Op die redakteur se lessenaar

Nuut by Tafelberg: Donkermaan deur Jaco Wolmarans

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-09-10

1991. Israel is in die kruisvuur van nuwe langafstand-missiele uit Lebanon. Mossad moet dringend ’n antwoord vind – en ’n geskikte rekruut vir ’n uiters sensitiewe operasie: die diefstal van broodnodige radartegnologie by die Suid-Afrikaanse Lugmag, as teenvoeter vir Siriese missiele. 

Nuut by Tafelberg: Sekelmaan deur Jaco Wolmarans

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-09-10

’n Groep jong Suid-Afrikaanse Jode, die teiken van ’n terreuraanval in Kaïro, is die vlam in ’n kruitvat vir grootskaalse oorlog in die Midde-Ooste. In die middel daarvan is die joernalis Ruby Heyns in besit van verdoemende inligting wat die skaal in dié konflik kan swaai. 

Nuut by Tafelberg: Kronkelpad deur Irma Joubert

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-09-10
’n Deernisvolle roman oor die kronkelpaaie van die lewe en die liefde. Marco Romanelli, ’n Italianer wat in ’n konsentrasiekamp was, gaan woon in 1948 om gesondheidsredes in die Bosveld. Daar ontmoet hy vir dr Lettie Viljoen. Die liefde blom tussen hulle ... maar dan breek die polio-epidemie van die jare vyftig uit.
 

Nuut by Tafelberg: Life is ’n biets deur Faeed Amardien

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-09-10

Leonardo word groot in ’n arm, maar liefdevolle gesin. Wanneer sy pa en kleinboetie in ’n ongeluk sterf, verander alles. Leonardo loop weg en beland by ’n groep straatbewoners. Rodger, ’n ou Engelsman, word vir hom soos ’n vaderfiguur. Wanneer Rodger siek word en Leonardo hom in die hospitaal besoek, ontdek hy iets onverwags. 

Nuut by Pan Macmillan: Jou kans om te dans deur Refilhoe Moahloli

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-09-02

Zazi se groot droom is om te dans, maar sy is te bang om te probeer. Sê nou sy is nie goed genoeg nie? Wat sal mense sê? Met die aanmoediging van haar ouers skuif Zazi haar vrese opsy en skraap die moed bymekaar om na haar hart te luister. Jou kans om te dans is ’n inspirerende storie oor hoe om jou drome te volg en ander mense toe te laat om jou by te staan op jou reis.

New from Tafelberg: When the world was by Pippa Skotnes

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-09-02

In the beginning before time began, the world was alive with possibilities. Animals were people, people could command the wind and the rain, and the sun had the power of speech. Many languages were spoken and stories, carried by the breath of those who spoke them, floated on the wind. But then things changed and the world lost its magic. This book tells a story of wonder and loss and the possibility of redemption.

Nuut by Lux Verbi: Paris, ’n prinses met ’n missie deur Demi-Leigh Tebow

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-09-02

Prinses Paris het ’n besige dag voor haar. Maar as haar kroon gesteel word, is Paris bang dat sy nie die koning sal kan verteenwoordig nie. Sy ontmoet luiperde, ’n olifant en ’n buffel en sy besef dat elkeen ’n unieke probleem het. Maar sal sy hulle kan help? Kom saam op hierdie Afrika-avontuur met Paris, Kobe en Chunk (die hele Tebow-familie) en besef dat om ander te help die belangrikste doel van alles is.

Nuut by Human & Rousseau: Tjoppie se sussie deur Liz de Villiers

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-09-02

Tjoppie is baie opgewonde – maar ook ’n bietjie op sy senuwees – om ’n nuwe lid van hulle gesin te verwelkom. Toe die voordeur uiteindelik oopgaan, sien Tjoppie ’n oulike klein hondjie met ’n pienk rokkie aan. Dit is sy nuwe sussie, Tjippie! Tjippie lyk baie bang. Maar Tjoppie en sy beste maat Fluit-Fluit sal haar sommer gou tuis laat voel.  

Nuut by Human & Rousseau: Tjoppie gaan skool toe deur Liz de Villiers

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-09-02
Dit is Tjoppie se eerste dag by sy nuwe speelskool. Hy is baie opgewonde! Juffrou Snuffel verwelkom hom in sy nuwe klas en hy maak gou nuwe maats: Bollie, Bekkie en Blits. Hulle verf en speel lekker. Tjoppie hou baie van skool! 
 

Nuut by Human & Rousseau: Hondman 6: Wild en woes deur Div Pilkey

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-09-02

Voel jy ooit asof jy nie heeltemal inpas nie? Jy is nie alleen nie! In die nuutste Hondman staar ons dapper hond sy grootste uitdaging nog in die gesig. Hondman word onregverdig beskuldig en tronk toe gestuur. Terwyl sy vriende sy onskuld probeer bewys, moet Hondman uitvind waar hy werklik hoort. Kan hy sy plek in beide die honde- en mensewêreld vind?

