Op die redakteur se lessenaar

Nuut by Lapa: Die ware avonture van Adelie & Rylie: Die MOEsters deur Felicia Snyman-Du Toit

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-02-20

In Die MOEsters gaan Adelie en Riley se gesin almal saam op vakansie. Hulle bly op ’n pragtige plaas waar daar allerlei plaasdiere wei. Maar hoekom tree die beeste ewe skielik snaaks op? Amper asof hulle zombies is ... Hoe gaan Adelie en Riley uit die penarie kom?

New from Jonathan Ball: Fading footprints: In search of South Africa’s first people by José Manuel de Prada-Samper

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-02-20

Part historical detective story, part memoir, Fading footprints traces the author’s journey into the magical folklore of the /xam hunter-gatherers of the Upper Karoo. Through archival research and on field trips in South Africa, De Prada-Samper reveals the tragic scope of  the genocide of the /xam San by European colonisers. However, he is also able to humanise the /xam as he delves into the work of two Victorian researchers, who recorded the stories of San prisoners in Cape Town over more than a decade in the late 1800s.

Nuut by Human & Rousseau: Die vyf susters deur Eleanor Baker as Alex Muller

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-02-20

Die vyf Delportsusters woon saam in een huis. Wanneer die oudste doodgeskiet word, is daar dus minstens vier verdagtes. Maar mettertyd kom dit aan die lig dat die slagoffer allermins geliefd was. Moord-en-roofspeurder Adriaan Kruger moet al sy vernuf inspan om die skuldige te probeer ontmasker. Die vyf susters is die eerste titel in ’n reeks spanningsverhale deur Eleanor Baker. ’n Skerpsinnige whodunnit wat met ’n tikkie romanse en humor gepaardgaan. 

New from Kwela: If the dead could talk by Juliette Mnqeta

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-02-06

Azania receives a call to notify her of her estranged father’s death. This call prompts her to go to Knysna to seek answers about his life and the circumstances surrounding his death. Detective Welter is investigating the seemingly straightforward suicide case of former politician Joseph "Lefty" Mafu quickly turns into a complicated web of conspiracies. But the truth is as elusive as whoever is behind it all. If only the dead could talk ...

Nuut by Lux Verbi: Bybelblokraaie deur Heidri Mittendorf

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-02-06

Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en -opsteller. Die Bybelblokraaie bevat 70 blokraaie wat opgelos word met leidrade wat uit die Bybel nageslaan kan word asook 10 woordsoeke gebaseer op temas uit die Bybel. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers. 

Nuut by Jonathan Ball: Die Stellenbosch-Mafia by Pieter du Toit

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-02-06

Die gewilde skrywer en bekroonde joernalis Pieter du Toit het gaan ondersoek instel op Stellenbosch. Du Toit kyk krities na hierdie klub van miljardêrs: Wie is hulle en belangriker nog, hoe is hulle onderling verbind? Hy beskryf ook die opkoms van Markus Jooste en die impak wat die Steinhoff-skandaal gehad het.

New from Tafelberg: Our long walk to economic freedom by Johan Fourie

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-02-06

How did Einstein help create Eskom? Why can an Indonesian volcano explain the Great Trek? What do King Zwelithini and Charlemagne have in common? These are some of the questions Johan Fourie explores in this entertaining, accessible economic history spanning everything from the human migration out of Africa 100 000 years ago to the Covid-19 pandemic

Nuut by Tafelberg: Is jy orraait, Elizabeth? deur Rozaan de Wet Boer

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-02-06

Is jy orraait, Elizabeth? is ’n verhaal oor drie vroue wat dekades lank bevriend is en elkeen met hulle eie persoonlike probleme en gesinskwessies worstel. Dit is ’n roman wat diep menslike ervarings en die kompleksiteit van interpersoonlike verhoudings ondersoek. Want niemand ken jou diepste seer en jou moordende baklei teen die houe van die lewe so goed soos ’n naby vriendin nie. Sy koester jou en beskerm jou, selfs teen jouself.

Nuut by Queillerie: Ontvoer deur Constant van der Merwe

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-01-29

Ekspolisieman George Ekermans sien hoe ’n meisie in ’n bakkie ingedwing word en hy sit die voertuig onmiddellik agterna. Die ontvoerder ontglip hom egter en al leidraad is ’n eienaardige goue hangertjie wat die meisie laat val het. Wanneer George in sy soeke na die meisie te naby aan die waarheid kom, word sy eie lewe en dié van die twee vroue vir wie hy omgee, Elena en Carla, bedreig. Sal hy die meisie uit die kloue van ’n bose netwerk kan red voordat dit te laat is?

