In ’n afgeleë Kalahari-woestyndorpie ontdek ’n jong Franse non, Léonie Duvernois, dat haar lewe lyflik en aards is en om lief te hê onkeerbaar soos ’n fontein in jou opborrel.
Sy leer ken die jong Vader Simon, die kaalvoet priester wat die klein woestynkatedraal eiehandig gebou het en wie se biblioteek vol verbode boeke is; ook die vreemde hondkind wat hande viervoet deur die dorpiese strate hardloop en die geheimsinnige, streng Suster Agnes.
Hierdie is die universeel, eg menslike verhaal van ’n klein gemeenskap met eie wegsteekdinge, mense vir wie God in die worsteling van hul bestaan soms net ’n skrale wete is.
Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.