Nuut by Naledi: Beauty deur Réna Rauch

  • 0

Ná ’n huwelik van agtien jaar, vra die akademikus, joernalis en ma, Catherine Haig, haar man vir ’n egskeiding.

Watter rol speel ’n geheim en ’n belofte in haar jeug hierin? Het die redakteur van die koerant vir wie sy ’n rubriek skryf ’n té groot invloed op haar? En waar pas haar komplekse vriendin in die prentjie?

Catherine bevraagteken die stilte rondom die geweld teen Zoeloevroue, en dit plaas haar in die kollig – en in gevaar.

Wanneer ’n voormalige sekswerker haar pad kruis, word Catherine gedwing om ongemaklike waarhede oor mag, skuld en vrouwees in die oë te kyk. Party vroue droom van eerste soene. Ander word beroof van daardie onskuld lank voordat hulle kan droom.

Beauty bly jou by. Dit is ’n verhaal van moed, menslikheid en die prys van waarheid – in ’n wêreld waar stilte soms veiliger is as eerlikheid.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top