
Dan sien ons mekaar deur James Scott (Protea Boekehuis).
Dan sien ons mekaar
James Scott
Uitgewer: Protea Boekehuis
ISBN: 978-1-4853-1428-8
James Scott is ’n kliniese sielkundige: Hy sien mense en word deur hulle gesien. Die woorde “Dan sien ons mekaar” is die eerste keer geuiter deur die spesialis wat sy kornea-oorplantings behartig het. Dan sien ons mekaar is ’n versameling eg menslike stories oor die lief en leed op James se persoonlike lewensreis; en dié van sy kliënte van die afgelope dertig jaar. Dit is ’n eerlike blik op hoe terapeut en kliënt mekaar se lewens raak.

