Op die redakteur se lessenaar

Nuut by Best Books: Meerkatreeks: Hoe Skilpad sy dop gekry het deur Mart Meij en Beatrix de Villiers

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-09-05

Die Meerkatreeks bevat opwindende en kontemporêre stories vir Afrikaans Huistaal in die Grondslagfase. Hierdie klasleesboek is so saamgestel dat al die leerders in die klas saam kan lees, begelei deur die opvoeder. Die reeks bied ook ’n volledige handleiding aan die opvoeder oor die soorte lees, hoe om ’n leesles aan te bied, leesspeletjies en taal- en praataktiwiteite.

New from Penguin: Whisper of death by David Lambkin

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-09-05

Paul Morgan, a washed-up novelist, is wasting his life away in Zanzibar. But his luck changes when he meets Angelika, a young orphan girl, and her guardian, a retired British spy … Sandollar, the ex-spy, tells Morgan the story of his deadly World War Two spy career, complete with Nazi gold and assassinations. He then sets Morgan off on the trail of the psychopathic British spymaster who betrayed him.

Nuut by Human & Rousseau: Harry Potter en die orde van die feniks deur JK Rowling, vertaal deur Janie Oosthuysen

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-09-05

Donker tye het aangebreek op Hogwarts. Ná die Dementors se aanval op sy neef Dudley, besef Harry Potter dat niks Voldemort sal stuit om hom te vind nie. Al is daar diegene wat die Donker Heer se terugkeer ontken, is Harry nie alleen nie: ’n Geheime orde vergader by Grimmauldplein om teen die Donker Magte te veg. Harry moet professor Snape toelaat om hom te leer hoe om homself te beskerm teen Voldemort se wrede aanvalle op sy gedagtes. Maar hulle word sterker en Harry se tyd raak min ...

Nuut by Human & Rousseau: Foto’s en fairy lights deur An-Mari do Carmo

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-09-05

Elzandri, ’n holderstebolder plaaskind uit ’n groot, hegte familie, het ses maande om aan haar pa te bewys sy kan haar eie toekomsbesluite neem voor hy haar dwing om ná matriek universiteit toe te gaan. Wanneer haar oudste niggie verloof raak en Elzandri vra om die troufoto’s te neem, is dit die perfekte geleentheid om haar geliefde stokperdjie in ’n besigheid te omskep. Daar’s net een probleem: sy moet die knorrige buurseun vra om haar te help.

Nuut by Tafelberg: Nina-omnibus: Die awesome speurklub deur Elizbè Van der Colff en Chris Venter

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-09-05

Die omnibus bevat drie avonture waarin beste vriendinne Nina en Jessie die misterieuse swart-en-rooi pet inspan om hulle met speurwerk te help. Waar kom die kopluise vandaan waarmee almal in Laerskool Tierkop skielik sukkel? Hoekom is die koeldrankfabriek so gretig om hulle nuwe energiedrankie aan die skool te skenk? En sal die slim mense by die Eksotiese Eksperimente Ekspo uiteindelik Nina se vrae oor die pet se spesiale kragte kan opklaar?

Nuut by Naledi: Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid deur Sakkie Spangenberg

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-08-27

Daar is Christene wat ’n onderskeid tref tussen geloofswaarheid en wetenskaplike waarheid en dan argumenteer dat geloofstandpunte en -uitsprake nie aan rasionele ondersoek onderwerp kan word nie.

Nuut by Jonathan Ball: Beeld 50, saamgestel deur Erika de Beer

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-08-27

Die boek neem die leser op ’n reis deur van die grootste nuusgebeure sedert 1974 en weerspieël die geskakeerde leefwêreld van die Afrikaanse gemeenskap in die noorde van die land.

New from Naledi: Contraband: The rhino wars by De Wet Potgieter

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-08-27

When a blonde who had walked out on her Botswana-based wildlife smuggling kingpin partner arrived at the offices of the Sunday Times in the last 1980’s, the lid would be blown off a criminal network bent on killing off two of the world’s most iconic species – the elephant and the rhino.

New from Orion Books: The first murder on Mars by Sam Wilson

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-08-27

It’s a story about a man who went missing, and the man who wants to find out what he knew. It’s a story about what makes us human – and how we might live once we leave our home.

