Op die redakteur se lessenaar
Nuut by Human & Rousseau: Die Sproetebessies en die skedel in die spookmis deur Troula Goosen
2023-09-29Die Sproetebessies kry vakansiewerk op Spookkuil, ’n luukse gasteplaas in Bobbejaanskloof naby 'n kuil waaruit daar snags 'n grillerige mis opstyg. Eintlik moet hulle uitvind wie van die eksentrieke gaste met die eienaar se raar fossielversameling peuter.
Nuut by Human & Rousseau: Kanniedood deur Joha van Dyk
2023-09-29Dis die Branderjaers se matriekjaar en Ben wou sy kop laag hou. Maar dinge loop van die begin skeef. ’n Ou bendeleier is terug in Breekwater en Ben en sy suster Kalla word gekonfronteer met ’n legacy waarvoor hulle nooit gevra het nie; met oorlog. Die nag wat Kalla in die niemandsland aangeval is het alles verander.
Nuut by Lux Verbi: Kultusse in Suid-Afrika deur Jana Marx
2023-09-29Jana Marx, bekende joernalis, bestudeer kultusse: van antieke kultusse, die verskil tussen ’n sekte en ’n kultus, wie word in ’n kultus ingetrek en die kenmerke van ’n kultusleier.
Nuut by Naledi: Moerasperd deur die nag deur Louis Jansen van Vuuren
2023-09-19Moerasperd deur die nag is tegelykertyd digkuns én skildery én musiek ...
Nuut by Naledi: Oop deure deur Analize Viljoen en Trisa Hugo
2023-09-19Dié verhoudingsroman gaan oor vriendskappe in verskeie vorms, en komplekse familieverhoudings wanneer uiteenlopende mense saamgegooi word in ’n situasie waarin hulle hulself dalk nie normaalweg sou bevind nie.
Nuut by Naledi: Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger
2023-09-13Die leser beleef Pippa se verhaal deur verskeie kunsvorme en kleurspatsels wat reliëf aan haar emosies gee. Kreatiewe skryfwerk word die luik waardeur Pippa begin om weer asem te haal.
New from Naledi: It’s always Friday somewhere in the universe by Joe Kitchen
2023-09-13Kola K is marooned. He is not sure whether he is marooned on an island, a planet or in another dimension outside time and space. To make matters worse, he is suffering from amnesia.
Nuut by Naledi: Van Alexandrië na Ithaka deur Konstantinos Kavafis, vertaal deur Louise Cilliers
2023-09-07Kavafis se gedigte, alhoewel meer as ’n eeu gelede in ’n verre land geskryf, spreek steeds tot mens vandag; dit resoneer oor land en tydgrense heen. Uys Krige het Kavafis as ’n moderne praatdigter beskryf; dit is asof hy op ’n gemaklike doodgewone manier met jou praat en dit kom goed oor in Afrikaans.
Nuut by Tafelberg: Die lewe is ’n asem lank, saamgestel deur Frieda van den Heever
2023-09-07’n Versameling van 100 gedigte oor verlies en vertroosting deur van Afrikaans se bekendste digters. Dis verse oor die dood, rou, afskeid, verganklikheid en menswees. Die lewe is ’n asem lank is die ideale geskenk aan iemand wat ’n geliefde vir altyd moes groet – veral wanneer ’n mens nie die woorde kan vind om te troos nie.
Nuut by Protea Boekhuis: Stasies deur Joan Hambidge
2023-09-07Dis die elegiese verslag van ’n stad wat radikaal verander het, ’n opskryf van ’n wêreld wat nie meer bestaan nie, ’n fassinerende dokument in die tradisie van Jeanette Winterson, Sigrid Nunez, Anne Michaels. Al is dit fragmentaries kom daar ’n sekere samehang en balans na vore; ’n droomlogika.
