Op die redakteur se lessenaar

New from Roger Chennells: All rise: Tales of human rights and wrongs, published by the author

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-04-25

A collection of stories from the life and career of a human rights lawyer, with the focus more on the human condition, and with the law as the backdrop.

Nuut by Protea Boekhuis: Weerskyn deur Alwyn Roux

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-04-25

’n Treffende debuut waarin Roux die siklus van die lewe van jeugherinneringe tot die dood van geliefdes en die skepping van nuwe lewe verken. Die bundel bevat eietydse belewenisse en verwysings na die Covid-tyd waarmee baie lesers sal kan vereenselwig.

New from Jonathan Ball: The Wolf Hunt by Justin Fox

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-04-25

Having left England to join his father in the South Africa, Lieutenant Jack Pembroke has found a new home – and a new love – in Cape Town and is put in command of a small, anti-submarine flotilla at the Royal Navy base in Simonstown. He has precious little time to train his men, and prepare his ships, for the arrival of deadly Nazi wolf packs – U-boats sent by Admiral Dönitz from bases in France to cripple the Cape convoy route.

Nuut by Protea Boekhuis: Blou bloed. Koninklike spore in Suid-Afrika deur Daniël Lötter

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-04-25

Konstantyn II, die laaste Griekse koning, prinses Charlotte van Liechtenstein en die Karadjordjević’s van Serwië het hulle eie bande met Suid-Afrika - en die kroonprins van Albanië praat Afrikaans! Hoe het dit alles gebeur? En hoekom lui die naam lady Juana Smith 'n klokkie?

Nuut by Human & Rousseau: om my kastele in Spanje te sloop deur Jaco Barend-Naudé

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-04-25

Jaco Barnard-Naudé se digdebuut betrek ’n wye verskeidenheid temas: queer identiteit, die trauma van kinderjare, en die verhouding tussen ouers en seun. Deurgaans vloei die digterlike geheue soos ’n leitmotiv deur die verse.

Nuut by Naledi: Ek het ’n engel gesien deur Amore Bekker

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-04-17

Ek het ’n engel gesien is stories wat skrywer en raakprater Amore Bekker ontvang het as voormalige RSG-aanbieder nadat sy luisteraars gevra het om hul ontmoetings met engele te deel. Rakende hierdie sonderlinge versameling, haal Amore ’n wyse man aan: “Dit wat ons kan tel, tel glad nie; dit wat ons nie kan tel nie, is al wat tel.” Die verhale in Ek het ’n engel gesien gaan inderdaad oor die onsigbare en ontelbare wat elke leser sal verstom en inspireer.

Nuut by Penguin: Die beweging van bloed deur Pieter Stoffberg

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-04-17

Professor Nino Everhard word op sy kombuisvloer wakker met bloed oral. Iemand het ingebreek en hom en sy vrou, Willemien, aangeval, maar niks gesteel nie. Wat wou die aanvaller hê? Op sy speurtog na antwoorde lei die leidrade hom op ’n kronkelpad deur sy verlede na die skadukant van die samelewing. Elke tree nader aan die waarheid is ook ’n tree nader aan lewensgevaar. Sal Nino die antwoorde kry waarna hy soek?

Nuut by Naledi: Wisselende stemminge deur Cas Vos

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-04-17

In Wisselende stemminge kom die sinvraag van die lewe helder aan die lig. Die mens is ’n lewensreisiger, van sy kleintyd tot hy sy laaste asem kwytraak. Op sy reis ervaar hy ’n wêreld wat in duie stort. En dit alles deur die toedoen van mense. Talle antieke sowel as eietydse taalstrategieë kom in die bundel aan die lig. En die slotsom is: net die liefde kan die oerchaos oorwin.

New from Penguin: Small changes for big results by Warren Ingram

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-04-17
There is no shortage of good advice, personal finance books and well-worn practices, so the question is: Why can’t people change? We know what to do, but then inexplicably don’t seem to do it. What keeps tripping us up? Many of our money troubles are caused by behavioural traps that keep us locked in a cycle.
 

Nuut by Best Books: Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole saamgestel deur Tanya Viviers

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-04-17

Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul medemens gesien wil word. Fanie Viljoen beskryf hierdie drome en smagting as ’n “reis na nêrens” in sy bydrae. 

