Nuut by Naledi: Hinterland deur Piet van Rooyen

  • 0

’n Werklose swerwer, wat hom voordoen as ’n linguis, sluit aan by ’n ekspedisie op soek na die laaste oorblyfsels van ’n byna uitgestorwe en fabelagtige ras van gorillas. Hy is veral gefassineer deur die lang en lenige Duitse wetenskaplike, Annegret, wat as dierkundige die ekspedisie meemaak. Sy slaag meestal daarin om hom op sy plek te hou, terwyl hulle al dieper in die hinterland indring. As gevolg van haar slegte ervarings by die dieretuin waar sy as jongmeisie gewerk het, die meemaak van ’n ingrypende tragedie op see, en die louterende belewing van die landskap en die inwoners van die gebied waardeur hulle beweeg, besluit sy gaandeweg om nie net die gorillas te probeer vind nie, maar ook te leer om met hulle te praat en by hulle te woon.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top