New from Jonathan Ball: Quiet time with the President by Peter Friedland and Jill Margo

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-08-20

Peter Friedland served as a member of Nelson Mandela’s medical team and helped to monitor his hearing. They built a rapport over the years and their conversations regularly veered towards politics. As an ENT specialist, Peter regularly treated victims of violent crime. When his daughters were exposed to a robbery, he had to make a life-changing decision. This book examines the powerful forces that push people away from South Africa and those that pull them back in. It is never as simple as merely staying or going – it is an emotional tug of war that continues until something snaps.

Nuut by Protea Boekhuis: Jopie Fourie deur Albert Blake

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-08-20

Die teregstelling van Jopie Fourie was nog altyd ’n emosionele en sensitiewe onderwerp in Afrikaner-geskiedenis. In hierdie biografie werp Albert Blake nuwe lig op die lewe en dood van hierdie omstrede figuur in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. 

Nuut by Tafelberg: Die onsigbare deur PJO Jonker

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-08-20

Wanneer spraakstramme skaapboer Jada Olivier op sy Karooplaas Erfdeel met die bewustelose, gebroke liggaam van ’n vreemdeling aankom, sluit hy die ketting van die plaashek en raak ’n gevangene van sy besluit.

Nuut by Tafelberg: Seun deur Dana Snyman

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-08-15

Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervaringe in die 1980’s. Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in ’n gewese bediendekamer in Pretoria. Dié rou, selfonthullende memoir vra: hoe word ’n seun ’n man? Met Seun neem Dana lesers in sy vertroue. 

Nuut by Human & Rousseau: Bessie se hangkasbiblioteek deur Madelein Rust

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-08-15

Bessie Botha, deesdae weduwee Botha, woon saam met haar broer, Willem, op ’n kleinhoewe buite Bloemfontein. 1974 was tot dusver nie ’n goeie jaar nie, en om alles te kroon is oorlede Stefaans se welgestelde broer en sy jong neus-in-die-lug vrou op pad om te kom kuier. Wanneer die veertienjarige Annatjie de Villiers weer een Sondag ná kerk langs die treinspoor staan en flikkers gooi vir al wat ’n treindrywer is, besluit Bessie om die tiener onder haar vlerk te neem. 

New from Pan Macmillan: The equality of shadows by Charl-Pierre Naudé

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-08-15

When an unusual building appeared overnight in a remote northern Cape community in the 1970s, and disappeared a few weeks later, it seemed to point to a series of baffling existential overlaps. When a small-town journalist reported on the events, his quiet life became cruelly disrupted by unwanted attention. The equality of shadows is a compelling novel – in some places uproariously funny, in others filled with deep pathos – about the vagaries of identity, love and time.

Nuut by Lapa: Oor jou dooie liggaam deur François Bloemhof

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-08-01

Hoe kleiner die plek, hoe groter sy geheime. Lekespeurder Ludo Labuschagne sit saam met ’n vriendin af na die Overberg. Kort voor lank verdwyn mense daar tussen neus en ore. Net om weer hul opwagting te maak ... as lyke. Die spanning kring uit. Aanvalle. Afpersing. ’n Berekende blik agter ’n gemoedelike plattelandse glimlag. Kan die bose vastrapplek in so ’n idilliese landskap kry? En sal Ludo oorleef om die waarheid oop te krap?

Nuut by Naledi: Uit die herberg van Alhambra, vertaal deur Bester Meyer

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-07-23

In Bester Meyer se jongste bundel vertalings betrek hy drie van die wêreld se vernaamste digters, te wete die klassieke Khalil Gibran (Libië), die liriese dog revolusionêre Federico García Lorca (Spanje: Andalusië) en die enigmatiese Hebreeuse digter Yehuda Amichai (Israel).

Nuut by Naledi: Vlindervreter deur Melanie Grobler en Christiaan Diedericks

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-07-23

Vlindervreter vertoon die verenigde visie en kreatiewe sinergie tussen Diedericks en Grobler, en bied ’n meervoudige blik op die menslike psige.

Nuut by Naledi: Miniatuur deur Johann de Lange

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-07-23

Die langsame buig en wegsnoei om die bonsai tot stand te bring word vergelyk met die skryf van die kwatryn, waar soortgelyke arbeid nodig is om aan die eise van die kwatrynvorm te voldoen.

Nuut by Naledi: Die ses woorde van die Sigeuner, vertaal deur Louise Cilliers

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-07-23

Hierdie bundel is die eerste Afrikaanse vertaling uit Grieks van ses gedigte uit ’n liriese epos van ’n moderne Griekse digter, Kostis Palamas.

Top