Op die redakteur se lessenaar

Nuut by Lapa: Die tantes van Atlantis – plus 99 ander limericke vir vrypostige kinders deur Philip de Vos

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-11-14

Ontdek die betowerende wêreld van limericke saam met Philip de Vos en Piet Grobler in hierdie splinternuwe bundel! Philip de Vos leer in die voorwoord vir lesers wat presies ’n limerick is, hoe dit rym, en die spesifieke ritme wat elke limerick so uniek maak. Met eiesoortige, kleurryke illustrasies deur Piet Grobler is daar iets vir elke leser om te geniet. 

Nuut by Lapa: Donkerster deur Annerle Barnard

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-11-14

Carli Kirstein is 17 en so toegewyd aan wildbewaring dat sy soms van gevaar vergeet. Met twee veeartse as ouers was dit eintlik onvermydelik, maar haar passie maak haar nie juis deel van die gewilde groep nie. Die drie ouens in haar lewe maak ook dinge moeiliker. Paaie kruis en die gevaar styg wanneer Carli uitvind dat wildstropers die naburige rehabilitasiesentrum vir leeus en ander groot katte teiken.

Nuut by UJ Press: Kortpad-praatjies I – Eksieperfeksie-Afrikaans deur Rina Loader en Charlene Human

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-11-07

Eksieperfeksie-Afrikaans is opnames wat nuwe sprekers met die uitspraak van Afrikaans begelei. Luister-, lees- en skryfoefeninge word dus gekombineer om woordeskat en taalsoepelheid in alledaagse situasies uit te bou.

Nuut by UJ Press: Kortpad-Afrikaans: ʼn Basiese grammatika deur Rina Loader, Tobie van Dyk en Charlene Human

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-11-07

Kortpad-Afrikaans is ’n uiters gebruikersvriendelike tweetalige kontrolebron oor daardie aspekte wat die lees, skryf en praat van Afrikaans ontsluit. Teorie en toepassing word deurgaans vernuftig versoen en daardeur word dit ’n toeganklike bron wat leiding gee vir ’n verskeidenheid gebruikers – van leek tot kenner. Ek beveel die gebruik van die boek sterk aan.”– Wannie Carstens, NWU Skool vir Tale

Nuut by Protea Boekhuis: ’n Ander wêreld deur Eunice Basson

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-11-07

"Basson se woordskilderye is klankryk, organies en intuïtief, maar is ontdaan van sentimentaliteit. Sy skryf oor die natuur en wêreldgebeure, asook treffende gedigte oor haar familiegeskiedenis en die dood van haar broer. Baie lesers sal hulle met die temas in die bundel kan vereenselwig."

Nuut by Human & Rousseau: Die keiser se duim deur Chris Karsten

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-31

Ella Neser en Lou Pepler werk weer saam as private ondersoekers. Maar die dag voor Ella op pad is Brugge toe, daag ’n familielid van Lou se eks op en smeek hulle om hulp. Liesbet se broer en sy neef is wynboere wat in Hongarye op ’n wynlandgoed naby Boedapest werk. Maar nou het hulle verdwyn. So vertrek Ella na België, en Lou na Boedapest. Maar iewers duskant die Donau regeer daar ’n mafioso met die mag van ’n keiser.

New from Tafelberg: The corporate revolutionary: Mervyn King’s life in law, business and governance by David Williams

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-31

Mervyn King has transformed the global business landscape. King advocated reporting on society and the environment, not only on profit. His legacy transcends borders and continues to guide companies worldwid. David Williams recounts his story.

Nuut by Tafelberg: Capitec: Stryd met die grotes deur TJ Strydom

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-31

Die topverkoperskrywer TJ Strydom vertel die boeiende verhaal van ’n klompie entrepreneurs wat daarin slaag om ’n netwerk van mikrolenerye in ’n uitdagerbank te omskep. Eers neem die ou grotes in die bankwese die Stellenbosse snuiter nie ernstig op nie, maar hulle weet nie wat hulle tref toe dié nuwe finansiële instelling momentum kry en hul kliënte op groot skaal afrokkel nie. Met meer as 20 miljoen kliënte word Capitec die nuwe Suid-Afrika se grootste suksesverhaal. 

Nuut by Blitso Publishers: Wiskundewoordeboek vir skole (tweede uitgawe) deur Willie de Klerk en Anelize van Biljon

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-31

Die Wiskundewoordeboek vir skole is tweetalig en verklarend in Afrikaans na Engels en Engels na Afrikaans. Die boek bied verduidelikings van terme in albei tale; sketse om verduidelikings toe te lig; en meer as 750 definisies oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe.

New from Human & Rousseau: The South African keto and intermittent fasting cookbook by Rita Venter and Natalie Lawson

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-24

The South African keto and intermittent fasting cookbook gives you all the tools you need to make the positive switch to a healthier you In this book, Rita and Natalie guide you through every step of your ketogenic journey, explaining the reasoning behind the keto diet and intermittent fasting, and how easy and accessible a ketogenic lifestyle is.

