Op die redakteur se lessenaar
Nuut by Protea Boekhuis: Samoe(r)sa reis, bygewerk en bygereis deur C Johan Bakkes
2024-02-14Johan Bakkes kies altyd maar die smalle weë, daar waar min ander dit nog gewaag het. Soos die berg Stok Kangri in Indië, al 6 200 meter daarvan. Maar Samoe(r)sa reis gee ons nie net insae in Bakkes se Indiese ekskursie nie. Benewens die heerlik avontuurlustige vertellings is daar ander stories wat veel nader aan die huis afspeel, en hy gee veral aandag aan die "Boksombende" wat al sy wedervaringe saam met hom meegemaak het.
Nuut by Human & Rousseau: Hoe gril ek nou! deur François Bloemhoef en De Wet Hugo
2024-02-14Van ’n teddiebeer wat lewend word, tot ’n snotmonster wat ’n koshuis terroriseer en ’n spookmeisie wat in die middel van die nag in jou oor fluister: Hierdie bundel bevat 11 naelkou-lekker kortverhale deur twee skrywers wat presiés weet hoe om al die hare op jou kop regop te laat staan.
Nuut by Naledi: Ina Rousseau – Digter van die kwiksilwerwoord, ’n huldiging deur Daniel Hugo
2024-01-25In hierdie huldigingspublikasie word daar met vars oë gekyk na Ina Rousseau as digter, kortverhaalskrywer en vertaler. Haar heilsame, ambagtelike invloed is duidelik te bespeur in die werk van Afrikaanse digters sedert die tagtigerjare van die vorige eeu.
New from Naledi: Moscow by Gerrit Olivier
2023-12-14Gerrit Olivier, South Africa’s first ambassador in the new Russian Federation (1991-1996), tells the story of the enriching events in Moscow as he experienced firsthand during his term: the fall of the once powerful Soviet Union; of Soviet communism; President Mikhael Gorbachev; but also of the Cold War and the resurrection of Russia under Putin.
Nuut by Naledi: Faust deur Goethe, vertaal deur Robert Schall
2023-12-14Die karakter Faust is die beliggaming van elke individu wat morele waardes verruil vir eie gewin: Hierdie nuwe vertaling van Faust is getrou aan die groot verskeidenheid rym-, metrum- en versboupatrone van die oorspronklike teks.
Nuut by LAPA: Vrae en antwoorde vir die klaskamer (Graad 10-12)
2023-12-07Saamgestel deur Marita Nel, Rika Boucher, Kathie Viljoen, Karin Tomlinson en Riëtte Hugo: Die boek behels ’n verskeidenheid tekste in afdelings soos begripstoetse, visuele tekste, luistertoetse en opsommings. Dié boek is vir onderwysers, ouers en kinders – dit is uitstekend vir addisionele materiaal en vir gebruik in tuisskool.
Nuut by LAPA: Die woud van sneeu en ys deur Frenette van Wyk
2023-12-07" … Ons noem jou Mysti," sê Ravka, "dit pas by jou ... dis misterieus en mooi." Mysti word in die sneeu in Lapland wakker. Verkluim. Met geen idee wie sy is of waar presies sy is nie.
Nuut by Protea Boekhuis: Die spaghettiboom deur Jaco Jacobs
2023-12-07In Mika-hulle se tuin is daar ’n boom. Dit het ’n dik stam vol knoetse en knoppe en dit is die perfekte boom vir boomklim. Maar dit is eintlik nie ’n doodgewone boom nie. Party dae word die boom ’n seerowerskip. Ander dae word dit ’n besige restaurant. Sommige dae dra die boom die vreemdste vrugte, soos verfkwaste, ou sokkies of stringe spaghetti. Die boom is Mika se beste maat, tot daar op ’n dag nuwe bure intrek ...
Nuut by Protea Boekhuis: Die beroemde vyf: Vyf en ’n tweede avontuur deur Enid Blyton, vertaal deur Amelia de Vaal
2023-12-07Toe die vyf vriende ’n antieke kaart ontdek wat hulle na ’n geheime paadjie lei, kan hulle skaars wag om verdere ondersoek in te stel. Die pragtige nuwe omslagkuns deur Laura Ellen Anderson maak dié klassieke reeks vir moderne jong lesers toeganklik.
