Op die redakteur se lessenaar
Nuut by Naledi: Vryval deur Pieter Hugo
2026-06-17Soos in sy debuutbundel, werk hy met formele digvorme, vrye verse en visuele gedigte.
Nuut by LAPA: Die tusseninners deur Zelda Bezuidenhout
2026-06-17Die tusseninners, ’n skreeusnaakse en geloofwaardige nuwe grootwordverhaal uit Zelda Bezuidenhout se pen, is vir almal wat nie inpas op hoërskool nie en maar net in die spasies tussen-in oorleef.
Nuut by LAPA: Rebekka van Kameeldoornplaas deur Irma Joubert
2026-06-10"Maar haar versukkelde, verminkte pa 'verkoop' haar aan die Wright-gesin. Nou moet sy haar land en mense agterlaat om in Engeland kinderoppasser te word. In die sprokiesmooi Oxford moet sy haar voete in die volksvreemde vind."
Nuut by Queillerie: Die vrou met nege lewens deur Debbie Loots
2026-06-10Op die drumpel van sestig sukkel die hoofkarakter van Die vrou met nege lewens om rus in haarself te kry. Die enigste konstante blyk haar sorg van katte te wees, wat soos ’n draad deur haar lewe loop.
Nuut by Naledi: Tussen asem deur Hannes Visser
2026-06-03In sy tweede digbundel, tussen asem, besoek die digter die gedagte dat die heel eerste asem van ’n lewe die begin van die heel laaste asem is. Tussen die eerste en laaste asem is ’n reis wat onderneem word.
Nuut by LAPA: Die fluisteraar deur Jacolet van den Berg
2026-06-03Kato word opgekommandeer na Uganda om ’n woud daar te probeer red. Hy wil glad nie gaan nie, maar hy het nie ’n keuse nie. Dit grief hom die meeste – dat hy uitgelewer is aan ’n mag buite sy beheer.
Nuut by LAPA: Die seun met die swaeltjie deur Fanie Viljoen
2026-06-03’n Slegte ding gebeur in hulle gesin: Eers met sy ma. En toe met sy pa. Tumelo en sy sussies bly alleen agter in hulle sinkhuis in die township. Wat gaan hy nou doen? Hulpeloos bly lê? Of kan hy weer vlieg?
Nuut by Protea: Gebed van ’n halfmens deur Nicola Hanekom
2026-05-29Die filosoof Wittgenstein het gesê dat die menslike liggaam die mees akkurate skets van ’n mens se siel is. So, wat gebeur as tegnologie binne ons biologie geïntegreer word? Hoe beïnvloed dit ons evolusie?
Nuut by Human & Rousseau: Soek in die boek: Feetjieland deur De Wet Hugo
2026-05-21Welkom in ’n betowerende sprokieswêreld! In Feetjieland wag ’n skatkis vol avonture: dans saam met die eenhoring, speel saam met die feetjie en maak maats met ’n prinses.
Nuut by Human & Rousseau: Soek in die boek: Goeters wat gaan deur De Wet Hugo
2026-05-14Welkom by ’n opwindende reis met voertuie op land, water en in die lug! Elke bladsy bied ’n nuwe avontuur: ’n fiets met ’n klokkie wat lui, ’n groot geel bus vol passasiers en ’n stoomtrein wat op die spore ry.
Nuut by Human & Rousseau: Wat ruik so? In die huis deur Buddy en Barney
2026-05-14Ontdek die skuldige agter die gesin se geheimsinnige reuk! Laat jong lesers elke huishoudelike verdagte ondersoek.
Nuut by Naledi: Van Oekraïne tot Iran deur Evert Buurman
2026-05-07Die verhale in hierdie bundel spruit uit die skrywer se voorliefde vir geskiedenis en argeologie en reise wat onderneem is vir doeleindes van navorsing oor die oudste strata van die mensdom se geskiedenis.
Nuut by Naledi: Beauty deur Réna Rauch
2026-05-07Party vroue droom van eerste soene. Ander word beroof van daardie onskuld lank voordat hulle kan droom.
Nuut by Naledi: Basjan se flessie vir depressie deur Joe Kleinhans
2026-05-07Basjan vat af en toe ’n sluk uit sy flessie vir sy kom-en-gaan-depressie. Die flessie word sorgvuldig uit Blom se oog weggesteek. Dis in elk geval net ’n noodflessie.
Nuut by Pan Macmillan: Die straatpartytjie deur Refiloe Moahloli
2026-04-30In die middel van die nag val ’n reusedenneboom om. Rorisang en Morena se gesin is nou sonder krag. Hul Saterdagplanne word verwoes, maar pappa en mamma het ’n idee vir gratis pret by die huis: mgusha, ’n springspeletjie. Gou sluit al die kinders in die straat by hulle aan, wat die speletjie in ’n straatpartytjie en ’n kampioenskap verander.
Nuut by Human & Rousseau: Wat ruik so? Op die plaas deur Elsa Silke, Buddy en Barney
2026-04-29Wie woon almal op die plaas? Die diere daar is almal maats. Maar al waaroor hulle heeldag praat, is wie die stinkste wind kan laat! Op ’n pretreis deur die plaas word elke verdagte een vir een ondersoek, van die skaap wat na koekies ruik tot die hen wat na springmielies ruik. Kinders sal van begin tot einde giggel!
Nuut by Naledi: Kaiings deur Daniël Louw
2026-04-23Waarheid en wysheid is twee karperde wat weet dat dit in die ritme van lewe nie altyd klopdisselboom gaan nie.
New from UJ Press: Nostalgia After Apartheid: Disillusionment, Youth, and Democracy in South Africa by Amber R Reed
2026-04-23In this engaging book, Amber Reed provides a new perspective on South Africa’s democracy by exploring Black residents’ nostalgia for life during apartheid in the rural Eastern Cape.
Nuut by Human & Rousseau: Lotta se lewe 15: Otters oral! deur Alice Pantermuller en Kobus Geldenhuys
2026-04-23In Otters oral! is Lotta se beste vriendin, Chantelle, in die wolke, want haar ma het ’n man op ’n webwerf vir pasmaats ontmoet. Nou wil sy sommer vir almal ’n pasmaat soek! Miskien kan Lotta haar daarvan laat vergeet deur haar in die middel van die nag op ’n otter-avontuur te vat...
Nuut by LAPA: In my ander lewe is ek Ellie deur Nerine Ahlers
2026-04-16Hoe lank voordat Liam van die buurplaas haar geheim begin ontrafel? ’n Pragtige tienerroman oor self-ontdekking, genesing ná ’n familielid se dood en om jou identiteit te vind wanneer baie dinge onseker voel.
