Nuut by Naledi: Feesmaalgang deur Dietloff van der Berg

  • 0

Feesmaalgang is die debuutbundel van Dietloff van der Berg. Hy het al meer as vyftig jaar gelede begin gedigte publiseer in tydskrifte soos Standpunte en Tydskrif vir Letterkunde, asook in versamelbundels tot vanjaar in flikker-gram. Sy heg-gestruktureerde bundel getuig van sy sensitiewe én geslypte woordvernuf en skeppingskrag.

Van der Berg het as akademikus die kursus Skeppende Skryfwerk ingestel aan die universiteit in Pietermaritzburg waar hy 40 jaar lank letterkunde doseer het. Hy het ook boeke oor letterkunde geskryf en vir meer as 20 jaar Die Skrywerskring in Maritzburg gelei. Sedert 2010 kon hy hom net op sy digkuns toespits, eers met Rumi: Liefdesverse en aanhalings deur Naledi gepubliseer en nou Feesmaalgang wat ’n unieke beeld van die ontwikkelingsgang van ’n digterslewe bied, om saam te val met die eeufees van Afrikaans as amptelike taal.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top