Nuut by Naledi: erf en elders, ’n digbundel deur Kleinboer

  • 0

erf en elders deur Kleinboer (Naledi)

erf en elders
Kleinboer
Naledi (2023)
ISBN: 978-1-991256-16-4

Kleinboer (Fanie de Villiers) het aan die Oos-Rand grootgeword, in Pretoria studeer, en woon in Yeoville, ’n Johannesburgse woonbuurt wat beter dae geken het. Hy het in die rekenaarbedryf gewerk voor die geskrewe woord hom getrek het.

Terwyl hy vir verskeie koerante en tydskrifte as taalversorger gewerk het, het hy drie romans en ’n digbundel geskryf. Sy tweede digbundel, erf en elders, verskyn in Julie 2023.

Hy skryf oor hoe hy en sy gesin in die stad oorleef, oor herinneringe aan sy kinderjare, en sy avonture in die “underbelly”, asook oor die verliese wat die dood van geliefdes bring. Hy ontsnap dikwels met ’n glasie wyn na ’n vuur in sy agterplaas.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top