Op die redakteur se lessenaar

New from Jonathan Ball: Risking life for death by Ryan Blumenthal

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-10-27

In Risking life for death, South African forensic pathologist Ryan Blumenthal offers a master class in this singular forensic technique based on real-life case studies. With more than twenty years’ experience in the field, Blumenthal explains how to look for clues and traces, and how what he does not find at autopsy is often more important than what he does find.

Nuut by Protea: Reinaard die vos vertaal deur HJ Pieterse

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-10-27

Ook versoek ek u dat u versigtig
moet wees, op u hoede vir verraad.
Hy is boosaardig en wreed, Reinaard:
Hy sal u deurentyd vlei en belieg;
as hy kan, sal hy u bedrieg
met leuenagtige en vriendelike woorde; voor God,
as hy kan, sal hy u bedot.

Nuut by Protea: Marius Weyers: ’n lewe deur Chris Vorster

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-10-27

Chris Vorster se splinternuwe biografie handel oor ’n akteur wat diep spore in ons vermaaklikheidswêreld getrap het en met wie hy al ’n lang pad loop.  Die eindproduk is ’n intieme blik op ’n omvangryke loopbaan en ’n lewe gelééf. Hy vertel snaakse staaltjies van hoe erg dinge kon skeefloop, en onthou die mentors op sy pad. Deur al die stories heen loop daar egter ’n goue draad: die liefdesverhaal van Marius en sy vrou, die beeldhouer Evette, wat onlangs oorlede is.

Nuut by Protea: Drie deur Hans Pienaar

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-10-27

Die tienjarige Jaco Blignaut se lewe verander wanneer hy een Saterdag ’n rugbytoets teen die Franse bywoon. Daarna leef, eet en drink hy die spel. Maar hy kom gou agter dat rugby om meer as net die plesier van skop, breek en lak gaan.

Nuut by Queillerie: Hans kry troukoors deur Rudie van Rensburg

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-10-19

Hans het geen begeerte om ná soveel jare alleen weer vrou te vat nie. Maar alles verander toe ’n nuwe inwoner, Liefiediefie, in Huis Madeliefie land. Met haar Marilyn Monroe-gesiggie en Jane Fonda-lyfie veroorsaak sy ’n heidense herrie onder die mans en roer sy iets in Hans se gemoed los.

Nuut by Tafelberg: Derick Hougaard: Die ware storie van die Liefling van Loftus deur Brenden Nel

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-10-19

Op die bloedjong ouderdom van 19 verower Derick Hougaard die Curriebeker vir die Blou Bulle. Maar toe begin die dobbelstene verkeerd val.

Nuut by Tafelberg: In die Nimmer-Immer-Bos deur Linda Rode, geïllustreer deur Fiona Moodie

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-10-12

Reis saam na die Nimmer-Immer-Bos, waar ’n wêreld van stories wag!

Nuut by Naledi: Joernaal deur Clinton V du Plessis

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-10-12

Clinton V du Plessis is gebore op Kookhuis. Sy vader was ’n spoorweg-arbeider en sy moeder, aan wie hierdie bundel opgedra is, was ’n huisvrou wat nie kon lees of skryf nie.

New from Umuzi: Place by Justin Fox

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-10-03

From the mountainous eastern Karoo of Olive Schreiner to the big-game lowveld of Sir Percy Fitzpatrick, from Deneys Reitz’s wide-open Cape interior to the bushveld of Eugène Marais’s Waterberg, Fox reveals the majestic power of place.

Nuut by Human & Rousseau: Help, help deur Nataniël

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-09-29

Hierdie jongste versameling van Nataniël bevat 29 stories – 5 in  Engels, 24 in Afrikaans. Verskeie van die stukke is verwerk uit Nataniël-produksies oor ’n periode van drie jaar.

Nuut by Human & Rousseau: Die Sproetebessies en die skedel in die spookmis deur Troula Goosen

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-09-29

Die Sproetebessies kry vakansiewerk op Spookkuil, ’n luukse gasteplaas in Bobbejaanskloof naby 'n kuil waaruit daar snags 'n grillerige mis opstyg. Eintlik moet hulle uitvind wie van die eksentrieke gaste met die eienaar se raar fossielversameling peuter. 

Nuut by Human & Rousseau: Kanniedood deur Joha van Dyk

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-09-29

Dis die Branderjaers se matriekjaar en Ben wou sy kop laag hou. Maar dinge loop van die begin skeef. ’n Ou bendeleier is terug in Breekwater en Ben en sy suster Kalla word gekonfronteer met ’n legacy waarvoor hulle nooit gevra het nie; met oorlog. Die nag wat Kalla in die niemandsland aangeval is het alles verander.

Nuut by Lux Verbi: Kultusse in Suid-Afrika deur Jana Marx

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-09-29

Jana Marx, bekende joernalis, bestudeer kultusse: van antieke kultusse, die verskil tussen ’n sekte en ’n kultus, wie word in ’n kultus ingetrek en die kenmerke van ’n kultusleier. 

Nuut by Naledi: Moerasperd deur die nag deur Louis Jansen van Vuuren

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-09-19

Moerasperd deur die nag is tegelykertyd digkuns én skildery én musiek ...

Nuut by Naledi: Oop deure deur Analize Viljoen en Trisa Hugo

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-09-19

Dié verhoudingsroman gaan oor vriendskappe in verskeie vorms, en komplekse familieverhoudings wanneer uiteenlopende mense saamgegooi word in ’n situasie waarin hulle hulself dalk nie normaalweg sou bevind nie.

Nuut by Naledi: Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-09-13

Die leser beleef Pippa se verhaal deur verskeie kunsvorme en kleurspatsels wat reliëf aan haar emosies gee. Kreatiewe skryfwerk word die luik waardeur Pippa begin om weer asem te haal.

New from Naledi: It’s always Friday somewhere in the universe by Joe Kitchen

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-09-13

Kola K is marooned. He is not sure whether he is marooned on an island, a planet or in another dimension outside time and space. To make matters worse, he is suffering from amnesia.

Nuut by Naledi: Van Alexandrië na Ithaka deur Konstantinos Kavafis, vertaal deur Louise Cilliers

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-09-07

Kavafis se gedigte, alhoewel meer as ’n eeu gelede in ’n verre land geskryf, spreek steeds tot mens vandag; dit resoneer oor land en tydgrense heen. Uys Krige het Kavafis as ’n moderne praatdigter beskryf; dit is asof hy op ’n gemaklike doodgewone manier met jou praat en dit kom goed oor in Afrikaans.

Nuut by Tafelberg: Die lewe is ’n asem lank, saamgestel deur Frieda van den Heever

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-09-07

’n Versameling van 100 gedigte oor verlies en vertroosting deur van Afrikaans se bekendste digters. Dis verse oor die dood, rou, afskeid, verganklikheid en menswees. Die lewe is ’n asem lank is die ideale geskenk aan iemand wat ’n geliefde vir altyd moes groet – veral wanneer ’n mens nie die woorde kan vind om te troos nie. 

Nuut by Protea Boekhuis: Stasies deur Joan Hambidge

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-09-07

Dis die elegiese verslag van ’n stad wat radikaal verander het, ’n opskryf van ’n wêreld wat nie meer bestaan nie, ’n fassinerende dokument in die tradisie van Jeanette Winterson, Sigrid Nunez, Anne Michaels. Al is dit fragmentaries kom daar ’n sekere samehang en balans na vore; ’n droomlogika.

Top