Nuut by Naledi: Pater meus deur Mario Relandini, vertaal deur Rina Cascione

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-01-29

Pater meus is ’n vertelling wat deur kritici as roerend en histories interessant beskryf is … Liefde, aanbidding en respek. Dit alles is Pater meus… Bombardemente en die SS, gelyktydig vreesaanjaend en fassinerend soos deur ’n kind gesien.” (Abitare a Roma, 2007). Mario Relandini is ’n talentvolle en hoog aangeskrewe joernalis in Rome. 

Nuut by Naledi: Die langverwagte deur Erwin Mortier, vertaal deur Fanie Olivier

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-01-29

Die langverwagte is ’n tweeluik en bestaan uit die vertaling van twee romans van Erwin Mortier: Marcel (1999) en De onbevlekte (2020). Die romans werk met dieselfde gegewe, maar word uit twee verskillende perspektiewe vertel. Dit is die eerste keer dat die twee romans so as een publikasie uitgegee word. Die romans het as agtergrond die Tweede Wêreldoorlog en die spanning in België, waar sekere groeperinge Vlaminge hulle met Nazi-Duitsland geassosieer het, met die oog op die onafhanklikheid van Vlaandere.

Nuut by Naledi: flikker-gram, saamgestel deur Marlies Taljard

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-01-29

Die afgelope twee jaar is gedigkompetisies waarin digters hulle gedigte oor mediese toestande of die mediese praktyk kon voorlê deur die poësiewebwerf Versindaba aangebied. Die bundel flikker-gram is ’n konsentraat van die beste gedigte wat dié kompetisies opgelewer het en bevat gedigte van 36 digters wat elk op unieke wyse pyn en ontreddering in woorde navigeer.

New from Jonathan Ball: The other side: Journeys into mysticism, magic and near death by Sarah Bullen

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-11-28

What happens when we die? How are some people able to see or communicate with spiritual worlds beyond our own? Can they offer answers to some of our most burning questions about life and death? Sarah Bullen, who has had a life-altering near-death experience herself, explores these mysteries as she gathers riveting stories of people from South Africa and beyond – people who have crossed to the “other side” or those who can contact it.

New from Jonathan Ball: Killer stories by Brin Hodgskiss and Nicole Engelbrecht

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-11-28

The book intertwines the killers’ versions of the truth and the true crime stories behind them, an interpretation of the tales using narrative psychology, and how Hodgskiss’s own journey as a psychologist and human being contributed to his deeper understanding of the minds of these killers.

Nuut by Pan Macmillan: Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins deur Jaco Jacobs

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-11-20

Charlie is ’n raaisel – een wat Ethan nie kan wag om te ontsyfer nie. Maar die geheim wat sy wegsteek, is groter – en gevaarliker – as wat hy ooit sou kon raai.

Nuut by Protea Boekhuis: Geldwolfie deur Jaco Jacobs

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-11-20

Hierdie pragtige volkleurprenteboek help kinders speel-speel leer wat dit beteken om te spaar en oordeelkundig met geld te werk.

Nuut by Turksvy Publikasies: Huisies vir muisies deur Chareldine van der Merwe

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-11-20

Dis hier waar die seuns op ’n dag ’n veldmuisie teëkom … en deur dié diertjie leer dat jy van kleindag af ewe goed vir jou tande as vir jou lyfie moet sorg.

Nuut by Tafelberg: Geheim in die riete deur Constant van Graan

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-11-20

’n Karavaanpark klink dalk na ’n idilliese plek om te woon, maar Kruhan Malherbe dink nie so nie. Die plek is vol eienaardige mense en daar’s geen vriende nie.

Nuut by Naledi: Wes en geweld deur Jaco Alant

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-11-20

’n Egpaar – hy Afrikaans, sy Zoeloe – gee pad uit Durban ná die Julie-onluste waarin die man se onderneming geplunder is. Hul bestemming is reg wes, Port Nolloth: ’n huldeblyk aan sy pa, van wie hy deur die jare vervreemd geraak het.

New from Tafelberg: Parallel summits by Thys van Zyl and Robby Kojetin

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-11-20

It is the story of Robby, a mountaineer whose grit and perseverance led him to conquer Mount Everest after a devastating injury, and Thys, an alternative investments expert who helps others navigate the complex terrain of financial planning. 

Top