Media 24 se boekpryse: die kortlyste

  • 0

Media24 ken vanjaar op 7 Junie boekpryse ter waarde van altesame R210 000 in ses kategorieë toe. Die prysgeld per kategorie is R35 000.

Hier is die kortlyste in die verskillende kategorieë:

Jan Rabie Rapport-prys vir vernuwende werk:

Bloedfamilie deur MS Burger (lees Dewald Koen se resensie hier).

Een stad, drie rooikoppe, sewe dae deur Adeline en Lili Radloff (lees Izak de Vries se blog hieroor).

Kaapstad karma-polisie ontmoet die Bokke deur Louis de Villiers (lees Joan Hambidge se resensie-essay).

Die res van die kortlyste lyk só:

WA Hofmeyr-prys vir beste Afrikaanse werk:

Die aanspraak van lewende wesens deur Ingrid Winterbach (lees Chris van der Merwe se resensie-essay).

Om die gedagte van geel deur Petra Müller (kyk na foto's van die boek se bekendstellingsgeleentheid).

Vaarwel, my effens bevlekte held deur Johann de Lange (lees Henning Snyman se resensie).

Herman Charles Bosman-prys vir ­Engelse werk:

Groundwork deur Rustum Ko­zain

Life Underwater deur Ken Barris

The Unlikely Genius of Dr Cuthbert Kambazuma deur Chris Wadman

Recht Malan-prys vir nie-fiksie:

Biko: A Biography deur Xolela Mangcu

Death of an Idealist deur Beverley Naidoo

External Mission deur Stephen Ellis

MER-prys, beste jeugroman:

Dreaming of Light deur Jayne Bauling

Hoopvol deur Derick van der Walt (lees Estelle Kruger se resensie).

Tot siens, koning Arthur deur Annelie Ferreira (lees Estelle Kruger se resensie).

MER-prys, beste geïllustreerde kinderboek:

Ben en die walvisse deur Ingrid Mennen, geïllustreer deur Irene Berg (lees onderhoude met die skrywer en die illustreerder).

Nina en die wacky hare deur Elizbe van der Colff, geïllustreer deur Chris Venter.

Princess Talia and the Dragon deur Helen Brain, geïllustreer deur Vian Oelofsen.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top