Nuut by Naledi: Faust deur Goethe, vertaal deur Robert Schall

  • 3

Johann Wolfgang von Goethe (17491832) is stellig die grootste Duitse digter; Goethe se drama Faust is sy bekendste werk en een van die grootste literêre werke in die Westerse kanon.

Die hoofkarakter, Faust, begeer onbeperkte kennis, mag en aardse genot, en in sy strewe daarna verkoop hy sy siel aan die duiwel. Die gevolge is ontstellend en bring groot ongeluk oor dié wat hom die naaste aan die hart lê. Faust is die beliggaming van elke individu wat morele waardes verruil vir eie gewin.

Hierdie nuwe vertaling van Faust is getrou aan die groot verskeidenheid rym-, metrum- en versboupatrone van die oorspronklike teks.

Sowel die “verhewe” taal van die aanvangstonele en van Faust se alleensprake, asook die “boerse”, soms vulgêre taal van ander tonele (“Voor die poort”, “Auerbach se kelder in Leipzig”, “Heksekombuis”, “Walpurgisnag”) vind ʼn tuiste in Afrikaans.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 3

Kommentaar

  • Koos Holtzhausen

    Het dit bestel. Sodra ek dit gelees het, sou dit graag met Eitemal se vertaling wou vergelyk.

  • Robert Schall

    Ek kan ook die sprankelende Nederlandse vertaling deur Ard Posthuma (Amsterdam: Athenaeum - Polak & Van Gennep, 2001) aanbeveel, al is dit dalk moeilik om plaaslik in die hande te kry.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top