Gustaf Pienaar: Regsalmanak
![]() Gustaf Pienaar is 'n boorling van Brits, 'n oud-Volkie (Heidelbergse Hoër Volkskool) en een van die pionierstudente (1968) van die Randse Afrikaanse Universiteit (RAU), deesdae UJ. Na 'n loopbaan van 11 jaar by die SAUK as omroeper by die destydse Afrikaanse radiodiens en later as bestuurder: Uitsaainavorsing het hy hom as prokureur bekwaam en 27 jaar lank in daardie hoedanigheid te George gepraktiseer. Hy is in 2012 as advokaat van die Hooggeregshof toegelaat, maar koester geen ongesonde ambisie om aktief as sodanig te praktiseer nie – daarvoor put hy te veel vreugde uit sy aftreejare te Vleesbaai, saam met Corlina, sy vrou van byna 40 jaar. Hul het drie kinders en daar is ook al 'n drietal kleinkinders. |
Regsalmanak: Padwoede is nie die "nuwe normaal" nie
2016-11-14"Dit het meer as een keer gebeur, en toe die twee motoriste albei by ’n verkeerslig stilhou, het Eadie uitgeklim, ’n hokkiestok uit sy motor gehaal en op die ander ou afgestorm."
’n “Fratsongeluk” is selde regtig ’n “frats”
2016-07-12"Baie van die sogenaamde fratsongelukke beland uiteindelik tog wel in ons howe sodat besluit kan word of daar tog nie maar êrens in die ketting van gebeurtenisse iemand was wat in een of ander opsig nalatig was nie."
Oscar Pistorius – vir laas: Voorste strafregkenner krities oor appèlhof se uitspraak
2016-07-06"Volgens ons reg moet ’n beskuldigde die voordeel geniet as daar meer as een redelike afleiding uit bewese feite gemaak kan word."
Advokaat Oswald Pirow
2015-08-13"'My boy,' het Pirow die jong prokureur gerusgestel, 'you insert the digit, I will add the nought.'"
Oliver Deneys Schreiner: appèlregter met ‘n voorliefde vir Packards
2015-08-05"'Mr Rosenberg,' het hy gesê, 'I thought that the business of this company was boiling soap, not cooking the books!'"
Marlene Lehnberg, die skêrmoordenaar
2015-07-28"Die ouer lesers onder ons sal ongetwyfeld nog die opspraakwekkende moordverhoor van Marlene Lehnberg en haar handlanger, Marthinus Choegoe, onthou."
Skuldig! Aan 'n poging om 'n misdryf te pleeg ...
2015-07-20"In Schoombie se geval het die appèlhof beslis dat hy wel aan poging tot brandstigting skuldig was."
Aangeklamde uiltjieknippende regter
2015-07-13"Daar was heelparty klagtes teen regter FitzPatrick, onder meer dat hy sy plig sou versuim het deurdat hy die openingsdag van die rondgaande hof op Oudtshoorn, 24 Maart 1877, sou uitgestel het sodat hy 'n plesiertog na Knysna kon onderneem."
Slim Jannie se Rooi Eed
2015-07-07"Broodryk het daarna 'n aksie teen genl Jan Smuts in sy hoedanigheid as eerste minister en minister van verdediging ingestel waarin hy die hof versoek het om die ooreenkoms wat hy met die Unieregering gesluit het toe hy die Rooi Eed onderteken het, ter syde te stel."
Op die spoor van Barend van Niekerk
2015-06-25As skoolseun skryf hy 'n brief vir DF Malan. Wat het daarna van Barend van Niekerk geword?
Regsalmanak: Stemparade
2015-06-24"Met 'n stemparade, het die regter beslis, behoort die stem ook uitgeken te word onder 'n aantal ander stemme, anders het die uitkenning nie veel waarde nie."
Regsalmanak: Met die maan gepla
2015-06-10"Wat hy dus in wese betoog het, is dat die regter self 'n almanak by die datum van die voorval kon oopmaak, kon kyk of dit daardie aand volmaan was of nie, en dit as 'n tersaaklike feit in ag kon neem. Nou wat is 'n regterlike kennisname?"
Regsalmanak: Drie vroue "pleeg" gholf
2015-06-03"Tog het iets lelik skeefgeloop met mev Welsh se slaanslag. Die bal het na regs gevlieg en mev Clark op die linkeroog getref. Die skade aan haar oog was so ernstig dat die oog verwyder moes word."
Regsalmanak: Besproeiingspype
2015-05-20Aan wie het dié plaas se besproeiingspype behoort, en hoekom?
Regsalmanak: "Vermoede van dood"-bevel
2015-05-13"'n Goeie voorbeeld van 'n 'vermoede van dood'-aansoek vind ons in die 1993 Suid-Afrikaanse Hofverslae. Ene mnr Govender was 56 jaar oud toe hy in die winter van 1985 sy huis in Chatsworth in Durban verlaat het. Sedertdien het niemand hom weer gesien nie – nie sy familie of vriende nie en ook nie sy kollegas by die fabriek waar hy gewerk het nie."
Die paar ure wat Suid-Afrika sonder 'n staatshoof was
2015-05-06"Slim regsgeleerdes het daarna gewonder wie Suid-Afrika se staatshoof was gedurende die paar uur tussen die geboorte van die Republiek om middernag op 30 Mei 1961 en mnr Swart se inhuldiging 'n paar uur later op die oggend van 31 Mei ..."
'n Destydse uitspraak oor die "rooi gevaar"
2015-04-28Dis die week ná Vryheidsdag en in hierdie rubriek skryf Gustaf Pienaar oor hoe Suid-Afrikaners vroeër jare ingeperk was om sosiaal te verkeer weens hul politieke standpunte.
Pligsversuim
2015-04-21"Nege dae lank het die boot hulpeloos op die see rondgedobber totdat dit naby Lambertsbaai in 'n storm op die rotse geloop het. Al agt bemanningslede, onder wie ene Maweza, het verdrink."
’n Perd se prys, ’n donkie se diens
2015-04-14"Hulle sê trou is nie perdekoop nie. Maar as 'n mens kyk na al die moeilikheid wat arme mnr Macdonald van Johannesburg gehad het toe hy by sy buurman – ene generaal Von Mellenthin – 'n perd gekoop het, dan wil dit wraggies lyk of perdekoop soms 'n groter risiko kan wees as om voor die kansel te loop staan."

