The Secret Race ondersoek fietsry se Armstrong-era

  • 0

Dié's nogal ’n maklike boek om te lees, vir seker lekker, maar moeilik om te beoordeel as die gedagtes wat in ? man se kop rondtrap niks (oukei, min) met die woorde in die boek uit te waai het nie, anders as die feit dat die boek baie oor doping in die fietssport praat.

Dit herinner my aan my geloof oor al die dinge wat in sakemanne se lewens, gekoppelde paartjies en op kerke se gestoeltes, dws alle sfere van die samelewing, so ryk en gereeld voorkom.

My seun van 12 het dit in ’n naweek deurgelees, maar onthou, hy is darem al lank genoeg onder my invloed om te weet dat daar niks soos heiligdomme en engele is, en geen podium waardig om by op te probeer klim nie, in enige en alle aspekte van die wêreld. Hy leer ook dat die werk wat hy doen, nie noodwendig op enige manier “beloon” sal word nie, maar dat hy altyd sal moet werk, en as daar elders so iets soos fancy belonings is, dat hy maar moet wag en kyk hoe dit eendag sal uitspeel. Deel van sportmanne, sakemanne en enige ander manne se probleem is dat hul iets wil bou waarop hul kan aftree, kan terugsit, en selfvoldaan kan glim. Hamilton weet nou dit werk nie so nie. (Ek ook.)

Hy bedryf ’n “one man show”-afrigtingskliniek in Colorado, en ry seker met ’n ou bakkie rond, of op sy fiets. Hy rig mense af wat nie in die boonste vlak deelneem nie, maar wat op ons Suid-Afrikaanse vlak darem ’n Argus onder vier ure sal wil aftrap. Sy lewe is game over wat die groot drome betref, maar hy kan darem sy kop hoog hou, ten spyte van die verstommende leuens wat hy kwytgeraak het nadat hy twee maal van fietsry verban is. Hy hou dus darem sy kop so half hoog oor hy gebieg het.

Die biegery is ’n ander les in die boek: dat jy mag verneuk, jy mag lieg, en dan kan jy (soort van) vergewe word. Dis amper soos Christenskap, en ander soortgelyke godsdienste/gelowe, waar mens darem ook kan aanstap na jy uitgevang word.

Halfpad deur boek het ek vir my (huidige) lewensmaat, en moeder van my (enigste) kinders, gevra of sy ook die boek sal lees. Sy is al verby halfpad, en vas in dit in. My hoop was dat sy iets meer van my sal verstaan en leer as sy die boek lees, eerder as om die heeltyd te wonder hoe ek so emosieloos deur die lewe kan gaan. Hamilton praat van die poker face. Dis lekker daai, om nie vir ’n girl wat jou oog vang, ’n mederyer, ’n windgat oorkant die boardroom-tafel, of enigiemand, te wys wat jy dink of voel nie. Coyle,
die skrywer in die sage, dek daai ene goed à la Hamilton.

Hulle maak ook die wêreld van die verneuker mooi oop. Sure, as jy die hele lange Armstrong-sage die laaste jaar op die interwebs gevolg het, en veral die laaste tyd die lange storie van die US se Drugfree-manne gelees het, wat ek betwyfel jy sou, dan kan jy maar dele van die boek op die rak agterlaat, en net die dele lees wat oor Hamilton se kinderdae, en sy agterna-dae, gaan.

Jy sou lekker kon lag vir die idee dat Hamilton se ongebore tweelingsibbe deel was van een van sy eerste verwere toe hy vir een of ander ding gevang was – dit verskyn nie regtig in die boek nie, buiten vir hom om te seg dat dit nie is wat hy bedoel het nie.

Hamilton het etlike jare in die geselskap van oa Lance Armstrong getrap, dele as sy spanmaat, en dele as sy opponent (in die meeste sportsoorte kan dit soms dieselfde ding beteken).

Daniel Coyle, die ou wat die boek aanmekaargetimmer het, het al tevore ’n paar boeke oor (fietsry in) die Armstrong-era aangepak, met sukses.

Die twee bou vir seker ’n malle storie, een wat die meeste mense nie sal, of wil, glo enigsins moontlik is nie.
 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top