Op die redakteur se lessenaar

Nuut by Naledi: Geweld teen vroue: Dit is tyd dat mans begin praat

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-11-17

Saamgestel deur Bernard Lategan, Jody Hendricks, Willemien Brümmer, Kopano Ratele en Chris Jones: "Aangesien geweld gedy wanneer omstanders niks doen nie, wil ons (as mans) onsself daartoe verbind om alle vorme van gedrag wat die waardigheid van vroue aantas aan die kaak te stel en ons daarteen te verset, ongeag of dit tuis, in die werksplek of in sosiale ruimtes voorkom."

Nuut by Pharos: Senior tweetalige skoolwoordeboek

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-11-17

Die Senior tweetalige skoolwoordeboek (graad 10–12) bevat 50 000+ trefwoorde. Die uitleg en sorgvuldige taalleiding steun suksesvolle vertaling en kommunikasie in beide Afrikaans en Engels.

Nuut by Naledi: Deur die tonnel van twyfel deur Koos Kombuis

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-11-17

Koos vertel in Deur die tonnel van twyfel iets van sy eie reis as self-erkende “weeskind van die kosmos”. Hy beskryf ook, sonder om te oordeel, sommige van die alternatiewe wat mense aangryp in hul soektog na ’n sinvolle geestelike verwysingsveld, soos ateïsme, die I-Ching, evolusie, asook die charismatiese opsie.

Nuut by Human & Rousseau: Siembamba deur Madelein Rust

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-11-02

Siembamba is ’n naelbyt-riller. Angswekkend, aksiebelaaid en propvol onvoorspelbare intriges.

New from Kwela: Sunshine and shadows by Busisekile Khumalo

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-11-02

Vimbai's carefully orchestrated life takes a nosedive when her secrets are held against her.

Nuut by Naledi: ’n Lewe hier deur Robert Vosloo

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-11-02

Hoe eien ons hierdie lewe, hiér en nóú, toe as óns lewe? Hoe onthou ons die verlede reg? Wat behels ’n lewe – ook ’n lewe saam met ander – wat in die teken van genade en dankbaarheid staan? Hoe praat ons oor hoop te midde van donkerte en angs? Hierdie is van die vrae wat in ’n Lewe hier ter sprake kom.

New from Jonathan Ball: Insights into the Rugby World Cup by Nick Mallett and Lloyd Burnard

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-10-27

The Rugby World Cup is the pinnacle tournament for players, coaches and fans alike. Former Springbok coach Nick Mallett has analysed and debated rugby for over 30 years. Known for his brilliant and often forthright commentary, gathered here is a collection of his ideas and opinions and anecdotes for the coming Rugby World Cup.

New from Melinda Ferguson Books: My big fat Greek taverna by Costa Ayiotis

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-10-27

In a moment of madness, Costa Ayiotis, a former United Nations diplomat, quits the Joburg rat race and opens a Greek taverna in Hout Bay. The local barflies and village idiots predict his demise in a notoriously fickle seasonal town. He is determined to prove them wrong. In this refreshingly hilarious rollercoaster of a ride, Costa's fiery Greek temperament is tested by a constant stream of customers from all corners of the planet. A book for anyone who ever yearned to escape from it all.    

New from Jonathan Ball: Risking life for death by Ryan Blumenthal

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-10-27

In Risking life for death, South African forensic pathologist Ryan Blumenthal offers a master class in this singular forensic technique based on real-life case studies. With more than twenty years’ experience in the field, Blumenthal explains how to look for clues and traces, and how what he does not find at autopsy is often more important than what he does find.

Nuut by Protea: Reinaard die vos vertaal deur HJ Pieterse

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-10-27

Ook versoek ek u dat u versigtig
moet wees, op u hoede vir verraad.
Hy is boosaardig en wreed, Reinaard:
Hy sal u deurentyd vlei en belieg;
as hy kan, sal hy u bedrieg
met leuenagtige en vriendelike woorde; voor God,
as hy kan, sal hy u bedot.

