Nuut by Protea Boekhuis: Stasies deur Joan Hambidge

  • 0

Stasies deur Joan Hambidge (Protea Boekhuis)

Stasies
Joan Hambidge
Uitgewer: Protea Boekhuis (2023)
ISBN: 9781485314141

Die kortverhaalskrywer Hannah Loubser hunker na ’n watergat waar sy gereeld uitgehang het, bo in Kloofstraat, en die regulars daar. Een van hulle word vermoor en sy spekuleer dat elkeen daar ’n motief gehad het om haar dood te maak. Sy wil ’n soort intellektuele speurverhaal skryf “oor verlore, verdwene karakters en ’n vreemde, onbeklinkte liefdesverhaal. Die ruimte is Kaapstad, die stadskom vol weelde en skreiende armoede, religie en geweld.

“’n Stad van onheil, ’n stad van ongerymdhede.”
“… ’n reservoir van diksie, geluide; ’n eggokamer van onrus.”

Dis die elegiese verslag van ’n stad wat radikaal verander het, ’n opskryf van ’n wêreld wat nie meer bestaan nie, ’n fassinerende dokument in die tradisie van Jeanette Winterson, Sigrid Nunez, Anne Michaels. Al is dit fragmentaries kom daar ’n sekere samehang en balans na vore; ’n droomlogika.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top