
Een van die sterkpunte van die manuskrip is die saamvoeging van verskeie vorme van herskrywing, veral ook oor genregrense. Daarom is die bespreking van genrekonvensies en -teorie in die slothoofstuk insiggewend en veral hierdie hoofstuk sal van waarde wees vir navorsers en nagraadse studente.

