Nuut by Naledi: Moerasperd deur die nag deur Louis Jansen van Vuuren

  • 0

“Die skilder-digter Louis Jansen van Vuuren se derde digbundel, Moerasperd deur die nag, is verbluffend. Nie net verbluf die verse in hul uitkringende, intertekstuele reikwydte nie, maar veral met die tematiese verkenning van ’n eietydse moeras wat terselfdertyd smerig én smeulend is.

Moerasperd deur die nag is tegelykertyd digkuns én skildery én musiek; die skerp lyne wat die dissiplines tradisioneel onderskei, versmelt hier met bykans sfumatiese tegniek tot rokerige skimperde van klank en kleur en versmelodie.

“Verbluffend, inderdaad.”

– Riana Scheepers

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top