanuit mitologie tot rasionaliteit gelig. Die oorspronklike is geskryf in Ioniese Grieks eerder as in Doriese Grieks wat die taal van Kos was. Dit het hoofsaaklik bekend geword in die Latynse vertaling.
Ontleding van die Corpus dui op veelvuldige outeurs (volgens Ermerins minstens 19). Die meer lakoniese dele is aan Hippokrates toe gedig. Die ander was waarskynlik (meesal) deur sy volgelinge wat verbonde was aan die antieke mediese skole van Kos en Knidos geskryf.
Die Corpus bestaan uit teksboeke, lesings, navorsing artikels, filosofiese opstelle, 42 gevalstudies en natuurlik die Eed wat mees waarskynlik deur Hippokrates self geskryf is (daar is diegene wat hiermee verskil).
Die klassieke Eed wat bestaan uit 382 woorde in die Engelse vertaling is argumentshalwe die mees beroemde manuskrip in Medisyne — en een van die eerste reflektiewe kodes van professionele etiek in enige professie.
Uit die dialoog About Sufferings die volgende: (Sokrates aan Crito) “ In the marketplace physicians charge a large fee. They claim good will and unselfishness but at the table I have never met a more misanthropic crowd. Does’nt the Oath impose an impossible code of behavior on the weak of spirit”. (Crito antwoord) “That is not so, Homer and the tragedians tell us that those who struggle are admired even if they fail. The Hippocratic art can never become obsolete so long as its followers strive to be virtuous as well as skillful “.
Het Sokrates en Hippokrates persoonlik ontmoet? Waarskynlik. Sokrates was net 9 jaar ouer as Hippokrates. In die dialoog Protagaros word ‘n ontmoeting ge?mpliseer.
In die verhandeling On the Epidemics verskyn Hippokrates se beroemde grondstelling “..as to disease make the habit of two things, to do good, or at least, do no harm”.
Die bekende vermaning primum non nocere vind waarskynlik oorsprong hier.
Hippokrates het op die ouderdom van 90 jaar gesterf — daar is ook spekuleer dat hy langs die pad na Larissa, Thessalië dood gevind is met sy doek oor sy kop getrek, op die ouderdom van 104 jaar.
Hy het twee seuns gehad wat in sy voetspore gevolg het maar sy skoonseun, Polybus, is as sy “natuurlike opvolger” beskou.
Naas Viljoen

