Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

LitNet Akademies-resensie-essay: Skobbejakke, Scrabble en ’n skottel vol soesji

Thys Human 2012-06-01 Thys Human stem saam met Rapport-resensent Marius Visser dat Deborah Steinmair se Poppekas genotvol en boeiend is. Maar op een punt verskil hy heeltemal van Visser.  Lees die resensie-essay om uit te vind waaroor die twee resensente nie kan saamstem nie.

Wat’s nuus?: Verkneukel jou in ’n knap-geskrewe, prettige boek

Riette Rust 2012-05-31 "Cruywagen het beslis die vermoë om die leser met geur en kleur in te trek in ’n storie, jou te boei, te laat lag …"

LitNet Akademies-resensie-essay: Sirkusboere maak my pa se helde toeganklik

Izak de Vries 2012-05-24 "Dit is veral Cronjé se aandrang dat die ABO ’n ‘white man’s war’ was wat direk ondergrawe word. Op hierdie manier maak sy ook die ABO toeganklik vir die jonger, meer liberale Suid-Afrikaners, maar sy doen dit só dat ek, en my geslag, beter kan verstaan waarom mense soos Piet Cronjé en Ben Viljoen my pa (en sy geslag) se helde was."

Braille-briewe beloon die leser

Charl-Pierre Naudé 2012-05-24 "Trouens, dis hierdie ‘loslit’ inslag van Walters se poëtiese woord, hierdie misleidende ‘gemaklike’ indruk, wat al gemaak het dat sy digkuns verkeerdelik as ‘soos prosa’ beskryf is."

Author of Freedom Never Rests, James Kilgore, in conversation with Janet van Eeden

Janet van Eeden 2012-05-17 Freedom Never Rests portrays a complex picture of a country going through a transition and James Kilgore brings his vast experience of countries moving through change, violent or otherwise, to this novel.”

Amper elders verruim Louis Esterhuizen se oeuvre

Marius Crous 2012-05-16 "Met hierdie bundel verruim Louis Esterhuizen sy oeuvre en betrek hy naas die werk van ander digters ook ander plekke."

LitNet Akademies-resensie-essay: Tyd om Boere-Arkadië te groet?

Etienne Viviers 2012-05-09 Etienne Viviers bespreek Steve Hofmeyr se boek Die verste uur in hierdie resensie-essay.

Tail of the Blue Bird – an accomplished debut novel by Nii Ayikwei Parkes

Annie Gagiano 2012-05-04 "Parkes interweaves passages describing the lush landscapes of northern Ghana into the whodunit style narrative as indication that this is no ordinary tale of crime and detection."

LitNet Akademies-resensie-essay: Is Piekniek by Hangklip ’n kriminele oortreding?

Izak de Vries 2012-05-02 Izak de Vries hou sy lyf speurder en ondersoek Kerneels Breytenbach se speurverhaal-sonder-'n-speurder, Piekniek by Hangklip.

’n Fado gekom oor die oseaan

Irma Joubert 2012-04-25 "Plek-plek word dit pragtig poëtiese taal – fado’s vir die vreemdelinge in onbekende plekke." Irma Joubert resenseer Fado vir 'n vreemdeling deur Margaret Bakkes.

LitNet Akademies-resensie-essay: Kopwond deur Anthony Feinstein – die waarheid as fiksie beleef

Alexander Strachan 2012-04-23 Meer as twee dekades na die Grensoorlog verskyn daar meteens ’n hele string boeke oor hierdie onderwerp.  Alexander Strachan lees Kopwond deur Anthony Feinstein en soek antwoorde op 'n reeks vrae wat die boek by hom ontlok. 

Opinion Pieces: Kritiese denkers neem stelling in en ontlok vrae

François Verster 2012-04-11 Francois Verster lees Opinion Pieces by South African Thought Leaders, saamgestel deur Max du Preez.  Volgens Verster is dit geen juigkommando wat hier in aksie is nie, maar denkers wat krities na die Suid-Afrikaanse samelewing kyk. 

Sexy medisyne: Asof die mediese wetenskap nie sexy genoeg is nie

Marius Crous 2012-04-04 "Ek moet toegee, toe ek hierdie boek uit die koevert haal en ek sien die skrapsgeklede verpleegster met die rooi rompie en die rooier oprygstewels, die rooi lippe en die ewe rooi suigstokkie voorop, het ek dadelik gedink dat ek hier met die opgekikkerde weergawe van die een of ander hospitaalhygroman te doen het."

Lot se vrou intens menslik en deernisvol

Henning Snyman 2012-03-27 "In Joan Hambidge se oeuvre is daar ’n aantal bundels wat hoogtepunte registreer – bundels soos Verdraaide raaisels, Ewebeeld, Lykdigte en Visums by verstek. Met Lot se vrou bereik Hambidge ’n nuwe hoogtepunt in haar digkuns."

’n Boek vir ’n volwasse leser met ’n jong gees

Naomi Meyer 2012-03-26 Naomi Meyer lees Broers, ’n sjarmante en kreatiewe boekie wat haar tóg laat wonder oor konteks: "Die ding met konteks is, dis soos ’n Maandag – dit word altyd deur ’n storie voorafgegaan: die naweek. Dit staan nie op sy eie nie en het daarom bepaalde assosiasies. Net so is dit met hierdie boek ... "

Die woord leef in Vaarwel, my effens bevlekte held

Henning Snyman 2012-03-23 Henning Snyman lees Johann de Lange se bundel Vaarwel, my effens bevlekte held en bevind die werk rigtinggewend.  Snyman sê:  "Die woorde in De Lange se werk "beteken" nie net nie, dit "be-teken", en sodoende kom daar telkens nuwe betekenisse uit die verse."

Soeker uitdagend en meesleurende leesstof

Ralph Barnard 2012-03-14 Soeker is ’n skitterende bydrae tot die Afrikaanse literatuur wat ook eersdaags in Engels beskikbaar sal wees.

Yewande Omotoso, author of Bom Boy, in conversation with Janet van Eeden

Janet van Eeden 2012-03-12 "I loved Omotoso’s flirtation with magic realism in some parts of the story and I look forward to more of this from her in the future. Her skill lies in the subtlety of her character creations. Omotoso is definitely an author to watch."

LitNet Akademies-resensie-essay: Melk ondermyn magstrukture

2012-03-08 Nina Botes neem die heruitgawe van Elsa Joubert se kortverhaalbundel Melk in oënskou en oorweeg die relevansie van die bundel vir die hedendaagse gehoor.

Vreemdeling: ’n plofbare versameling kortverhale

Suzanne Potgieter 2012-02-29 "... ’n versameling treffende kortverhale wat die leser konfronteer, onthuts en bowenal bybly lank na die bundel neergelê word."
Top