Nuut by Protea Boekhuis: Die boomhuis met 78 vloere deur Andy Griffiths, vertaal deur Kobus Geldenhuys
2023-12-07Nuut by LAPA: Saterdag val ek vir jou deur Cecilia Steyn
2023-12-01Donker Delia, soos haar vriende haar noem, glo nie in die liefde nie. Sy bewaar haar hart veilig agter ysmure, nes die planeet Saturnus waarna haar geboortedag, Saterdag, vernoem is. Toe sy haarself een Saterdag op Valentynsdag op ’n troue bevind, ontmoet sy vir Phoebe.
Nuut by LAPA: Siembamba-boekpak deur Wendy Maartens
2023-12-01Onthou jy nog immergroen Afrikaanse kinderrympies soos “Trippe trappe trone”, “Allawiek, allawak, ons gaan pannekoek bak” en “Tara-rara boemdery”? Hierdie omvangryke, pragtig geïllustreerde versameling klassieke Afrikaanse rympies beloof ure se pret vir jonk en oud!
Nuut by LAPA: Saartjie die spinnekop met sewe bene deur Riana Scheepers
2023-12-01Die idee vir hierdie pragtig geïllustreerde boek het gespruit uit die behoefte wat die skrywer gehad het om kennis aan kinders oor te dra oor wesens, soos insekte, wat hul omgewing deel. Hierdie prenteboek lei kinders se denke in ’n rigting oor hoe om hierdie klein wesens te respekteer.
New from Penguin: It’s wonderful me! by Makhosazana De Wette Dludla
2023-12-01It’s wonderful me! is the long-awaited book towards once again reconnecting young South Africans with their heritage. This children’s book is a rich portrait of the Zulu culture and life in rural KwaZulu-Natal.
Nuut by Naledi: Geweld teen vroue: Dit is tyd dat mans begin praat
2023-11-17Saamgestel deur Bernard Lategan, Jody Hendricks, Willemien Brümmer, Kopano Ratele en Chris Jones: "Aangesien geweld gedy wanneer omstanders niks doen nie, wil ons (as mans) onsself daartoe verbind om alle vorme van gedrag wat die waardigheid van vroue aantas aan die kaak te stel en ons daarteen te verset, ongeag of dit tuis, in die werksplek of in sosiale ruimtes voorkom."
Nuut by Pharos: Senior tweetalige skoolwoordeboek
2023-11-17Die Senior tweetalige skoolwoordeboek (graad 10–12) bevat 50 000+ trefwoorde. Die uitleg en sorgvuldige taalleiding steun suksesvolle vertaling en kommunikasie in beide Afrikaans en Engels.
Nuut by Naledi: Deur die tonnel van twyfel deur Koos Kombuis
2023-11-17Koos vertel in Deur die tonnel van twyfel iets van sy eie reis as self-erkende “weeskind van die kosmos”. Hy beskryf ook, sonder om te oordeel, sommige van die alternatiewe wat mense aangryp in hul soektog na ’n sinvolle geestelike verwysingsveld, soos ateïsme, die I-Ching, evolusie, asook die charismatiese opsie.
Nuut by Human & Rousseau: Siembamba deur Madelein Rust
2023-11-02Siembamba is ’n naelbyt-riller. Angswekkend, aksiebelaaid en propvol onvoorspelbare intriges.
New from Kwela: Sunshine and shadows by Busisekile Khumalo
2023-11-02Vimbai's carefully orchestrated life takes a nosedive when her secrets are held against her.
Nuut by Naledi: ’n Lewe hier deur Robert Vosloo
2023-11-02Hoe eien ons hierdie lewe, hiér en nóú, toe as óns lewe? Hoe onthou ons die verlede reg? Wat behels ’n lewe – ook ’n lewe saam met ander – wat in die teken van genade en dankbaarheid staan? Hoe praat ons oor hoop te midde van donkerte en angs? Hierdie is van die vrae wat in ’n Lewe hier ter sprake kom.