Nuut by Naledi: erf en elders, ’n digbundel deur Kleinboer
2023-09-07Kleinboer skryf oor hoe hy en sy gesin in die stad oorleef, oor herinneringe aan sy kinderjare, en sy avonture in die “underbelly”, asook oor die verliese wat die dood van geliefdes bring. Hy ontsnap dikwels met ’n glasie wyn na ’n vuur in sy agterplaas.
New from Jonathan Ball: Breaking the bombers by Mark Shaw
2023-09-07Mark Shaw tells the incredible tale of how the police’s response pulled together former foes – struggle cadres and the apartheid security apparatus – to break the Pagad death squads. It is a story that has never been told in full and was not possible until recently, when many were released from prison or had retired and were finally willing to talk openly about this revealing chapter in South Africa’s recent history.
Nuut by Penguin: Minder as water deur Morné Malan
2023-09-06Minder as water is ’n meesleurende tragikomedie wat jou gaan roer, jou gaan laat lag en uiteindelik die vraag laat vra: Wat gebeur met die mens wanneer hy voor sy einde te staan kom?
New from Kwela: Domestic terror: Intimate partner violence in South Africa by Nechama Brodie
2023-08-31Nechama Brodie explores decades of brutal domestic violence and coercive control and she examines women’s changing rights and current legal protections.
New from Tafelberg: Statues and storms: Leading through change by Max Price
2023-08-31Statues and storms offers a gripping insider’s account of Max Price’s tenure as vice-chancellor of the University of Cape Town during a transformative period in South African higher education.
Nuut by Lux Verbi: ’n Lewe deur Christina Landman
2023-08-24Christina Landman was nog altyd ’n voorloper. Sy is ook as onstuitbaar beskryf, iemand wat selfs ’n klip kan kwaadmaak. Maar agter die oënskynlike harde dop skuil daar ’n vrou met ’n gul hart vir ander vroue en gemarginaliseerdes, ’n vrou wat dankbaar is vir die kanse wat sy in die akademie en kerk gekry het. Hierdie is die verhaal van ’n moeder en ’n voorloper wat die weg gebaan het vir alle vroue, maar soveel meer, ’n verhaal van ’n vrou wat bly staan het – ’n seder.
Nuut by Jonathan Ball: Onkant! deur Hendrik Hancke
2023-08-24Met die Rugbywêreldbeker om die draai, het Hendrik Hancke die land deurkruis om met oud-Springbokke en ander rolspelers, insluitend breiers en ’n skeidsregter, te gesels oor hul liefde vir rugby. Hulle deel oomblikke in die kleedkamer, persoonlike oorwinnings en voorheen ongepubliseerde stories oor wat van die veld af en op toer gebeur.
Nuut by Naledi: Oorwegings voor gesigseinder deur Kobus Krüger
2023-08-23Hierdie boek proklameer nie, voer geen propaganda-oorlog nie, maar tree in kort meditasiestukkies in gesprek met sy lesers, saam in gesprek met uitnemende mistieke denkers van die menslike verlede as een geheel, hier veral met Theravada Boeddhisme. Ons is pelgrims, as een lotsgemeenskap op weg na, en hopelik verlig terug van, ’n laaste, stil horison, met die moontlikheid van ’n lewe tot voordeel van alle lewe.
New from Umuzi: Mirage by David Ralph Viviers
2023-08-23A century-old trunk has been dug up near the railway village of Sterfontein. Inside is the lost journal of Victorian author Elizabeth Tenant – and what appear to be the remains of a child. Michael, a university student recovering from a broken heart, is intrigued by what the journal describes: a scarlet curtain billowing above the desert, covering the entrance to another world. But things become even stranger when a line in the journal seems to be connected to Michael and his cosmologist mother, written a hundred years before their time.
New from Umuzi: Bridge by Lauren Beukes
2023-08-23Page-turning and ambitious, Bridge is a dazzlingly inventive speculative thriller with an unforgettable cast of characters, and the work of a novelist at the height of her powers.
