Nuut by Protea: Drie deur Hans Pienaar

  • 0

Die tienjarige Jaco Blignaut se lewe verander wanneer hy een Saterdag ’n rugbytoets teen die Franse bywoon. Daarna leef, eet en drink hy die spel. Maar hy kom gou agter dat rugby om meer as net die plesier van skop, breek en lak gaan. Die bal is nie verniet gemaak om reg te spring wanneer jy dit nie verwag nie, en ewe dikwels verkeerd, sonder dat jy iets daaraan kan doen. Hy leer dat die lewe ook so werk, veral wanneer dit by vroue kom. Wanneer die groot liefde in sy lewe skeefloop, neem dit hom op ’n nuwe lewenspad deur Europa. Later, goed gevestig as ’n wetenskaplike, kan hy nie ontslae raak van die kruise van sy verlede nie en bevind hy hom skielik midde-in ’n moordkomplot. Hans Pienaar se roman delf diep in die wortels van rugby – van die oorsprong van die spel eeue gelede tot die sielkunde van die strafskop.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top