
In Tamil – een van die amptelike tale van Indië – beteken die woord kolam iets soos vorm of skoonheid. Dit verwys na ’n tradisionele kunsvorm waarin ingewikkelde geometriese patrone met rysmeel op die grond geteken word. Kolams is veel meer as bloot dekoratiewe ontwerpe; hulle het ’n diep kulturele en spirituele betekenis in Suid-Indië en word dikwels met voorspoed, seën en godsdienstige rituele verbind.
In hierdie bundel verweef Botha uiteenlopende temas op ’n vernuftige wyse. Die bundel sluit reisbeskrywings, erotiese gedigte, tekste oor argitektuur, familie, diere, die belewenis van die Covid-pandemie en die omgewing in.