Nuut by Protea: Marius Weyers: ’n lewe deur Chris Vorster

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-10-27

Chris Vorster se splinternuwe biografie handel oor ’n akteur wat diep spore in ons vermaaklikheidswêreld getrap het en met wie hy al ’n lang pad loop.  Die eindproduk is ’n intieme blik op ’n omvangryke loopbaan en ’n lewe gelééf. Hy vertel snaakse staaltjies van hoe erg dinge kon skeefloop, en onthou die mentors op sy pad. Deur al die stories heen loop daar egter ’n goue draad: die liefdesverhaal van Marius en sy vrou, die beeldhouer Evette, wat onlangs oorlede is.

Nuut by Protea: Drie deur Hans Pienaar

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-10-27

Die tienjarige Jaco Blignaut se lewe verander wanneer hy een Saterdag ’n rugbytoets teen die Franse bywoon. Daarna leef, eet en drink hy die spel. Maar hy kom gou agter dat rugby om meer as net die plesier van skop, breek en lak gaan.

Nuut by Queillerie: Hans kry troukoors deur Rudie van Rensburg

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-10-19

Hans het geen begeerte om ná soveel jare alleen weer vrou te vat nie. Maar alles verander toe ’n nuwe inwoner, Liefiediefie, in Huis Madeliefie land. Met haar Marilyn Monroe-gesiggie en Jane Fonda-lyfie veroorsaak sy ’n heidense herrie onder die mans en roer sy iets in Hans se gemoed los.

Nuut by Tafelberg: Derick Hougaard: Die ware storie van die Liefling van Loftus deur Brenden Nel

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-10-19

Op die bloedjong ouderdom van 19 verower Derick Hougaard die Curriebeker vir die Blou Bulle. Maar toe begin die dobbelstene verkeerd val.

Nuut by Tafelberg: In die Nimmer-Immer-Bos deur Linda Rode, geïllustreer deur Fiona Moodie

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-10-12

Reis saam na die Nimmer-Immer-Bos, waar ’n wêreld van stories wag!

Nuut by Naledi: Joernaal deur Clinton V du Plessis

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-10-12

Clinton V du Plessis is gebore op Kookhuis. Sy vader was ’n spoorweg-arbeider en sy moeder, aan wie hierdie bundel opgedra is, was ’n huisvrou wat nie kon lees of skryf nie.

New from Umuzi: Place by Justin Fox

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-10-03

From the mountainous eastern Karoo of Olive Schreiner to the big-game lowveld of Sir Percy Fitzpatrick, from Deneys Reitz’s wide-open Cape interior to the bushveld of Eugène Marais’s Waterberg, Fox reveals the majestic power of place.

Nuut by Human & Rousseau: Help, help deur Nataniël

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-09-29

Hierdie jongste versameling van Nataniël bevat 29 stories – 5 in  Engels, 24 in Afrikaans. Verskeie van die stukke is verwerk uit Nataniël-produksies oor ’n periode van drie jaar.

Nuut by Human & Rousseau: Die Sproetebessies en die skedel in die spookmis deur Troula Goosen

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-09-29

Die Sproetebessies kry vakansiewerk op Spookkuil, ’n luukse gasteplaas in Bobbejaanskloof naby 'n kuil waaruit daar snags 'n grillerige mis opstyg. Eintlik moet hulle uitvind wie van die eksentrieke gaste met die eienaar se raar fossielversameling peuter. 

Nuut by Human & Rousseau: Kanniedood deur Joha van Dyk

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-09-29

Dis die Branderjaers se matriekjaar en Ben wou sy kop laag hou. Maar dinge loop van die begin skeef. ’n Ou bendeleier is terug in Breekwater en Ben en sy suster Kalla word gekonfronteer met ’n legacy waarvoor hulle nooit gevra het nie; met oorlog. Die nag wat Kalla in die niemandsland aangeval is het alles verander.

Top