Nuut by Naledi: Skaakmat in elf deur Etienne Labuschagne

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-04-17

Twee vroue Mossadagente, een ’n Suid-Afrikaansgebore musiekonderwyseres en die ander ’n Britse plantkundige, probeer om die meesterbrein agter die terreuraanval op die Israeliese Olimpiese span by die 1972-Spele in München op te spoor en te elimineer. Een misluk, met katastrofiese en verrassende gevolge. Die ander slaag, maar die nadraai is bittersoet.

Nuut by Naledi: Sewe keer sondig saamgestel deur Stefaans Coetzee en Anschen Conradie

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-04-17

25 kortverhale, die een sondiger as die ander, sal die leser vermaak, ontroer, laat naels kou en dalk selfs laat glimlag. Volgens oorlewering bestaan daar sewe dodelike sondes waaruit alle ander onheilighede voortspruit: hoogmoed, gierigheid,
wellus, afguns, vraatsug, toorn, en luiheid.

New from Jonathan Ball: How to fix (unf*ck) a country by Roy Havemann

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-04-10

Sometimes the solutions to our problems are right here in our very own country – all that is needed is for us to recognise and harness them.

Nuut by Tafelberg: Al wat tel deur Irma Venter

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-04-10

Toe Ami hoor dat ’n man voor haar gim geskiet is, weet sy daar is moeilikheid. Hoekom is die Valke op die misdaadtoneel? Was dit ’n sluipmoord?

Nuut by Lux Verbi: Vind God in die gewone deur Tom Smith

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-03-27

Tom Smith wys ons hoe ons daagliks meer bewus kan wees van God in ons lewe: In ons gaan slaap, wakker word, soeke, reis, werk, speel, eet, seerkry, rus en in die dood. Hy help ons om te sien dat ons verhouding met God nie daaroor gaan om meer goed in ’n alreeds bedrywige lewe in te prop nie; dit gaan daaroor om God in alles te ontdek.

Nuut by Tafelberg: Anton Rupert – Die lewe van ’n sakelegende deur Ebbe Dommisse

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-03-27

Die verstommende storie van ’n sakelegende wat een van Afrika se welvarendste maatskappye uit niks opgebou het. Wat was Anton Rupert se geheim? Sy sienings oor die skepping van werk en welvaart in ’n sukkelende ekonomie, is sy blywende nalatenskap met diepgaande lesse vir Suid-Afrika vandag.

 

New from Naledi: A big hand for the spirits by Jennifer Stern

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-03-27

An ecologist on the run from a hit man joins up with a brilliant physicist struggling to reconcile his traditional African beliefs with science, an anesthetist dealing with a bad marriage, a physically powerful, but emotionally distraught river guide, and an enigmatic recovering drug addict who alternates wildly between reality and fantasy.

Nuut by Naledi: ...so ook op die aarde deur Betsie van Niekerk

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-03-27

In ’n afgeleë Kalahari-woestyndorpie ontdek ’n jong Franse non, Léonie Duvernois, dat haar lewe lyflik en aards is en om lief te hê onkeerbaar soos ’n fontein in jou opborrel. Hierdie is die universeel, eg menslike verhaal van ’n klein gemeenskap met eie wegsteekdinge, mense vir wie God in die worsteling van hul bestaan soms net ’n skrale wete is.

New from Tafelberg: Soul of a nation by Oyama Mabandla

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-03-13

There is lament about how and why the ANC have so quickly become preoccupied with material enrichment. Former exile, business leader and political commentator, Oyama Mabandla excavates the values that created a steady flow of pioneering South Africans under impossible circumstances, bolstered a liberation ethic and championed a leadership that made individual nobility and excellence aspirational. These values, in retreat since 1994, can still recapture the nation’s best trajectory.

Nuut by Human & Rousseau: Duifeling deur Lize Albertyn-du Toit

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-03-13

Hoe Sara Koordom op Rooiduin in die verre Noord-Kaap aangeland het, is ’n raaisel. Sy het gekom soos die woestynwind – een dag was sy daar, en niemand weet van waar nie. Dis nie lank nie of die hele dorp merk op watter raakvatter Sara is. Maar die bedreiging wat Piet Boskat inhou, roep die spoke van Sara se verlede op.

Top