
Terwyl Ali, Mieke en Lena lourierblare teen Tafelberg soek, kom hulle op ’n gloeiende oranje klippie af. Daar hoog bo Kaapstad ontmoet hulle vir BOBBOB, en so begin ’n opwindende avontuur deur die Moederstad. In sy Wes-Kaapse avontuur ontdek BOBBOB nóg vreemde gewoontes van die aardbewoners. Maar dan is daar ’n glipsie in die Bo-Kaap ... ’n bobotie wat warmer is as ’n kaboem-krater! BOBBOB en die kinders is vasgevang in ’n vuurwarm brandbekkompetisie wat lesers se oë gaan laat traan van die lag.

