Op die redakteur se lessenaar

Nuut by Naledi: Die (vreemde) einde van ’n koerant deur Barnard Beukman

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-08-20

Lesers, redaksielede en adverteerders moes toekyk hoe ’n vreemde en teenstrydige reeks gebeure rondom die sluiting van Beeld afspeel. Barnard Beukman probeer van die onbeantwoorde vrae beantwoord – ook deur heelwat te onthul van wat in die gange en raadsale van Media24 en Beeld afgespeel het ...

Nuut by Naledi: Oorkant deur PJ Haasbroek

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-08-20

Hoe vergoed ’n seun uit ’n arm gemeenskap vir ’n ongeluk waaraan hy aandadig is? Sy skuldgevoel vir die dood van ’n vriend dryf hom deur sy skool- en universiteitsjare. Hy word betrek by ’n studenteopstand, beleef selfs die geweld van die Mosambiekse bevryding. Nooit kry hy ’n kans om te help nie. Dan word hy gewerf om mediese opleiding in Kuba te ondergaan. Shando begin sy nuwe lewe onder die Selk’nam Indiane van Tierra del Fuego, ’n primitiewe gemeenskap van jagters, vissers en versamelaars van veldkos. Watter rol is daar vir hom in die afloop van hulle geskiedenis? Kan hy hulle help oorleef?

Nuut by Hemel & See: Sjoe! deur Petrovna Metelerkamp

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-08-20

Met hierdie langverwagte boek deel Petrovna Metelerkamp haar herinneringe, wat die geskiedenis van haar herkoms en haar persoonlike ervarings oor baie dekades insluit.

Nuut by Penguin: Die pynlik patetiese lewe van Lottie Brooks deur Katie Kirby

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-24

Lottie Brooks is byna 12 jaar oud en haar lewe is amptelik verby. Sy gaan amper hoërskool toe sonder enige vriende aan haar sy of ’n swierige kapsel. Boonop het sy besef dat sy te plat is om ’n BRA te dra! Sy kan maar net so wel opgee en hiberneer saam met haar hamsters.

Nuut by Penguin: Die verbysterende bestie-blapse van Lottie Brooks deur Katie Kirby

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-24

Lottie kry die hoofrol in ’n musiekblyspel en dit gee haar die kans om vir Daniel te beïndruk met haar talent as ’n singende krap, maar dis nie net sang en dans by die skool nie. Lottie se vriendskap met Mieke en Jess is aan’t skerwe, maak nie saak hoe hard sy probeer om almal bymekaar te hou nie. Gaan Lottie weer ’n verbysterende bestie-blaps beleef?

Nuut by Lapa: Perdewêreld 2: Mieke en die skouperde deur Heléne Booyens

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-15

Is jy reg om te skou? Mieke is nie. Mieke en haar perd, Spook, pas baie goed bymekaar. Hulle is albei stresballe. En nou is dit skoutyd! Gaan Mieke die vlegsels, vlaggies, nuwe vriende en ou vyande oorleef? (Dalk.)

Nuut by Lapa: Perdewêreld 1: Dezi en die wegholperde deur Heléne Booyens

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-15

Welkom op Patatland! Hier is nie perde nie. Dezi is baie lief vir perde. Maar dan word sy uit haar ryskool geskors. Nou hang sy maar net rond tussen die patats op haar ouma se plaas. Is dit die einde van haar perdestorie? (Nee.)

Nuut by Lapa: Afrikanerkind – Boerestories deur Wendy Maartens

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-15

Afrikanerkind – Boerestories is ’n versameling ware kinderstories wat die lewens van Boerekinders oor bykans twee eeue van Suid-Afrikaanse geskiedenis vertel. Elke verhaal fokus op kinders wat buitengewone dinge gedoen het onder moeilike omstandighede.

Nuut by Lapa: Suurlemoen! deur Jaco Jacobs

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-15

Daar is ’n paar basiese reëls wanneer jy jou eerste band begin … 1. Besluit vooraf watter soort musiek julle wil maak. 2. Neem jou tyd om lede vir jou band te kies. 3. Moenie op iemand in jou eie band verlief raak nie. Ons het al die reëls oortree …

Nuut by Tafelberg: Op die spoorweg: Die storie van ons treine deur David Williams

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-15

Op die spoorweg neem lesers mee in Suid-Afrika se lewendige spoorwegerfenis. Ontdek die ingenieurswonderwerke wat die moeilike terreine oorwin het en die lewendige spoorwegdorpe wat gemeenskappe onderhou. Williams skroom nie om die bitter werklikheid van rasseskeiding te bespreek nie. Hy balanseer vaardig die glans van die spoorweë teen die skerp waarhede.

