FW De Klerk – laaste President van eerste Afrikanerstaat

  • 4

Beste Jaco en Wouter,

Baie dankie vir julle reaksies. Ongelukkig was dit in die reaksie-area, sodat die meeste mense dit dalk gemis het.

Debatsblaaie stuur ’n outomatiese kennisgewing uit, sodat mens bewus is van reaksies en wanneer dit plaasvind. In hierdie geval het ek nie sodanige e-pos kennisgewings ontvang nie: is daar fout met my stellings of met die webwerf, Webvoet?

Omdat FW de Klerk as laaste President van die eerste Afrikanerstaat ’n baie belangrike persoon is, en sy stellings soveel onsteltenis veroorsaak onder die plaaslike ANC-alliansie in Suid-Afrika, voer ek die debat verder in die briewe-area, sodat ander lesers dit ook kan volg sou hulle wil.

Geliewe daarop te let dat om politieke opponente en vorige beleide te demoniseer, NADAT die mag reeds ten volle bekom is, slegs ten doel dien om te roof en alle legitieme weerstand en opposisie daarteen uit te wis, sowel as bestaansreg te ontse. 

My gedagte is dat FW de Klerk bostaande besef, en weier om aan die demoniseringseis toe te gee. Laasgenoemde is seker. En dis wat tel: mnr De Klerk is as laaste President van die eerste Afrikanerstaat die lewende personifikasie van die vorige politieke bedeling. Verder het De Klerk internasionale gesag danksy die Nobelprys en sy globale leierstigting. Wat FW de Klerk verklaar oor die vorige politieke bedeling, dra veel meer gesag as stellings daaroor deur byvoorbeeld Dan Roodt of Pierre de Vos. Daarom die plaaslike politieke druk op spesifiek mnr De Klerk om die verlede te demoniseer en as boos te verklaar. Dit help niks Pierre de Vos of Wouter Ferns doen dit nie. De Klerk weier egter om dit te doen. Ek glo mnr De Klerk gaan weier tot in sy dood, dit is vir alle praktiese politieke doeleindes vir ewig. Dus is daar politieke implikasies vir die toekoms van Suid-Afrika.

Betekenis vol was ook mnr De Klerk se verwysing na die tuislande as tradisionele gebiede en woonplekke van die onderskeie etniese groepe in die vorige staatsbedeling.

Sien bostaande in die lig van Kwa-Zulu Natal wat vir President Zuma eenparig ondersteun vir ’n tweede presidensiele ampstermyn - die grootste magsposisie in die hele land. My punt is: die spesifieke provinsies van vandag, huisves die ou tradisionele en etniese magsbasisse, en dit is ’n politieke realiteit wat die Unie van Suid-Afrika bedreig, asook die DA-regering in die Kaap, wat deesdae as apartheids-apologete deur ANC-kaders gebrandmerk word.

Voeg daarby die feit dat mnre Malema, Sexwale, Phosa en Mothlante toevallig almal prominente Pedis is, en dis geen wonder dat daar binne die ANC verwys word na stamgevegte nie! Om te praat van burgeroorlog is taboe, maar binne die SAP, al die Geheime Dienste en Staatsekuriteitafdelings woel dit geweldig romdom verskillende politieke "stam"-faksies. Die stamme dan synde die grootste en die kleinste, tradisionele Zoeloes en Pedis. (Sommige groepe het in ieder geval reeds met ’n klasse-oorlog begin.)

Sou mnr Zuma in Bloenfontein uitgestem word, kan KwaZulu-Natal se provinsiale regering besluit dis ’n staatsgreep, en weier om saam met die nuwe nasionale regering te werk. Omtrent 70% van Suider-Afrika se uit- en invoere gaan deur Kwazulu-Natal hawens, spoorlyne en paaie.

KwaZulu-Natal is ’n uiters strategies geleë provinsie, maar sonder myne. Die is baie in Limpopo by die Pedis.

Die Unie van Suid-Afrika sit van nature glad nie maklik om een vuur nie. Deur die logika en betekenis van die realiteite van die verlede en vorige politieke bedeling irrasioneel en emosioneel te demoniseer, pleks van rasioneel te analiseer, gaan lei tot groot verrassings in die nabye toekoms. Dit kan selfs neig na ’n onstabiele staats-situasie, sodat mnr De Klerk erken die toekoms van die Unie van Suid-Afrika lyk nie meer noodwendig beter as die verlede nie. Trouens, die Unie self is dalk in gevaar. In die Kaap is ’n lae-intensiteit rasse-oorlog besig om te ontwikkel?

Reageer gerus in die briewe-area, dan sal ek dit sien.

Groete
Ran Doodt

Hallo Ran, kyk asseblief maar by jou spam/gemorspos of die kennisgewings nie daar opduik dat ’n ander briefskrywer kommentaar gelewer het nie. Laat weet as daar probleme is. Groete, Naomi M 

  • 4

Kommentaar

  • Leendert van Oostrum

    Nee, Dan,

    Die staat waarvan FW de Klerk die president was, was die een-en-twintigste staat wat sedert 1795 deur Afrikaners opgerig is.

  • Hello Ran et al, 

     
    Baie dankie vir jou reaksie. 
     
    Kennis word geneem van jou argument dat De Klerk se moontlike motivering kan wees dat De Klerk hard poog om teen die demoniseringseis te veg. 
     
