sal Mens wil?

  • 0

feitlik enige sonnet se moses, is vrye vers,
nie aan bande gelê, ingeperk, vas, geknelter,
onderdruk, versubmissiveer, tot iets anners,
nes Eerste Mens, as oran utan, “bossiesman”,
half-oranje, half-Mens, reënwoudbewoner

hoor selfs orang utang, hoe Eerste Mens,
as “Bosjesmans”, “Boesmans”, “Bushmen”,
uitgekryt word, as half-Mens, ontmens,
blok bitterlik benoud vir onderdrukker,
vir (neo-)koloniaal Khoesan-uitwisser

VN-voorneme van Twintig Sewe,
status van waardigheid t’erken,
dra staat kennis van status,
inderdaad, sodanig ingelig,
oor Eerste Mens, waardig,
geregtig op Geregtigheid

weet Mens sommer mooi,
hoe pregedetermineerd,
hoe premeditatief, eish,
stuur Mens mos Naaste,
m’t enkelkaartjie hel toe,
op slagveld agter vir asers,
beskryf’s kollaterale skade

is allerlaaste woord,
nie finaal gespreek,
oor Mens, Eerste,
Millennium Drie,
nog heel laaste,
nie “Mens” nie

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top