Op die redakteur se lessenaar
Nuut by Naledi: Olifant op ’n sweefstok deur Lelanie Roode
2023-07-13Die bekoring van die Olimpiese Spele dryf Lelanie Roode om ’n roman te skryf met ’n kinkel van misdaad, drama en aksie. Wat sal dit neem om die olifant op die sweefstok te konfronteer?
Nuut by Naledi: Laatnageilande deur Marlise Joubert
2023-07-13Met hierdie gedigte bestendig Marlise Joubert haar reputasie as gerespekteerde digter, maar eweso as ’n belangrike bydraer tot “laatpoësie” soos wat letterkundiges die subgenre van gedigte deur ’n ouer persoon beskryf.
Nuut by Lux Verbi: Onbeskryflike genade deur Stefaans Coetzee
2023-07-13Sy storie begin in die Vrystaat, loop deur donker dade in Worcester, via verskeie tronke, tot op Klerksdorp. Dit is ook ’n verhaal van hoop, genade, en tweede kanse.
Nuut by Naledi: In die rede geval deur Charl-Pierre Naudé
2023-07-13Die groot Duitse filosoof Hans Blumenberg (1922-96) veronderstel ’n onderskeid tussen twee modusse van dink en stel dit voor as ’n basiese rooster wat álle denke ondervang – die mitewerkende modus en die modus van die rede. Dit is ’n onderskeiding wat nuwe lig werp op van die hardnekkigste problematieke der tye.
Nuut by LAPA: Babalela-boekpak deur Martie Preller en Andries & Erica Maritz
2023-07-06Kom kuier saam met die Babalela en sy maats Meermoskat, Knortand, Potifant, Wrrrumpie en die lawaaierige Fripperwakkies in die bos – en beleef hope avonture! Die vier stories is nou almal saam as boekpak beskikbaar.
Nuut by Tafelberg: Ontaard deur Pieter Odendaal
2023-07-06Die digter skroom nie om binnetoe te kyk en ongemaklike vrae te vra oor herkoms, tuiswees en heengaan nie: Waar kom ons vandaan? Waar behoort ons? En waar gaan ons heen as ons van die aarde ontwortel word?
Nuut by Naledi: Vyf kleur blou deur Hein Viljoen
2023-07-06Vyf kleur blou is ’n komplekse en boeiende bundel waarin die digter die lewe met begrip en deernis betrag, maar ook sinies en klinies ontmasker.
Nuut by Queillerie: Dwelm deur Rudie van Rensburg
2023-07-06Om sake vir Kassie te vererger, beleef hy ’n yslike persoonlike krisis wat hy nie weet hóé om te hanteer of op te los nie ...
Nuut by Protea: Asterix: Vercingetorix se dogter deur Jean-Yves Ferri
2023-07-06Pandemonium en opstand wink op die horison! Die berugte Galliese hoofman Vercinegetorix se dogter word deur die Romeine gesoek.
New from Naledi: Freud and the celestial juggernaut by Iván Kovács
2023-07-06Hungarian-South African Iván Kovács’ active engagement with poetry started in his high school days and has remained with him throughout his life.
Nuut by Naledi: Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik – ’n huldiging, onder redaksie van Karen de Wet
2023-06-26In ’n oorsig oor haar skryfloopbaan word daar vir die eerste maal ’n inklusiewe beskouing gegee op die veelsydige produktiwiteit van hierdie skrywer.
Nuut by Naledi: Weerkaats deur Esté Gross
2023-06-26Die skrywer vra die leser deurlopend om fyner en dieper te kyk na dit wat soms soos niksseggende en vlietende oomblikke kan lyk.
Nuut by Naledi: Die rumoerige swart nar: Etienne Leroux – ’n huldiging deur Hennie van Coller (redakteur)
2023-06-21Hierdie publikasie deur letterkundiges en digters is ’n veelkantige huldeblyk aan Leroux, en sentrale aspekte van sy werk word hier – dikwels deur die gebruik van nuwe teoretiese invalshoeke – onder die soeklig geplaas.
New from Quartz Press: W is for Witness by Karen Lazar
2023-06-21Karen Lazar’s quirky and satirical novel W is for Witness is a mischievous hybrid of intertext, cyberstalker, contemporary social critique, and a touch of Wordle.
Nuut by Lux Verbi: Sonneblomme en sneeu in Oekraïne deur Michele Potgieter
2023-06-13Michele moet besluit of sy teruggaan Oekraïne toe, waar ’n oorlog dreig, en of sy in Suid-Afrika bly.
Nuut by Tafelberg: Waar jakkalse huil deur Elrien Scheepers
2023-06-07Waar jakkalse huil is ’n wetenskapsfiksieverhaal wat in die Klein-Karoo en Kaapstad afspeel.
New from Melinda Ferguson Books: Lost property by Megan Choritz
2023-06-07One morning Laine wakes up to discover that the man she’s been married to for 15 years has been secretively living out a monstrous lie. Her world is tilted on its axis.
Nuut by Naledi: ’n Skewe, skurwe sirkel deur Rudi Venter
2023-06-01Misdaad, vind hulle uit, het vele gesigte. Die uiteindelike ontmaskering van die sindikaatbaas is verrassend.
Nuut by Naledi: Elke dag ’n mooi nooi en ’n moord deur Hennie van Deventer
2023-05-24Hy ryg die staaltjies en anekdotes in en verklap geheimpies uit redakteurskantore en raadsale. Wie humor soek, sal heelwat daarvan kry.
Nuut by Naledi: ’n Sjerpa vir jou lewensreis deur Ansja Ferreira
2023-05-24’n Sjerpa op jou lewensreis kan jou leer van gemaksones, ankers, jou rugsak, uitbranding, nederigheid, empatie en ’n spirituele benadering.