    Daar is sekerlik meriete daarin en sal dit Salomo se wysheid verg om gelyktydig die verlede te lees soos dit werklik was, die gruwels daarvan te erken en nie in 'n vervolgingswaansin te verval indien jy die slagoffer daarvan was nie of jou probeer verontskuldig soos Jan Rap, Comestor en dalk jy ook en ander deelnemers hier probeer doen. 
     
    Wilhelm Jordaan is 'n persoon wie se skrywes ek al lees van kindsbeen af in die Beeld en is sy onlangse rubriek veral waardevol veral omdat die titel soos volg is: 
     
    "Maak verlede ’n informant en nie ’n aanklaer nie"
     
    Die laaste paragraaf is veral waardevol en word soos volg aangehaal: 
     
    "Natuurlik is dit belangrik dat jy toegang het tot jou verlede vol mislukkings, skandes, teleurstellings en verflenterde drome. Maar net in die mate dat die kennis van gister jou met groter insig en sterker daadkrag betrokke maak by ’n winkende toekoms; ’n geskiedenis wat nog deur jou geskryf moet word.
     
    So ’n verlede word dan ’n betroubare informant. Dit is nie ’n venynige aanklaer wat ’n lys van veroordelings in die openbaar voorlees terwyl jy jou kop in skaamte laat sak nie. Dit lê jou nie lam van selfbejammering of skuldbesef nie, maak jou nie wanhopig nie en sluit jou nie af en uit van ander nie.
     
    Inteendeel, dit besorg jou ’n vrymakende energie wat jou ongehinderd die toekoms in neem".
     
    Dit is uit Die Beeld.
     
    Die International Herald Tribune se Hoof Artikel Blad spreek ook die kwessie aan vandag, 17 Mei 2012 soos volg:
     
    In the course of a single interview on CNN last week, South Africa’s last apartheid-era president, the 76-year-old F.W. de Klerk, may have shattered his legacy as one of the men who set the country on the path to democracy.In a 10-minute conversation with Christiane Amanpour, De Klerk provided a callous defense of the very apartheid system he once helped dismantle. He refused to agree with Amanpour that apartheid was “morally repugnant.” Instead he insisted it had been designed simply to ensure that different groups could live peacefully apart and then had happened to fail in practice. Blacks were not disenfranchised back then, he said. They got to vote in their “homeland reserves,” and the central government looked after them well.“If only the developed world would put so much money into Africa, which is struggling with poverty, as we poured into those homelands,” De Klerk ventured. “How many universities were built? How many schools?”
     
    De Klerk’s attempt last week to justify apartheid as, in effect, a morally neutral project that somehow went awry is breathtakingly callous. Apartheid was intrinsically morally odious. It was premised on a white supremacist ideology and the conviction that blacks, being inferior to whites and subhuman, did not deserve to be politically or economically integrated in white-minority-ruled South Africa.
     
    De Klerk’s outrageous views don’t just shatter his legacy; they also undermine ongoing national reconciliation efforts. South Africans are still learning to rid themselves of racial prejudice and racial mistrust. De Klerk’s remarks will feed latent feelings among many blacks that whites are still unable to acknowledge past injustices.
     
    Dit is wat werklik bedoel word met die poging om die verlede in konteks te sien en nie die eindelose witwassery uit jou, Jan Rap, Comestor en ander se hand nie. Sekerlik is dit moeilik om die verlede op sy eie terme te lees en is daar begrip vir die menslike impuls vir  verontskuldiging maar intellektuele eerlikheid vereis van ons om die werklikheid te sien soos dit is, en nie toe te gee aan verbelentheid – om jou iets wys te maak wat nie so is nie – wat ’n gevaarlike menslike nuk is.
     
    Daarom debatteer ek nie meer hierdie onderwerpe hier nie maar gaan eerder terug na geloofwaardige geskiedskrywes wat meer akkuraat is as enige witwassery uit 'n Jan Rap, 'n Comestor en jou hand is en jul onderskeie aamhangers, 'n "Duitswester" byvoorbeeld is. 
     
    Baie dankie

     
    Wouter
  • Jy is reg Leendert - ek het 'n kans gevat: soos Europa se taalstate, so ook die eerste "werklike" Afrikanerstaat met Afrikaans as taal.

    Dankie vir die International Herald Tribune-artikel Wouter.

    DF Malan het in 'n toespraak oor broederskap na die gelykheid van swartmense verwys in terme van Christenskap onder die Vader, en Verwoerd het ook swartmense, en sy beleid teenoor hulle op dieselfde menswaardigheidsvlak en intelligensievlak as die Westerse beskawing gebou, en dis op rekord - let wel Dan Roodt. Gelyk maar apart.

    Die Tribune-tipe leuens oor wit superioriteit as die grond van NP-apartheid sal FW de Klerk nooit erken nie, en met reg. FW de Klerk is die mees gesagvolle bron oor die eerste Afrikanerstaat op aarde. Die dat FW se stellings soveel opslae gemaak en histeriese haatspraak soos die van hierdie irrasionele Tribune tot gevolg gehad het.

    Groete

    Ran

  • Hello Ran  
     
    Kennis geneem van jou mening, maar nie alle media kan altyd afgemaak word soos jy gekies het om te doen nie. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top