Nuut by Lapa: Die dertiende dag in Chengdu deur De Wet Hugo

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-08-27

Henk en sy ma het na Chengdu in China verhuis. Henk is nogal ’n senuweeagtige kind en hy het allerhande bygelowe – bo-aan die lys is die nommer 13. Wanneer die hysbak in hul woonstelgebou aanhou om by die 13de verdieping te stop en Henk begin knipperende oë in die donker sien wanneer die deure oopgaan, beteken dit sekerlik dat die spook van Sarah Mallory hom teister, nie waar nie? Hoekom anders gebeur allerhande vreemde en onverklaarbare dinge met Henk in hierdie land vol mites en legendes? 

New from Tafelberg: Confessor Cop: The detective who persuaded killers to talk by Jonathan Morris and Michael Behr

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-08-27

Captain Jonathan Morris, the Confessor Cop, used empathy to extract confessions from even the toughest criminals. With a 99% success rate, his cases, from catching serial killer Jimmy Maketta to investigating the Sizzler’s Massacre, earned him the respect of prosecutors and profilers. In this memoir, Michael Behr explores Morris’s high-profile investigations and personal struggles, revealing the man behind the badge in a gripping blend of true crime and personal story.

Nuut by Naledi: die helfte is jou nie vertel nie deur Thérèse Bartman

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-08-27

In die helfte is jou nie vertel nie verken Thérèse beide die noodsaaklikheid én beperkings van die geskrewe woord. Sy keer terug na die orale, klankryke tradisie van poësie – veral as dit gaan oor die ervarings van mense wat nie kon lees of skryf nie, of wat deur die gemeenskap stemloos gelaat is. Daarom het Thérèse met Jitsvinger saamgewerk om "klankbane" te skep vir elf van haar gedigte.

Nuut by Tafelberg: Wie de hel is Johnny Joubert? deur Dana Snyman

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-08-20

Dana Snyman se verbintenis met rugby kom van ver af. Op vier woon hy saam met sy pa ’n eindstryd op Coetzenburg by, en hoor hy die naam Dawie de Villiers vir die eerste keer. Kort hierna kry hy sy eerste rugbybal, ’n geskenk van Dok Craven ... Van klubrugby op stowwerige dorpsvelde tot die glorie van drie Wêreldbekers; dis stories dié wat aankom oor ’n leeftyd. Wie de hel is Johnny Joubert? is – nes rugby – kleurryk, sonder fiemies, en eg Suid-Afrikaans. 

Nuut by Lapa: Lara se nare prinseshare deur Fanie Viljoen

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-08-20

"Jou nuwe haarstyl vang vlieë!" sê Ronita Snotnagel. Lara Winters is baie opgewonde. Vandag gaan sy haar hare by die gewilde Gilda Glinster sny. Lara ontwerp sommer self haar haarstyl. Oe, sy gaan soos ’n prinses lyk! Maar dan gaan iets verkeerd. En Lara kry die aakligste haarstyl ooit. Jip, een wat regtig vlieë vang. Hoe kon dit so verkeerd loop? Hoekom het sy nare prinseshare gekry? Net Ronita Snotnagel weet ...

Nuut by Naledi: Alles van waarde is weerloos deur Melanie Grobler

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-08-20

Alles van waarde is weerloos is die bekroonde digter Melanie Grobler se vyfde digbundel. In haar kenmerkende liriese en beeldryke digterstem word die temas van tyd, verganklikheid, verlies en vernuwing wat ook in haar vorige werk ondersoek word, verder verdiep. In hierdie bundel fokus sy veral op gedigte oor die heengaan van haar lewensmaat.

Nuut by Naledi: Die (vreemde) einde van ’n koerant deur Barnard Beukman

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-08-20

Lesers, redaksielede en adverteerders moes toekyk hoe ’n vreemde en teenstrydige reeks gebeure rondom die sluiting van Beeld afspeel. Barnard Beukman probeer van die onbeantwoorde vrae beantwoord – ook deur heelwat te onthul van wat in die gange en raadsale van Media24 en Beeld afgespeel het ...

Nuut by Naledi: Oorkant deur PJ Haasbroek

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-08-20

Hoe vergoed ’n seun uit ’n arm gemeenskap vir ’n ongeluk waaraan hy aandadig is? Sy skuldgevoel vir die dood van ’n vriend dryf hom deur sy skool- en universiteitsjare. Hy word betrek by ’n studenteopstand, beleef selfs die geweld van die Mosambiekse bevryding. Nooit kry hy ’n kans om te help nie. Dan word hy gewerf om mediese opleiding in Kuba te ondergaan. Shando begin sy nuwe lewe onder die Selk’nam Indiane van Tierra del Fuego, ’n primitiewe gemeenskap van jagters, vissers en versamelaars van veldkos. Watter rol is daar vir hom in die afloop van hulle geskiedenis? Kan hy hulle help oorleef?

Nuut by Hemel & See: Sjoe! deur Petrovna Metelerkamp

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-08-20

Met hierdie langverwagte boek deel Petrovna Metelerkamp haar herinneringe, wat die geskiedenis van haar herkoms en haar persoonlike ervarings oor baie dekades insluit.

Nuut by Penguin: Die pynlik patetiese lewe van Lottie Brooks deur Katie Kirby

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-24

Lottie Brooks is byna 12 jaar oud en haar lewe is amptelik verby. Sy gaan amper hoërskool toe sonder enige vriende aan haar sy of ’n swierige kapsel. Boonop het sy besef dat sy te plat is om ’n BRA te dra! Sy kan maar net so wel opgee en hiberneer saam met haar hamsters.

Top