Nuut by Queillerie: Patmos deur Willem Anker

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-09

Ná ’n meteoriet op ’n plattelandse dorp neerstort, kom soek ’n komponis inspirasie vir die klankbaan van ’n wetenskapsfiksiefliek. Hy loseer by ’n astronoom wat navorsing oor gravitasiekolke doen. Haar agtjarige seun praat nie. Die astronoom wil van haar verlede ontsnap. Die komponis het ’n toekoms wat hy nie wil trotseer nie. In die onmoontlike "nou" ontstaan ’n aarselende verhouding tussen dié twee beskadigdes; wentel hulle om mekaar met kragte wat tot vernietiging óf vernuwing kan lei.

Nuut by Naledi: Die speletjie deur Celeste Slabber-Loriston

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-04

Talia is in Graad 8. 13, amper 14 jaar oud. Sy is slim. Jy kan amper sê sy is ’n superkind. Dit is juis die slimheid wat haar en haar beste vriendin, Nzingha, op Hoërskool Ruiterhof se Graad 8-akademiese toer neem. Die toer begin by die grillerige Huis Fabergé met die vreemde eienaar, Vladlena. Die huis met ’n toegespykerde deur, vreemde beeld in die voorportaal, en ’n meisie met hartseer oë wat haar smeek om haar en haar ma te help. Talia word deel van ’n magiese wêreld waar sy ’n veer, skulp, ster en diamant moet vind om die raaisel van die roossteen op te los.

Nuut by Tafelberg: Sny hulle in sterre uit deur Fanie Viljoen

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-04

’n Aardbewing op ’n Vrystaatse myndorp laat ’n skoolgebou ineenstort en keer drie tieners onder die puin vas. Terwyl hulle suurstof en hulle hoop al minder word, beleef die leser die angswekkende situasie saam met hulle. Die vasgekeerde kinders ervaar engtevrees en angs vir die naderende dood, en opflikkerings van verbete hoop en selfs humor, totdat ’n reddingspan hulle dae later eers uitgrawe. Maar een van hulle oorleef dit nie ...

Nuut by Tafelberg: Die moord op Deveney Nel deur Julian Jansen

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-04

In ’n pragtige plattelandse dorpie ontvou ’n ondenkbare tragedie. Deveney Nel, ’n talentvolle 16-jarige, se lewe eindig skielik, en die gemeenskap, saam met die res van die land, is geruk. Julian Jansen, skrywer van topverkoperboeke soos Moord op Stellenbosch, het as misdaadverslaggewer vir Rapport van die begin af oor die saak geskryf. Hy benut sy uitgebreide kontakte binne die polisie, sowel as onderhoude met vriende en familie om die gebeure te rekonstrueer en om Deveney Nel te eer. 

New from Jonathan Ball: The shortest history of England by James Hawes

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-07-04

England – begetter of parliaments and globe-spanning empires, star of beloved period dramas, and home of the House of Windsor – is not quite the stalwart island fortress that many of us imagine. Riven by an ancient fault line that predates even the Romans, its fate has ever been bound up with that of its neighbours; and for the past millennia, it has harboured a class system like nowhere else. There has never been a better time to understand why England is the way it is – and there is no better guide.

New from Jonathan Ball: The shortest history of Germany by James Hawes

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-06-26

With more than 100 maps and images, this is a fresh, concise and entertaining history which since release has sold over 300 000 copies internationally.

Nuut by Naledi: Wanneer die krieke stil word deur Petro Kotze-Odendaal

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-06-26

Vir ons vroue maak drie goed saak. Dit bepaal wat jy sien en voel wanneer jy in die spieël kyk. Is jy jou pa se Prinses? Is jou eerste liefde jou ridder op ’n wit perd? Is jou huwelik in die hemel gemaak?

Nuut by Lapa: Hoe haal ek nou asem? deur Cliffordene Norton

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-06-26

Ek wil teruggaan na twee jaar gelede – toe ek nog net Ethan was. Ethan met die cool broer en ôsim ouers. Ethan wie se ouers Sondagmiddae in die agterplaas gedans het.

Nuut by Lapa: Pampoenpit en die Geheime Helde deur Bianca Flanders

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-06-26

Pampoenpit word een oggend wakker van ’n geraas. Toe sy en Toets die kat by die venster uitloer, sien hulle mense wat besig is om rommel te verwyder. Die mans en vroue skitter en blink in hul uniforms, soos ware helde. ’n Pragtige storie wat vir kinders wys dat daar Geheime Helde oral in ons wêreld is, mens moet hulle net soek!

Nuut by Human & Rousseau: Twyfelbos deur François Loots

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-06-19

Twyfelbos is ’n meesleurende historiese roman wat afspeel in die Overberge in die vroeë agtienhonderds. Sophia Truter is getroud met sir John Truter. Sy het ’n afkeer van die Kaap se vertoonsug, en ná die dood van haar jongste seun besluit sy om weer te gaan boer. Dié keer begin sy klein, op ’n lap grond anderkant die Kleinrivier – sonder slawe en voormans. Algaande vind Sophia haar voete. Maar dan word iemand op die bokpad anderkant die Akkedisberg vermoor. 

Top