Op die redakteur se lessenaar

Nuut by Penguin: Doodgewoon mevrou Smit deur Elizabeth Wasserman

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2026-04-02

Bendes in die Kaap is weer op mevrou Smit se spoor. Sy sal self moet ingryp as sy haar doodgewone lewe wil behou.

Nuut by Human & Rousseau: Kleinkat 2: Perspektief deur Dav Pilkey

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2026-04-02

Welkom terug in die kreatiewe wêreld van Kleinkat se strokiesklub waar een-en-twintig paddavissies die kunsklas onderstebo keer! 

Nuut by Penguin: Onder die kremetartboom deur Roslynne Toerien

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2026-03-26

Met liriese taal en asemrowende illustrasies bring Onder die kremetartboom hulde aan die skoonheid van Afrika en die harmonie van die natuur.

Nuut by Tafelberg: Aan die hemeltrans deur Anton Roodt

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2026-03-25

Dié instelling, geleë in wat eens die vrugbare mieliedriehoek in die Vrystaat was, bied jaarliks ’n Passiespel aan waarop hulle alle hoop vestig vir finansiële oorlewing. Maar die dinamiese JC van Schouwenburg, wat die hoofrol vertolk, het onverklaarbaar verdwyn.

New from Flyleaf: We, the People – 30 Years of Art and Democracy in South Africa by Liese van der Walt

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2026-03-25

What does South Africa look like 30 years after its first democratic election? We, the People bring together 70 contemporary artists and over 100 works that actively engage, challenge, and reimagine our political life.

Nuut by Tafelberg: Biltong en Dior deur Louis Jansen van Vuuren

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2026-03-18

As grootoog seun in die ou Oos-Transvaal het Louis Jansen van Vuuren nooit kon dink dat hy eendag ’n château in die Franse platteland sou besit nie.

Nuut by Pan MacMillan: Rorisang & Morena: Hoera! Dis Vakansie! deur Refiloe Moahloli

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2026-03-11

Dis skoolvakansie. Rorisang en Morena se neefs Wande en Litha bly by hulle. Mamma neem hulle na die rolskaatsbaan, waar hulle almal baie pret het. Die seuns jaag, en Morena wen, maar hy leer gou dat trots voor ’n val kom ...

Nuut by Queillerie: Einde en begin deur Michèle Meyer

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2026-03-11

Op ’n sendingstasie in die destydse Rhodesië beleef die kind Marié die wêreld om haar met verwondering, humor, nuuskierigheid en, soos sy ouer word, met groeiende ontnugtering.

Nuut by Naledi: Gertuida Gans leer ’n les deur Halrike Breytenbach

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2026-03-05

Gertruida Gans woon saam met haar ouers by Vygieboomdam. Sy verontagsaam Pappa en Mamma Gans se reël, verdwaal en beland amper in groot moeilikheid. Gelukkig kom Hanna Hadida tot haar redding. 

Nuut: The poetry whisperer’s workshop, saamgestel deur Elsibe Loubser McGuffog

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2026-03-05

Die digbundel is ’n geskenk aan die deelnemers van die werkswinkel en ook ’n groot dankie aan Iziko (wat my geborg het), sowel as die gassprekers.

New from Pan Macmillan: Falls the shadow by Mike Nicol

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2026-03-05

Close her down, comes the order from on high. Kill her, in other words.

New from Jonathan Ball: Pillow talk by Nivashni Nair Sukdhev

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2026-02-26

Pillow talk is the first of a series set in the fictional town of Rally in KwaZulu-Natal from the new queen of South African romance.

Nuut by Human & Rousseau: Die ooggetuie deur Wilna Roux

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2026-02-26

Julia is die kamerprokureur in Izak Marais se regspraktyk op Worcester. Wanneer hy die oggend voor ’n groot hofsaak ineenstort, moet Julia dringend sake beredder – ten spyte van die feit dat sy gesweer het sy sit haar voete nooit weer in ’n landdroshof nie.

Nuut by Human & Rousseau: Die avonture van Helga Roets deur Riaan Grobler

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2026-02-26

Helga Roets woon al ses jaar by Silwerhare Aftreeoord, maar danksy haar motortjie bly sy bedrywig. Wanneer sy deur die oogarts met makulêre degenerasie gediagnoseer word, is Helga raadop. Dis dan so ’n bedrywige week wat voorlê, twee begrafnisse en ’n troue in die Paarl!

Nuut by Naledi: Doller as kopaf deur William Oosthuizen

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2026-02-26

Doller as kopaf bied ’n knipoog-kykie na die doen en late van ’n groep afgetredenes in ’n luukse, maar uiters saai, aftreeoord.

Nuut by Human & Rousseau: Volmaan in Baviaanskloof deur Jeanette Stals

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2026-02-19

Die oggend van volmaan begin Fransien haar tog na die berg se kruin en onder die waaksame blik van die maan gebeur iets wat Fransien se lewe onherroeplik verander.

Nuut by Tafelberg: Vier seisoene kind deur Wilna Adriaanse

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2026-02-19

Die woord weduwee is ’n verdrietige woord, ’n toestand waarmee sy haarself met moeite vereenselwig. Hier waar Cato in die vliegtuig sit, is dit ongelukkig haar werklikheid.

Nuut by Naledi: Duifblou deur Mariane le Roux

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2026-02-19

Die polisieondersoek en uiteindelike hofsaak veroorsaak verdere trauma, maar een middag is Duif net daar. Alwyn ontferm hom oor die beseerde geveerte. Hierdie teer daad bring ’n nuwe, betekenisvolle wending aan hoe hy en sy ma hulle rousmart verwerk.

Nuut by Naledi: Die oeroue deur Etienne Lombard

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2026-02-19

Wanneer inwoners begin verdwyn, laat hulle slegs vreemde swart as agter op hul lakens, en Sandra ontdek dat haar voorouers diep verweef is met ’n oeroue entiteit wat elke dertig jaar uit sy sluimering ontwaak om sewe siele te eis.

Nuut by Human & Rousseau: Sneeuwitjie en die sewe dwergies

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2026-02-19

Wanneer die wrede koningin van haar ontslae wil raak, bevind Sneeuwitjie haar diep in die woud. Daar kom sy af op ’n fraai huisie waar sewe dwergies woon. Hulle nooi haar om by hulle te bly, maar wat as die koningin daarvan uitvind?

Top