Nuut by Naledi: Nou hou ons net aan met Willie Spies as redakteur

  • 0

Hierdie woorde het ’n leuse geraak waarmee die radiostasie, gebore in die storm-en-drang-jare van die politieke oorgang van 27 April 1994, sy vele uitdagings trotseer het.

Die uitdagings het gewissel van ’n giftige media-omgewing, van etikettering en stereotipering waarin die radiostasie ontstaan het, tot insidente waar polisiemanne van die destydse onluste-eenheid van die ou Suid-Afrikaanse Polisie in Caspir-voertuie op Donkerhoek opgedaag het om die uitsendings te stop, en uiteindelike hofaansoek op hofaansoek totdat die radiostasie vir die eerste maal in 2010 ’n permanente uitsaailisensie ontvang het.

Die stasie het gegroei van ’n rebellestrydradio tot ’n gerekende media-instelling met visie om onafhanklike Afrikaanse inhoud in elke huis waar Afrikaans gepraat word, te skep.

Vandag word die stasie nie net landwyd op DStv se oudio-boeket geluister nie, maar ook wêreldwyd via die internet en selfoontoepassing asook op FM vanuit verskeie sentra.

Die boek Dan hou ons net aan! vertel hierdie verhaal soos neergepen deur die oprigters van die radiostasie, Mossie van den Berg, Adriaan Pont, Schalk Botha, oud-regter Bill Prinsloo en verskeie rolspelers en aktiviste wat ’n radiostasie uit uitgediende SAUK-toerusting aanmekaar gesit het en net aangehou het, ten spyte van die hewigste teenkanting.

Die boek word onder redakteurskap van Willie Spies uitgegee.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top