Nuut by Human & Rousseau: Onder water deur Henda Olivier

  • 0

Rebekkah Keller was ’n tiener toe haar pa oorlede is. Om aan die knaende verdriet te ontsnap begin sy lengte ná lengte vryslag in die skoolwembad te swem. 

Meer as twintig jaar later woon Rebekkah steeds in Bloemfontein. Sy is geskei van haar man en sy werk voltyds by ’n prokureursfirma. Sy swem nooit meer nie.

Een oggend stuur Rebekkah se beste vriendin vir haar ’n nuusberig wat die mat onder haar voete uitruk. Die verlede spoel soos ’n fratsgolf oor haar.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top