
Van ’n afstand af is ’n versameling van memoires, verhale, sketse en vertellings as deel van ’n terugskouing oor ’n leeftyd. Van die skrywes is oor ’n tydperk in die Afrikaanse koerante onder die naam Koos van die Waterberge geplaas. Daar is ses afdelings: vertellings oor vriende, die gesin, musiek, ’n plaas in die Waterberge, alles en nog wat, en kommentaar oor aktualiteite en politieke aangeleenthede.
Die boek bring ’n boodskap oor die diverse fasette van ons bestaan: van menslikheid en medemenslikheid, humor binne ligter oomblikke, uitdagings, van die belangrikheid van persoonlike oopstelling van ander mense se interessanthede, van mooi en aangrypende momente op ons lewenspad en, natuurlik, die kompleksiteite en ernstiger sy van ons bestaan.

