Nuut by Naledi: Opgeklim en weer gery deur Dirk van Zyl Smit

  • 0

Dirk van Zyl Smit bied vir die leser motivering en praktiese wenke oor die omkeer van ’n negatiewe situasie in ’n suksesverhaal.
Deur positiewe denke, geloof en harde werk het hy dit reggekry om een keer meer op te staan as wat hy geval het. Sy lewe was een van afval en seerkry, maar opklim en weer ry.

“Vir die konsert van die lewe, kry niemand ’n program nie.”

Dirk Smit is ’n vermoënde sakeman wat al deur die meul van die lewe gegaan het. In dié boek vertel hy sy verhaal kru-eerlik. Dis ’n verhaal van val en opstaan; van seerkry en heelword. Dis egter baie meer as ’n outobiografie. Dis ’n gids vir elke sakeman met uiters praktiese wenke om sy persoonlike en ook sy besigheid se finansies te laat floreer. Dis ook ’n moet-lees boek vir elke jongmens wat ’n sukses van sy/haar lewe wil maak.
– Roelf Opperman

Hy beklemtoon die belangrikheid van denke en eienskappe soos selfdissipline, deursettingsvermoë, vasberadenheid, motivering en entoesiasme vir die lewe. Hy help jou glo dat daar weer lewe, ’n toekoms, vooruitgang en geluk na enige trauma of ramp kan wees.
– Liesel Krause-Wiid

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top