Nuut by Naledi: Deur die tonnel van twyfel deur Koos Kombuis

  • 2

Dit is deesdae hoog mode vir mense om boeke te skryf oor hoe hulle “die geloof verloor het”; selfs dominees verloor hulle geloof.

Dit is een van die redes hoekom Koos Kombuis besluit het om ’n boek te skryf vir die “post-Kerk-generasie”. Dit is veral gemik op jonger mense, wat vasgevang voel tussen twee onversoenbare wêrelde; die wêreld van hul jeugdige ervaring van vormgodsdiens en die wêreld waarin hulle vandag moet bestaan en leef, in ’n donker eeu sonder waardes waar hulle voel asof hulle afgesny is van die anker van geloofsekerheid en die troos van gebed.

Koos vertel in Deur die tonnel van twyfel iets van sy eie reis as self-erkende “weeskind van die kosmos”. Hy beskryf ook, sonder om te oordeel, sommige van die alternatiewe wat mense aangryp in hul soektog na ’n sinvolle geestelike verwysingsveld, soos ateïsme, die I-Ching, evolusie, asook die charismatiese opsie.

Hoewel Koos nie voorgee om te weet wat die finale antwoord op hierdie vrae is nie, bevat hierdie boek heelwat gedagtes wat hoop gee dat daar tog iewers ’n lig skyn aan die einde van “die tonnel van twyfel”.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 2

Kommentaar

  • "bevat hierdie boek heelwat gedagtes wat hoop gee dat daar tog iewers ’n lig skyn aan die einde van die tonnel van twyfel”

    Daardie lig is niks anders as die "lamp vir jou voet" nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top