via U Wet

  • 0

siyacela uxolo, maxolweni, madwesha:

Mens se pyn bitterdiep, so seer seer,
andingu mBhulu, mhlophe’s ekkie,
nogallie, andingumlungu, Boer,
grof-’n-onbeskof, slawebaas,
eienaar van eie lijfeigenen

eish, dis hoekom wynplaas,
so prentjiemooi’s, stopdoplik,
wreedheid se hartseer storie,
slawerny, hart, gees en siel,
als opgeoffer, tot beskikking,
van VOC, meester en mies,
baas en nooi, hoof-Broeder,
soldaat, apartheidsvegter,
werksoeker, skelm, droster,
skuldvlugter, vlugteling,
Protestant, wynplaasbaas,
Vryburger, Broederbonder,
grondbuiter, uitbuiter,
hart vol haat, afkeer,
van Gewete g’n sprake,
struktuurgewelddadig

o wee, gee Gewete-loos,
sonner Gewete, net mee,
inne proses, Self-destruksie,
struktuurgeweldaanblaser,
onmenslik, onmenswaardig,
Mens Mens nie juis steur,
aan konvensie, vereiste,
van patriotisme, versoening

lat haat as oorbodig opgeskort,
vannie baan, uit Mensheid uit,
uitgehaal, verwyder, afgeskei,
Gewete weer herwin word, eish,
Mens se Spiritualiteit, Suiwer

o Allah, Magtig, Geregtigheid,
Tetha as U Blief, kanala, Vader,
met Skepsel, Skepsel se Saad,
tot innie derde en viere geslag,
van dié wat “Duiwelspiek” haat

Mens Self besef, ‘t raak baie laat,
ongeag als, Mens sonner Gewete,
nie aan God se Wil gehoor wil gee,
nie onteenseglik-legitiem, halaal,
Gewete, herwinnend, wil gaan haal,
te wys, hoe ‘cool’ Geregtigheid is,
vir Millennium Drie Homo, Mens,
vir dié wat’t opreg, eerlik, bedoel,
wat graag, Naaste, res op Aarde,
wil wys, Lewe Een’t ook waarde.
al issit nogge prematuur stadium,
blyk daar tog sprake vanne rewolusie,
vir Homo Sapiens Sapiens, mette Visie,
gefokus op wetenskaplike toepassing,
van Waarheid-Geregtigheid-’n-Liefde

Vrede, Legitimiteit, ultra-intiem,
via Insig, Besinning, Herwinning,
van Gewete, via Waarheid, ja,
via Verifieerbaarheid, Wet s’n,
Millennium Drie se Nommer Een,
soos vir Mens, só ook vir Naaste,
Eerstes nooit-ooit weer laaste,
waardigheid keer t’rug, vir altyd

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top