New from Modjaji Books: A blow to the head: a history of violence by Andries du Toit

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-24

One summer morning, Cape Town academic Andries Du Toit remonstrates mildly with a white man who is being rude to a black waitress in the cafeteria of his local health club. A few weeks later he finds himself sprawled on his back with a fractured cheekbone, blood pooling in the back of his throat, the target of payback from one of the city’s most feared gangsters. What just happened?

New from Modjaji Books: Home scar by SE Bhamjee

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-24

Meet Asma, the only child of the Patels. Growing up in the cloistered confines of an Indian township in the 60s, hers is a nearly idyllic childhood. When 1976 arrives and the country goes up in flames, Asma finds herself caught between the fires of resistance and the duties she is bound to as the daughter of an Indian household.

New from Deep South: Heart’s hunger: selected poems by Karen Press

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-24

Karen Press lives in Cape Town, where she works as a freelance editor and writer. Her poetry has been published in journals and anthologies in South Africa and abroad, and she has published ten collections of poems.

Nuut by Human & Rousseau: Haas en Harriët deur Susan Coetzer

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-18

Mila Verster is ’n suksesvolle entrepreneur in haar vyftigs. Haar dogter, Tami, word eersdaags agttien, en Mila is gereed vir ’n nuwe hoofstuk. Wanneer Tami een middag spoorloos verdwyn, word Mila genoop om die sluier oor die verlede te lig, die gebeure te herbesoek en te ontrafel. Haas en Harriët is ’n hartroerende roman oor onvolmaakte ouerskap. 

 

Nuut by Protea: Openbaring deur C Johan Bakkes (bygewerk en bygereis)

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-18

Openbaring is ’n inspirerende reisstorie wat wipplank ry tussen twee uiterstes. C Johan Bakkes en sy reisgenote trotseer die koudste en warmste plekke op aarde waar mense nog leef en ’n bestaan maak, in onderskeidelik die snerpende Siberiese koue en die verswelgende hitte van die Danakil-depressie.

Nuut by Lapa: My eerste Ysland-avontuur deur Riaan Manser en Murray Williams

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-18

Riaan Manser, Suid-Afrika se gunsteling-ontdekker, is op sy moeilikste en koudste avontuur nog – ’n kajakvaart rondom Ysland! Met stories wat jou hare sal laat reggop staan, en illustrasies wat jou sal laat skaterlag, vang hierdie boek die hart van avontuur vas teen die ontnugterende, beeldskone agtergrond van Ysland. 

Nuut by Human & Rousseau: Die stoutste klas op aarde deur Joanna Nadin, vertaal deur Kobus Geldenhuys

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-10

Volgens die skoolhoof is 4B die stoutste klas op aarde. Sy sê skool gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of pret hê nie. Dit gaan oor leer en dis hoogtyd dat 4B harder dáárin probeer uitblink. Maar Alex en Manjit het letterlik nie bedoel om hulle hele klas siek te maak met tuisgemaakte koekies nie. 4B is miskien die stoutste klas op aarde, maar jy sal nie enige ander plek wil wees nie. 

Nuut by Human & Rousseau: Kinkels en keuses 3: Die maniese muskietmoles deur De Wet Hugo, illustrasies deur Stephen Wallace

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-10

WJ, sy suster Mindie, en hul beste vriend Raj, wil graag iets asemrowends aantrek vir die skool se kostuumdag aan die einde van Boekeweek. Hulle moet soos karakters uit hulle gunstelingboek aantrek en besluit op die Drie Musketiers. Maar wanneer hulle in ’n vreemde oudhedewinkel op die perfekte bykomstighede vir hulle kostuums afkom, loop dinge lelik skeef. Nou is hulle die Drie Muskiete! En hulle moet ’n wêreld van insekte en monsters oorleef om weer hul pad terug te vind huis toe.

Nuut by Tafelberg: Ben breek weg deur Christien Neser

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-10
Wat as jou bekende wêreld skielik verander en dit voel asof niks ooit weer “normaal” sal wees nie? Die krieketmal stadskind Ben bevind hom uit die bloute op die plaas by sy grootouers. Hy weet nie wanneer hy weer sy ouers sal sien nie, en die graad 7-jaar waarna hy en Alvin so uitgesien het, is skielik vervang met praatjies oor lammers en weiding. Maar gaandeweg begin Ben die groter prentjie sien. ’n Diepsinnige, dog ligte grootwordstorie.        
 

Nuut by Lux Verbi: Uit die Beek 2025 deur Barend Vos

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2024-10-10

100 jaar van genade. 100 jaar se getroue lesers. Uit die Beek gee daaglikse geestelike leiding en inspirasie. Hierdie feesuitgawe is geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde skrywer en predikant Barend Vos. In 2025 vertoef ons by elke Bybelboek, terwyl ons steeds groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent in ag neem.

Top