
Van Alexandrië na Ithaka deur Konstantinos Kavafis, vertaal deur Louise Cilliers (Naledi)
Van Alexandrië na Ithaka
Konstantinos Kavafis, vertaal deur Louise Cilliers
Uitgewer: Naledi (2023)
ISBN: 978-1-77617-236-8
Verskeie van Konstantinos Kavafis se gedigte is al in Afrikaans vertaal, maar dit is die eerste keer dat so ’n groot aantal vertalings in een bundel saamgevat word, en die eerste keer dat die gedigte direk uit Grieks vertaal is. Kavafis se gedigte, alhoewel meer as ’n eeu gelede in ’n verre land geskryf, spreek steeds tot mens vandag; dit resoneer oor land en tydgrense heen.
Uys Krige het Kavafis as ’n moderne praatdigter beskryf; dit is asof hy op ’n gemaklike doodgewone manier met jou praat en dit kom goed oor in Afrikaans. Hierdie versameling gedigte is vir die leek sowel as die geleerde.

